Dr Elri du Preez

Dokter-Mamma 🫶🏼 Passievol vir Mediese Sorg 🫶🏼 Hier vir my gemeenskap 🫶🏼

Meet Dr. Elri du Preez,

Dr. Elri is a dynamic and compassionate medical professional, loving wife and devoted mother of twin toddler boys. Hailing from an Afrikaans background and growing up a farm girl at heart, Dr. Elri promises to seamlessly integrate into the Brits and greater surrounding community. Beyond the confines of her practice, Dr. Elri is a true adventurer - whether she enjoys the th

Photos from Dr Elri du Preez's post 27/07/2024

❓❔❓Hoekom? Hoekom? Hoekom? ❓❔❓

My kinders is op ’n hoekom fase. So nou het ek aangesteek en begin wonder hoekom ek baie dinge doen en baie dinge sommer vanselfsprekend glo omdat iemand dit eenkeer vir my gesê het. 🤦🏽‍♀️

’n Mindset wat my lewe verander het is om alles te bevraagteken - moenie net jou lewe vanselfsprekend aanvaar nie en asseblief - vra baie vrae. Dis hoe mens leer, en dis hoe mens ook leer wie jy nie moet vra nie! Niemand weet als van als af nie, en as jy die slimste persoon in ’n vertrek is - is jy in die verkeerde vertrek!

Hierdie stuk is nie so raadsaam nie maar net ‘n lekker-lees as celebration van 🎉10 000 followers. 🎉Wat ‘n voorreg vir my! Dankie vir die ondersteuning en belangstelling in die inligting wat ek deel. 🙏

🥱🥱GAAAAAAAAAP 🥱🥱

Gaap (oscitation) is ’n universele verskynsel in die mens- en diereryk. Gaap is al vir millenia deel van kulture reg rondom die wêreld, waar meeste Oosterse lande glo dat as jy gaap mag jy moontlik bose geeste toelaat om in jou liggaam en gees in te gaan, as jy nie jou mond bedek met jou hand of ’n stukkie materiaal nie. Morokkane glo dat as jy nie jou mond bedek nie, gaan die Duiwel in jou mond piepie - geepers. 🤣

In Europa in die middel eeue het dit tradisie geword om die simbool van die kruis voor jou mond te hou as mens gaap tydens die era van die Swart Plaag, omdat jou siel kwansuis tydens nies of gaap jou liggaam verlaat het - van hier kom die sê ding: “Bless you” as iemand nies. 🤧

Die Mayans het weer ’n meer aantreklike konteks gehak aan die gegaapery verskynsel met die idee dat die hele gaap-en-uitstrek (pandiculation) ding beteken dat jy na iemand smag of verlang. Imagine gou jy moet vir jou kêrel gaap om vir hom te signal jy stel belang - hopelik het jy tand geborsel en geflos gisteraand…. 👩‍❤️‍💋‍👨

✌🏼Gaap is twee doelig:

1. Fisiologies
2. Sosiaal

FIsiologiese gaap, of gaap vir ’n biologiese doel, word deur lae waaksaamheid ge’trigger’ asook ’n verhoging in brein temperatuur. Die doel van gaap is om waaksaamheid te verhoog en hoe dit te werk gaan is om die brein af te koel (deur sinusverkoeling) en ook die vel se konduktiwiteit en sensitwiteit te verhoog vir die omgewing om mens. Dit word basies dan gesien as ’n auto-disruptor van ‘auto-pilot’. 🔥

Gaap veroorsaak nie dat jou suurstofvlakke in jou bloed ‘equalize’ soos voorheen beweer nie, maar wel dat mens se brein afkoel. Dis nog ’n rede hoekom mens begin gaap as jou omgewing om jou warm word.
Studies toon ook dat die lengte van ’n gaap direk gekorreleer word met breingrootte - check nou hoe baie gaan almal om jou begin daai gaap stretch! 🧠

Dis ook nie net mense wat gaap nie - meeste soogdiere soos dolfyne, honde, ape en selfs voëls en reptiele gaap lekker saam.

Sosiale gaap, of die aansteeklike gaap, word obviously ge’trigger’ wanneer iemand om jou gaap. Dis ook interspesie aansteeklik - dus as jou hond jou sien gaap mag hy ook dalk net gaap. Hierdie verskynsel word veral gesien in jou emosioneel nabye groepe - maar jy mag selfs by ’n vreemdeling aansteek of net deur hierdie leesstuk te lees mag jy aansteek. ’n Storie op die televisie kan ’n gaap-aanval in ’n groep veroorsaak en op wetenskaplike vlak word hierdie ‘aansteeklikheid’ deur een van twee goed verduidelik: Om empatie te deel, en om waaksaamheid in ’n groep te verhoog. D**k nou so, evolusioner as ’n hele groep sit en slaap is hulle meer kwesbaar vir gevaar, dus as een begin gaap word die hele. groep aangesteek om meer ‘wakey’ te wees. In toestande waar empatie ingekort word soos autisme en schizophrenia sien mens ook ’n verlaagde aansteeklikheid vir gaap. Moet nou nie bekommer oor jou 2 jarige wat nie saam met jou wil gaap nie, die aansteeklikheid begin klaarblyklik ook eers op 4 jarige vlak en word as ’n vorm van echopraxia of positiewe terugvoer gesien.

Hik…………. Hik ……………. Hik …………….

🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄🙄�
Hoekom hik mens?

Die ou boererate loop so: staan op jou kop en drink ’n vol glas water, hou jou asem op, wanneer laas het jy ’n wit perd gesien, BOE! iemand moet jou hik weg skrik…. en so meer. 💦🤸‍♀️

Wie kan stry dat hik of ‘singultus’, seker een van die mees irriteerende verskynsels in die natuur is…. jys automaties vies vir jouself op ’n Sondagmiddag as jy jouself ooreet het met die hik-hik-hik wat jou wakker hou. Gewoonlik is dit ’n korttermyn nie-ernstige, self-limiting gebeurtenis wat gebeur vanweë ’n reeks algemene oorsake. Wanneer dit wel ’n kroniese probleem raak (meer as ’n week) dan moet die alarms en sirenes afgaan. 🚨

Hik is ’n onwillekeurige lukrake sametrekking van die diafragma en tussenribspiere wat lug uit die longe forseer en teen ’n geslote of ‘toe’ stemband vas laat slaan wat dan die ‘hik’ veroorsaak. 🔊

Die tydelike, momentele hik wat minder as 48 uur duur word gewoonlik veroorsaak deur
1.) maag swelling: die maag wat die diafragma irriteer deur gas koeldrank, te vinnig te veel eet, alkohol, lug sluk 🥤
2.) vinnige temperatuur verandering: koue koeldrank dan warm koffie drink, koue swembad en dan warm stort 🌡️
3.) verhoogde emosionele ervarings: Opgewondenheid, spanning, senuwees, lag. 😍

Hoe tydelike hik gehelp kan word is deur:

1. Irritasie van die neus en keel: trek jou tong (haha), raak aan jou kleintongetjie (HAHA…), doen ’n covid-swab wat voel of iemand jou brein biopsie, of eet ’n telepel growwe suiker.
2. Om die asemhalingsiklus te versteur deur: asem op te hou, te nies, te skrik en dus te ‘gasp’, of in ’n bruin papiersak in asem te haal
3. Die Valsalva maneuvre toe te pas: Hou jou asem op, knyp jou neus toe en probeer deur jou neus die lug uit te blaas - die idee is om die drukking te ervaar wat mens se ore kan laat ‘pop’).
4. Hou jou knieë teen jou bors styf vas om die diafragma te irriteer
5. Burp (ee-ee-ee-eeuw)
6. Carotid massage (moenie die doen as jy nie mediese agtergrond het nie, jy sal iemand maklik van die grond af optel - not a good idea)

Aanhoudende hik kan veroorsaak word deur baie, baie dinge. Die laaste keer wat ek die lys besigtig het was dit oor die 100 redes vir hik wat almal redelik ernstig was… Onder andere: vreemde voorwerp in die oor, goitre in ooraktiewe skildklier, longontsteking, hart aanval, perikarditis, aneurysme,slukderm kanker, pankreaktitis, nierversaking, lewerversaking, nierkanker, breinkanker en so meer. Die lys is aanhoudend. Vir hierdie tipe hik moet die onderliggende oorsaak geidentifiseer word en behandel word. Die hik raak nogal seer en gevoelig na ’n ruk, en daarom kan die hik met medikasie onderdruk word - wat wel belangrik is, is dat die persoon deeglik ondersoek moet word vir ’n onderliggende rede vir die hik.

😪😪😪😪😪😪😪😪😪😪😪😪😪😪😪😪

Hoe huil mens?

Joh, as jy my goed ken weet jy - ek is nie ’n groot romcom fan nie. Ek is nie ’n fliek mens nie - ek like nie die short term commitment van ’n 2 ure fliek nie. Ek d**k ook ek is emosioneel gescar deur the Notebook, Marley & Me (ekt my doodgehuil oor iemand anders se hond), en waar Simba sy Pa probeer wakker maak. 😰😭

So, waar kom trane vandaan?

Mens kry drie verskillende tipes trane: Basale trane, refleks trane en emosionele trane.

💧Basale trane is wat jou oog vogtig hou om sy werk te kan doen - dit is altyd teenwoordig op die oppervlak van mens se oogbal en loop deurlopend vanaf mens se lakrimale klier aan die buite en bokant van die oog oor die oogbal en dreineer in die neusholte af in die keel. Dis soos die lug wat ons asemhaal: altyd daar. Soms as mens te veel anti-histamiene mondelings gebruik kan dit vermindering van die natuurlike traan produksie veroorsaak en dus lei tot droeë oë: as mens dus allergiese konjuktivitis het is dit beter om die toestand met ’n anti-histamien druppel soos Patanol of Zaditen te gebruik.

💧Refleks trane bestaan 98% uit water en is die trane wat beskerm teen irriterende stowwe bv. uie sny. Jou kornea, wat die buitelaag van die oogbal is, ontvang inligting vanaf die omgewing en stuur die inligting aan die breinstam wat dan die ooglid ‘signal’ om trane te vervaardig verhoging om die irriterende stof uit die oë te ‘flush’ met refleks trane.

💧Emosionele of psigiese trane word saamgestel deur water, prolaktien, adrenocorticotropic hormone asook die endorfien leucine-enkephalin, en die laasgenoemde is verantwoordelik vir die ‘ek voel beter’ gevoel na ’n goeie tjank-sessie. In fact, studies bewys dat die streshormoon, kortisol, verlaag voor- en na ’n goeie huilsessie.

🐓🐣🐓🐣🐓🐣🐓🐣🐓🐣🐓🐣🐓🐣🐓🐣

Hoendervleis

As jy Karen Zoid se ‘As musiek begin speel’ of Karlien van Jaarsveld se ‘Lief’ kan luister sonder om hoendervleis te kry is jy ’n psychopath en wil ek jou nie ken nie 🤣

Wat is hoendervleis en waar kom dit vandaan?

Cutis anserine, of hoendervleis, is die verskynsel waar die spiertjies in mens se vel wat jou haars**g oorent trek, flex. Dis ’n oorblyfsel van evolusie toe ons nog baie meer hare gehad het wat ons vel bedek, as nou. Wat basies gebeur is dat ons brein se hipothalamus (ons aircon remote en ook ons emosionele powerhouse) ’n boodskap aan ons vel stuur via die senuweestelsel deur middel van adrenalien, om die vel styf te trek. Dit veroorsaak dat die Arrector pilli spiertjies die haars**g oorent trek om die hare orent te laat staan.

Hoekom doen jou liggaam dit?

Dit gebeur eintlik vir twee redes:

1. As mens koud kry is die doel van die hoendervleis om ’n lagie lug vas te vang rondom die vel, wat effens meer verhit is, as die lug rondom ons. Basies ’n ‘windbreaker’.
2. Vrees - as mens bang is, stel die liggaam adrenalien vry om die hoendervleis te veroorsaak en in ons voorouers sou die hare wat oorent staan mens automaties ‘groter’ ook laat lyk. In tussen het ander sterk emosies ook hier begin ’n rol speel om hoendervleis te veroorsaak soos vrees, intense plesier, intense hartseer kan als hoendervleis veroorsaak. Musiek en hartstogtelike verhale kan die emosies veroorsaak wat dan die hoendervleis effek veroorsaak.

Sê dit weer —> Arrector pilli spiertjies. Mag mens glimlag as mens dit lees? Ha-HA!

🍳🥚🥣🧇☕️🥞🥚🍳🥣☕️🍳🥚☕️🥞🍳☕️

Mens moet ontbyt eet om gewig te verloor, anders versleg jou metabolisme:

Uhhhm die outjie is nie helemal waar nie. Ja, dis waar dat jy jou metabolisme ’n jump start moet gee - maar koffie, tee en water doen dieselfde ding as ’n vol ontbyt.

Navorsing deur Harvard bepaal dat oornagvas vir minstens 16 ure jou bloedsuiker en insulien vlakke laat val, sodat vetstore gebruik kan word vir energie. So waar kom die storie vandaan dat ontbyt skip sleg is vir jou metabolisme en gesondheid? Was dit dan nie ook op navorsing gebasseer nie?

‘Navorsing het bewys’ is net so gevaarlik soos ‘dis natuurlik so dis veilig’…. Mens moet weet watse tipe navorsing wat beteken om te kan bepaal of’n bepaalde topic regtig goeie navorsing het. So in die geval, was die navorsing gebasseer op ‘observational studies’ wat beteken dat dit eintlik net observasies is dat mense wat ontbyt eet geneig is om ’n gesonder gewig te hê as mense wat nie ontbyt eet nie - maar onthou, dit kan ook weens ’n miljoen ander redes wees: Mense wat ontbyt eet hoef dalk nie skofte te werk nie, dus slaap hul gewone ure en dus word hul kortisol nie geaktiveer nie. Mense wat ontbyt eet kan ontbyt bekostig en dus leef hul oor die algemeen meer gesond en neem gesonder dieëtsbesluite. Net die ‘ontbyt eet’ is nie altyd die vol prentjie nie.

So, die goeie tipe navorsing vir hierdie vraag is randomized control trials en die RCTs bewys die volgende:

1. Sewe studies bewys dat na ’n tydsperk van 7 weke het mense wat ontbyt eet vs mense wat nie ontbyt eet nie, ’n gemiddeld van 0.5kg meer gewig opgetel as die ontbyt-skippers.
2. Tien studies het bewys dat mense wat ontbyt eet vs mense wat ontbyt skip ’n ongelooflike 260 kalorieë meer inneem in hulle totale kalorieë vir die dag as ontbyt skippers
3. Baie, baie navorsing het ’n sterker korrelasie met obesiteit en naby aan slaaptyd eet, as ontbyt-skippers.

Los dalk die laatnag snacks eerder uit as jy wil gewig verloor!

Lekker naweek!

Groete en guns,

Dr. Elri 🩺👩🏻‍⚕️

🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition.

Photos from Dr Elri du Preez's post 21/07/2024

🦴👧🏽 Groeipyne 👧🏽🦴

Ek het onlangs ’n special request ontvang van ’n juffrou-mamma wat besorgd was oor die groeipyne wat jong mense ervaar soos hulle groot word. Dieselfde week het ’n goeie aptekersvriendin vir my ook uitgevra oor die verskynsel en dit het my laat besluit om oor die groeiende jong liggaam van kinders te skryf. 🎀

So kom ons gesels eers oor die pediatriese skelet en spierstelsel, en hoe dit van volwassenes verskil:

🦴Bene🦴

So, ’n been bestaan uit twee koppe of epifise (die twee punte van die been), die diafise of s**g (die lang dun reguit deel) en ’n metafise of nek (die deel tussen diafise en epifise waar been organisasie plaasvind). Sien die prentjies onder.

Rondom die klomp fises is ’n taai, dik, veselagtige laag wat die periosteum genoem word. Dis ‘n bloedvatryke vlies wat ook die pynreseptore van die been bevat. Dis hy wat so seer veroorsaak as jy ‘n been breek of kneus. 😖

Kinders se bene (nie soosin loop bene met voete op die punt nie, soosin wit harde bene in die middel van jou ledemaat) lyk FUNny op x-strale. 🩻Ek d**k steeds mens het meeste van die tyd ’n meestersgraad in skatwerk nodig om die goed te ontsyfer, so ek sê baie dankie vir goeie radioloë. Dis hoekom daar ook baie keer van beide arms of bene x-strale geneem word, om te kan vergelyk. 👈🏻👉🏻

Kinders se bene buig baie meer as volwassenes s’n. Dit vat nogal baie energie om ’n kind se been te kan breek. Die periosteum laag wat om die been is, is in kinders baie dikker en taaier.

🍽️ Groeiplate in bene 🍽️

Tussen die kop en die s**g van die been is daar ’n area genaamd die fise of die groei plaat. Dis basies ’n tussenstasie tussen kraakbeen (wat op die kop van die been voorkom) en soliede, harde been wat op die s**g van die been voorkom.

Wanneer ’n kind ’n breek opdoen in die groeiplaat area (’n Salter-Harris breek), is dit ’n groter krisis as net ’n normale breek. Die rede hiervoor is dat jou groeiplaat jou groei bepaal, en daarom kan die bepaalde ledemaat groei arres ondergaan as dit nie in ’n tydige en korrekte manier aangespreek word nie. Meeste van die tyd kom dit gelukkig reg, kinders is soos rubberballetjies - hulle bounce back. ’n Ortopeed het eendag vir my gesê kindertjies is soos see sterretjies, 🐙hulle regenereer gou. Ek sou sê soos ’n 🦎akkedis 🦎se stert - maar dis nou nie so majestic en mooi vergelyking nie…. 😂

Dis ook die rede dat mens nie so baie kinders se beenbreke sjirurgies met penne en plate hanteer nie - want kinderbeentjies het die vermoë om oulik te ‘remodel’ en homself te skaaf en skuur tot die been weer amper normaal lyk. Sien die fotos onder!

⚡️Groeipyne ⚡️

Daar is nie eintlik in medisyne ’n verduideliking wat goed ondersteun word vir die verskynsel nie.

👍🏻Ons weet die volgende:

Wat is dit? 👉🏻Dit is ’n algemene toestand wat in kinderjare ontstaan wat gekenmerk word deur herhaaldelike, afwisselende episodes van pyn in die bene, veral die onderste ledemate.

Wanneer kom dit voor? 🌙🌟Die pyn kom tipies in die nag of laat middag voor en beïnvloed gewoonlik nie gewrigte nie. Die pyn gaan weg in die oggend en meeste van die dag.

Ouderdom wat dit veral voorkom: 👧🏽3jr tot en met 12jr oud, met ’n piek in die vroeë skooljare en word gesien onder fisiese aktiewe kindertjies

Dogtertjies of Seuntjies meer: defnitief dogtertjies 👧🏽🎀👧🏽🎀👧🏽🎀

❓Wat is die teorieë oor oorsake?

Soos voorheen genoem - ons weet nie regtig wat dit veroorsaak nie. Verskeie teorieë bestaan soos byvoorbeeld…

1. Anatomiese redes: hipermobiele of lakse ligamente, knock knees, lae beendigtheid
2. Word sterk geassosieer met familie geskiedenis en oorerflikheid
3. FIsieke aktiwiteit: gesonde, besige kindertjies se bene kan lekker pyn snags
4. ’n Lae pyn drempel
5. Metaboliese redes: lae vitamien D vlakke
6. Sielkundige redes: onderliggende spanning
7. Rustelose bene

❌En wat weet ons al het nie te doen met groei pyne nie?

- bloedsvloei in die bene
- mikroelement tekorte
- vinnige groei van bene (haha, ek weet né)
- rheumatiese koors

🤔So… wat gebeur op been en spiervlak?

Onthou, ons is nie seker nie. Maar navorsing vermoed die volgende:

mikroskopiese spierskeuring wees fisiese aktiwiteit
Verandering in die neuro-oordrag van pyn (dus ’n senuweestelsel en spierstelsel misfire)
Groei disproporsie

🚩Rooivlag tekens🚩

Enige iemand wat ’n kind het wat deur groeipyne geaffekteer word, sal vir mens sê dat mens maar bekommerd raak na ’n ruk. So wanneer moet mens worry?

1. Pyn in die gewrigte - groei pyne veroorsaak ongemak in die bene en spiere, nie binne in gewrigte nie. Tekens van inflammasie in ’n gewrig moet alarms laat afgaan: rooi, warm, teer gewrig waarop ’n kind nie kan trap of gebruik nie te same met koors is ’n teken van septiese artritis.
2. Groei pyne kan slegs een kant affekteer, maar meeste van die tyd is dit aan albei kante dieselfde: daarom sal ’n dokter dalk ’n x-straal aanvra net om seker te maak.
3. Koors: groeipyne veroorsaak nie koors nie
4. Mankheid of ’n nuwe ‘limp’
5. Swelling of verandering in kleur
6. Gewigsverlies of aanhoudende vermoeidheid en moegheid
7. Nagsweet
8. Pyne wat weerstandig is teen pyn medikasie

Hoe hanteer mens dit?

1. warmwatersakkies saans help (vermy kookwater sakkies - kry maar daardie met die stink boontjies of die plug in tipes ( )

2. Lekker louwarm bad en Massering: probeer eers net sommer gewone room of iets met chamomile wat kalmerend is

3. spesiale room of gel: Julle… my kinders gil hulle kop af as ek deepheat aan hulle smeer (would NOT recommend vir driejariges) Joh - julle, niks kalmeer ’n kind wat sê sy bene slaan aan die vuur nie, glo my ek weet… …. 🔥🚒Ek lag my oë uit.
Maar, as jou kind darm al kan verstaan is dit iets wat mens kan probeer mee masseer - dit gaan niks aan die onderliggende probleem doen nie maar dit maak mens se pyn reseptore vir ’n wyle deurmekaar (mens kan nie temperatuur en pyn gelyk voel nie - dis hoekom ys en hitte help vir pyn). So, probeer dan maar die rub-rub, deep heat, arnica gels ensovoorts. ( … as julle verstaan waar ek slaan. )

Dieselfde geld vir cooling gels. Not gonna do much - maar die koeligheid sal verligting bring.

4. As jou kind ouer raak kan mens die anti-inflammatoriese gels en creams begin gebruik. Dit moet actually ’n anti-inflammatories bevat vir dit om ’n daadwerklike verskil aan te bring (aktiewe soos diclofenac). Voorbeelde hiervan sluit in Voltaren en Panamor en Norflex gel. Die voordeel hiervan is dat dit nie so sistemies opgeneem word soos die mondelinge medikasies nie, en daarom het dit minder skadelike effek op die niere en maag. (minder - nie geen nie). Gebruik slegs vir 7 dae aanhoudend voor ’n breuk geadviseer word.

5. Mondelingse pyn medikasie: - die gewone paracetamol opsies (panado, calpol, stillpanes, painamol, pyngesic, antalgic SF) bly eerste opsie. Dit gaan defnitief nie so goed werk soos die anti-inflammatoriese meds en combos nie, maar die anti-inflammatoriese opsies kan slegs vir 10 dae en minder aaneen gebruik word. Die rede hiervoor is dat ons nog nie in RSA Selektiewe anti-inflammatories vir kinders onder 12 beskikbaar het wat nie die niere en maag seer maak nie, alhoewel dit al op die volwassene mark beskikbaar is.

6. Melatonien - okay, ek weet, die een is weird🌙. Dis dan ’n slaaphormoon en word gebruik om ’n slegte slaappatroon te herstel? Hier wil ek net vir Dean credit van Nel 2 weer - hy het my vertel dat melatonien ook anti-inflammatories voordele toon wat spesifiek vir groeipyne kan help.

7. Vitamien D: 🌞tot op datum is dit die enigste vitamien of mineraal wat bewysbaar was in akademiese studies om ’n moontlike link te hê in die oorsaak van groeipyne. Lae vlakke van vitamien D veroorsaak groeipyne - en nee, Suid-Afrika se son verhoed nie die moontlikheid van lae vitamien D nie - ons sunscreen is ook uiteraard van die beste in die wêreld en dit lei tot lae vitamien D vlak in die Suid-Afrikaanse populasie. Kaapstad het ook drasties minder en swakker sonlig in die winter. 🔥

8. Voet evaluasie: 🦶’n voetbrug wat geval het (plat voete, pes planus, over pronation) kan lei daartoe dat jou kind se hele liggaam geaffekteer word om te kompenseer. Jou enkel trap skeef, knie dra skeef gewig, die heup moet oorkompenseer asook die lae rug. Laat kyk na jou kind se voete en voetstruktuur om te bepaal of ’n fisio en inner soles nie die groeipyne kan reg trek nie.

9. Komplimentêre medikasie: so, om eerlik te wees - is die een bietjie wishy washy. Dit maak sin in mens se brein om kalsium, magnesium, fosfaat , vitamien K en selenium aanvullings te wil drink vir groeipyne omdat dit in been vorming gebruik word - maar meeste studies het bewys dat dit nie regtig ’n groot verskil maak nie. Daar is produkte op die mark soos “growing pains se snapcaps” wat hierdie vitamiene en minerale bevat.

🔬Spesifieke toestande bekend aan medici:🔬

Daar bestaan ’n paar toestande wat geasossieer word met groeiende kinders, onder andere:

- Osgood-Schlätter 🧎
- Sever’s disease 🦶
- Lae rugpyn tydens puberteit of Spondylolysis 🎒

Dis nie presies soos groeipyne nie, maar dit gebeur wel almal slegs tydens kinderjare.

🧎Osgood-Schlätter 🧎

Die siekte is ‘n traksie probleem: jou bobeen spier (quadriceps) gaan bo oor jou knieg en kniegskyf en sit vas aan die bo punt van jou shin (tibia). Die quad gebruik die konfigurasie om die onder been te kan reguit ‘pulley’.

Wat in OS gebeur is, daar waar die quad in die shin vas anker lê bo oor die sagte groeiplaat van die shin been. Die herhaaldelike pulley aksie van ‘n spier wat te kort is (nie ordentlik gestrek het nie, of groei wanbalans) veroorsaak dat die kraakbeen geirriteerd raak en begin uittrek uit die been.

Ouderdom mees algemeen geaffekteer: Aktiewe, sportsliefhebbers tussen 10-14 jr oud, effe meer seuns as dogters.

💊Die toestand kan gedeeltelik voorkom word deur ordentlik op te warm en genoegsaam te strek, maar party kinders is net unlucky in hulle groei patrone om dissosiasie tussen been en spierlengtes te hê.
Die toestand word behandel deur te rus, ys, patellar straps te dra en anti-inflammatoriese middels te gebruik.

🦶Sever’s disease🦶

Ek het self op ‘n stadium sever’s gehad, as ek nou moet terug d**k. Ek was ‘n 100m atleet en verspringer, en ekt dit toe ek net hoërskool toe was erg ervaar - en nooit veel daarvan gemaak nie. Dis eintlik maar die regte manier - mens moet nie te veel stress oor die toestande nie, dit gaan eventually weg.

Die siekte is ook ‘n traksie probleem aan die hak: die lekker sterk kuitspiere plant onder aan mens se hak in. Wanneer die kuit saam trek, ‘pulley’ die spier aan die hakbeen om die voet afwaarts te druk. Waar die achille’s tendon inplant aan die onderkant van die hak plant dit in op ‘n gedeelte van die hakbeen wat nog nie sy groeiplaat gesluit het nie. Die been trek dan weg en veroorsaak hewige irritasie onder en agter die hak vir lyers van die toestand.

Ouderdom: aktiewe 10-15 jariges wat graag spring of op harde oppervlaktes hardloop.

💊Hoe behandel mens dit?

Fisios speel in al die toestande ‘n belangrike rol vir spierbalansering. Hulle doen ook die needling en ultraklank wat sagteweefsel genesing bespoedig.

Gewoonlik moet ‘n kind rus vir simptome om weg te gaan, maar as die kind nie wil stop en uitsit nie, kan dit help om ‘n innersole wat die hak effe lig te kry. Voor- en na-wedstryd ys vir 10-15minute is uiters belangrik. Goeie strekbewegings en sorgvuldige en versigtige toediening van anti-inflammatories is van belang.

In erge gevalle kan dokters soms die kind in gips sit in n posisie wat die ligamente en tendons in ‘n strek posisie plaas.

🎒Lae rugpyn 🎒

Tydens puberteit is dit nie skaars vir kinders om te kla oor lae rugpyn nie. Hier is daar ‘n kombinasie faktore wat ‘n rol mag speel: die bene groei nie teen dieselfde spoed as die tendons en ligamente nie, wat wanbalans veroorsaak en die risiko vir beserings vergroot. Nog ‘n faktor is dat jong kinders baie meer aktief is as volwassenes en dis nie vreemd vir n kind om gelyk gholf, spiesgooi, gimnastiek en rugby sommer te speel nie.

Ouderdomme kwesbaar is tydens puberteit, enige iets van 12-22.

Sporte kwesbaar: hoogspring, spiesgooi, gholf, gimnastiek, krieket - enige iets wat agteroor buig vereis.

Wat gebeur?
Die rugwerwels se bene druk teen mekaar wat later stresfrakture veroorsaak en kroniese inflammasie tot gevolg het.

💊Hoe behandel mens dit?

Enige neurologiese simptome vereis ‘m dringende afspraak by ‘n spesialis.

Korsette en lae rugstut of braces word gedra, te same met rus, anti-inflammatories en fisioterapie.

Dit is groeipyne in ‘n elle lange digbundel. Lekker lees!

Groete
🩺Dr. Elri👩🏻‍⚕️



🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition.

Photos from Dr Elri du Preez's post 18/07/2024

🦠Hand-Voet-en-Mond siekte 🦠

Daar is weer ‘n uitbraak van HVM siekte a.k.a Coxsackie in die Brits & Harties Kleuterskole!

Kyk uit vir die tekens onder ⬇️

Groete en guns,

Dr. Elri 👩🏻‍⚕️

Photos from Dr Elri du Preez's post 11/07/2024

🔥Brandwonde en Noodhulp 🔥

Dis winter, en as jy ooit jouself op ’n Vrystaatse vlakte of in die ou Transvaal bevind aan die einde van Julie sal jy die opsigtelike spanning in die lug ruik: die Augustus winde is amper weer aan die waai. 💨Ek onthou dat ek nooit saam met my Pa mag gery het as hy gaan vuur slaan het nie, kon dit nie eintlik verstaan nie. Net na my Pa se dood het ek my broer een aand laat gaan help vuurslaan, en toe eers besef hoe scary ’n veldbrand in Augustus winde regtig kan wees. En, ek’t bowenal die uittrap van my lewe gekry want ek het met ’n oop venster gery en sy bakkie se seats het nooit weer dieselfde geruik na die rook nie…. Whoops! 😬

⛑️Stories uit ongevalle⛑️

🧨Mens sien regtig soms wrede beserings in ongevalle. ’n Storie uit my ongevalle dae sal my vir ewig bybly - ’n storie van ’n man wat vir sy vrou kwaad was, en daarom het hy oor haar, en haar kindertjies, petrol uitgegooi en aan die brand gesteek. Die man het self ook aan die brand geslaan maar hy het die hele fiasko oorleef met erge brandskade, waar die vrou en kinders se brandwonde so ekstensief was dat hulle nie gekwalifiseer het vir ICU sorg nie maar eerder palliasie. Hartbrekend.

🧨 Die ander storie wat in my gedagtes sal bly is ‘n man wat ‘n transformer probeer steel het. Die transformer het daardie fight gewen. 🫨

🔥Vinnige feite oor brandwonde🔥

1. Elektriese brandwonde kan mens maklik fnuik: ’n klein brandwondjie kan enorme inwendige skade masker - veral spierskade en elektriese hartdisritmie.🪫
2. Brandwonde hou aan brand vir tot en met 24-48 uur na die insident, al is jy lank reeds verwyder van die brandbron. Dit is deels die rede hoekom dit moeilik is om te bepaal hoe groot ’n brandwond is (of eintlik gaan wees) in die ongevalle - dit kan vergroot vir nog 1-2 dae. ☀️
3. As jy deur weerlig raak geslaan word, vorm daar so “varing”-agtige patroon op die area wat raak geslaan is. Ons noem dit ‘n Lichtenberg figuur. 🌿
4. Elektrisiteit se Amps maak dood, nie Volts nie. Amps dui die hoeveelheid elektrone aan, dus hoë Amps = baie elektrone. Volts dui net die “drukking” van die elektrone aan. Hoe naby hulle basies aan mekaar beweeg. ⚡️
5. Nat sement is een van die mees algemeen oorsake vir chemiese brandwonde. Die nat sement op vel kan brandwonde veroorsaak, sement poeier in die oë en longe kan ook skade maak.👷🏽
6. Brandwonde is oor die algeemeen steriel - bedoelend dat ’n brandwond nie automaties as ’n vuil wond beskou word wat antibiotika nodig het nie. As mens nie mooi na ’n brandwond kyk nie, kan dit maklik ’n broeiplek vir bakterieë raak. 🦠
7. Brandwonde bo 30% body surface area kan tot en met ‘n jaar lank ‘n kataboliese reaksie trigger in die liggaam - bedoelende die liggaam is besig om meer energie te spandeer aan ‘n afbreekproses as ‘n opbou proses. 🤕

🔥Tipes brandwonde🔥

- Elektriese brandwonde
- Chemiese brandwonde
- Thermal brandwonde: kontak brandwonde, kookwater brandwonde, oop vlam brandwonde
- Bestraling brandwonde (bestraling sluit in bestraling vir kanker, radioaktiewe stowwe, xstrale en selfs die son)

🔥Brandwonddiepte🔥

- Eerstegraadse brandwonde of epidermal burn: Dis wanneer jy jou rug verbrand in die son en jou vel lekker rooi en seer is, maar geen blase vorm nie. Dis basies droog, rooi en vrek seer. Dit kan ook gebeur as jy jou hand op n warm plaat sit of aan ’n warm exhaust van ’n motorfiets vat, of soos ‘n straightner jou oor vang. Eina…. 😅

- Tweedegraadse brandwonde of superficial partitial thickness burns: Die epidermis en die boonste laag vd dermis lei skade, met. ’n natterige voorkoms en blaas-vorming. Dis baie seer.

- Tweedegraadse brandwonde (gedeeltelik) of deep partial thickness: Al drie lae van die vel is beskadig en die vel voorkoms is droog, wit en wasserig. Dit kan helemal pynloos wees of pynlik op diep drukking.

- Derdegraadse brandwonde (vol dikte) of full thickness burns: Al drie lae van die vel is beskadig asook die onderliggende weefsel soos vet wat beskadig is.

- Vierdegraadse brandwonde of ’n deep burn injury: Skade aan onderliggende been en spiere. Dis daardie verskriklike erge brandwonde wat jy videos van sien wat jy iemand se long kan sien en sulke rowwe goed.

🔥Tips vir brandwond voorkoming🔥

- Winter: Koue weer en warm vure loop hand aan hand. Beveilig jou braai, kaggel, boma mooi.
- Skep reëls in jou huis en kombuis oor bv. waar jou kinders mag opklim, watse toerusting hulle mag gebruik, en wat hulle mag doen terwyl daar kos gemaak word.

- Augustus en vroeë September: Veldbrande is dan op ’n piek tyd. Mens gaan slaan nie vuur met ’n sweetpak broek ooit nie, by the way. (Als wat kan smelt vermy dit liefs. Doen maar die jean en leerskoene ding.)

- Desember: Desember is braai tyd en vuurwerke tyd. Pasop vir vuurwerke, dis nie die moeite werd nie - daai dodgy vuurwerke wat jy in die onderdorp koop gaan nie jou safety guarantee nie.

- Winter: warm kos, koffie en melk is lieflik in die winter. Kyk uit dat jou ketel se kabel nie maklik deur ’n kind raakgeloop kan word nie, en as jy moet kies op water oondplaat kook jy kos, verste plate eerste. Voel asseblief voor jy jou kind in die bad sit - dat die water nie kokend is nie. Moet ook nie jou kind met ’n warmwater sakkie in die bed sit nie (Do as I say not as I do) en pasop vir urns op plekke waar klein vingers kraantjies kan oopdraai.

- Warm olie moet bitter vêr van bereik wees vir klein hande. Dit brand tot op die been. Asseblief.
- Moenie brandstof gebruik om jou vuur of bonfire te start nie. Koop maar net Blits.

🔥Spesiale areas en gevalle🔥

Daar is sommige areas in en op die lyf wat ’n golden ticket hospitaal toe wen, maak nie saak hoe groot of klein dit is nie. Die rede is dat dit gewoolik deur ’n plastiese sjirurg geëvalueer moet word om te besluit of die wond geskrop moet word, veloorplantings moet geskied en of dit na ’n spesiale brandwondeenheid verwys gaan word.

Dit sluit in:

1. Enige brandwond in die skaamdele (boudjies, vinkie, tieties - you get the idea) 👙
2. Brandwonde aan hande of voete en spesifiek die vingers 🤞🏼
3. Brandwonde wat reg rondom ’n ledemaat strek (soos n band rondom) ⌚️
4. Gesig en nek wonde 🤦🏽‍♀️
5. Brandwonde wat die mond, keel, neus of oë betrek en veral as die neushare geskroei is of die tong as en skroot op het 👄🐽
6. Enige brandwond wat oor ’n groot gewrig strek (knieg, elmboog, gewrig, enkel)
7. Groot brandwonde… jy sal weet wanneer jy self nie kans sien vir dit nie
8. Vir die juffrouens onder ons: check maar mooi vir mishandeling tekens hier. Si*****te maak sirkeltjies, boudjies en voete wat gebrand is dui op ’n kind in ’n te warm bad water druk, (glove and stocking patroon), reguit lyne op kookwater brande is mens maar altyd versigtig - maak seker die ‘storie’ klop met die ‘besering’. As water per ongeluk val op ‘n kind is daar mos nie mooi reguitlyne nie… spatsels hier en daar met oneweredige lyne

⛑️Noodhulp⛑️

- Die basiese reëls vir noodhulp geld altyd: maak eers seker die omgewing is veilig voor jy iemand anders probeer van hulp wees. Moet byvoorbeeld nie in ’n brandende gebou in hardloop nie.
- Fast fact: HEMS is die enigste privaat brandweerdienste in Suid-Afrika. Hoe bevoorreg is ons omgewing nie! Skakel hulle indien daar ’n huis of kantoorbrand is —> 082 695 1240.🚒
- Verwyder onmiddelik enige juwele in die area - ringe, horlosies, armbande, toue , oorbelle, tongringe, neusringe - enige iets wat kan stremming en bloedsvloei belemmer as die area swel. Ek moes al te veel sukkel om ’n trou ring in ’n staatshospitaal met gebed, genade en ’n slotknipper te knip want ons het niks anders nie. Haal maar net liewer af.
- ’n Oop brandwond is ’n seer wond, en ’n seer wond is ’n goeie wond: dit geld nou nie vir derde en vierde graadse brandwonde nie, maar as ’n brandwond seer is is dit gewoonlik ’n goeie teken - dit beteken dis meer oppervlakkig. Vir pyn en infeksie beheer, maak die wond dadelik toe met burnshield of gladwrap.
- Moet wel nie tyd mors in verskriklike erge brandwonde nie: scoop & run na jou naaste ongevalle.
- Vermy verbande, dit plak aan die brandwond, los klein haartjies en fibres agter in die wond en kan probleme veroorsaak as die area swel.
- Vir ’n hand brand kan ’n plastiek handskoen aangetrek word met burnshield liquid in - dit help baie vir die pyn.

🔥Noodhulp spesifiek vir termiese brandwonde ♨️

- So, as mens twee konsepte onder die knie het vir brandwonde kan jy meeste eenvoudige brandwonde redelik goed hanteer: afkoel en beskerm.
- Blus die vlamme (stop drop and roll). As daar ‘n brandstof middel of versneller gebruik is, gaan die rollery nie genoegsaam wees nie. Smoor dan die vlamme uit met ‘n handdoek (klam verkieslik) of verkieslik ‘n burnshield kombers of spesiale burns sheet.
- Afkoel: jy moet die persoon weg kry van die bron van brand af en dadelik begin afkoel. Maak die kraan oop (stort, wasbak, watokal die situasie verg) en koel die geaffekteerde area vir 20 minute af. Time dit - 20 minute. Dis die tyd wat bewys is die beste resultate lewer vir brandwond beperking.
- Beskerm: Moet nie snaakse goed op ’n brandwond sit nie - los die botter en die snaakse goed vir later. Al wat mens nodig het om op ’n brandwond te sit tot ’n dokter daarna kan kyk is burnshield (tweedoelig: koel die brandwond verder af en help vir pyn) of as jy nie daarvan het nie: gladwrap die area en gaan hospitaal of dokter toe.
- Pasop vir brandwonde aan die gesig en nek: onthou, jou longe en lugweë trek baie warm lug in soos jy brand. Die dokters sal vir jou vertel, iemand kom in met ’n bietjie geskroeide neushare en voor jy mooi die slaap uit jou oë kan veë word jy geintubeer soos jou keel toe swel. DIt gebeur gewoonlik stadig oor ’n paar ure en dan eweskielik swel daardie keel toe.
- Ander issues met ’n brand in ’n geslote area: jou longe kan koolstofmonoksied opbou wat ook uitgeflush moet word met sterk konsentrasies suurstof. Verwyder iemand uit ’n geslote area vinnig en neem na ’n area met baie vars lug tot nooddienste suurstof kan toedien.

🧪Chemiese brandwonde: 🧪

- Probeer om die chemikalieë op ’n veilige manier te verwyder van die vel/oë deur af te spoel met skoon, lopende water. Die maklikste plan is om iemand onder die stort in te druk en die kraan oop te maak - op so manier kontamineer jy nie jouself in die proses nie.
- Chemiese brandwonde is ‘n golden ticket hospitaal toe: die brand lyk op die oog af minor. Dis gewoonlik dieper as verwag.
- Bly die area afspoel en uitspoel, die idee is om die chemikalieë te verdun.
- Indien die chemikalieë in die oë gespat het - spoel deeglik uit vir 10 minute met skoon lopende water. Indien daar enige sigverlies is of irritasie gaan sien jou dokter dringend sodat ’n ondersoek vir kornea ulserasie gedoen kan word en moontlik verwys word na ’n oogspesialis.

⚡️Elektriese brandwonde: ⚡️

- Hier sou ek nogal ’n lae drempel hê om te sê dis ’n goeie idee om deur ’n dok gecheck te word. Die issue met elektriese wonde is dat dit regtig moeilik is om op die oog af skade te bepaal - en probleme kom gewoonlik of onmiddelik (hartdisritmie) of eers oor ’n paar uur of ’n paar dae (spierskade en nierskade). So, if it happens - gaan maar. Ek praat nou nie van die “Oops choke hy my” gevalle sonder blywende pyn of enige vorm van skade nie.
- Alternatic current (AC) is BAIE gevaarliker as Direct Current (DC).
- Weerlig tel as ’n elektriese brandwond, maar dis gewoonlik meer complicated as net brandwond. Weerlig en high AMPs en Alternating Current is die gevaarlikste vd gevaarlikstes: Weerlig omdat dit bene breek ene orgaanskade maak en hartstilstand kan veroorsaak, AMPs omdat dit weefselskade veroorsaak en AC is sleg vir disritmie.
- So first things first: jy kom op iemand af wat jy vermoed geskok het. Wat nou?
- a. Sit die krag af by die breaker! Moet jouself nie skok deur om aan hom of haar te vat nie. Scene safety is altyd eerste.
- b. As die persoon sonder bewussyn is: voel vir n pols…. Pols daar = kyk vir asemhaling, as hulle asem haal is hulle bewusteloos. Bel die ambulaans. Pols nie daar = Begin met CPR. Hier is daar bietjie kontroversie: sommige studies praat van ’n ‘chest thump’ - ’n ordentlike hou op die borsbeen met die palmkant van ’n toe vuis om die hart te “kick start” soos ’n defibrillator. Sommige studies sê dit is onbehulpsaam. Ek weet net, as ek in die situasie is sal ek alles probeer, insluitende ’n ordentlike chest thump. Daarna sal ek met CPR aangaan.
- c. As die persoon by hulle bewussyn is en praat, sou ek aanraai dat hulle na die naaste hospitaal vervoer word - hetsy met ’n ambulaans (eerste keuse) of privaat. Jy kan vinnig die brandwond verbind met burnshield of met gladwrap, maar ’n elektriese brandwond is gewoonlik nie baie erg nie (behalwe as jy ’n transformer probeer steel - dan gaan jy vóél).
- d. Die hospitaal gaan dan ’n paar goed nagaan: EKG doen, nierfunksie en hartspier en spier ensieme doen, die wond na gaan en skrop indien nodig en wondsorg doen, kyk vir frakture, kyk vir spierkomplikasies ensomeer.
- Indien dit ’n erge elektriese besering is, sal jy na ’n dedicated burnsunit oorgeplaas word soos Milpark (privaat) of Baragwanath (staat).

🌟Wat mag ek nie op ‘n brandwond sit nie?🌟

- enige weird goed. Botter is net gross, selfde met meeste ander snaakse poeiertjies en salfies. Dit maak net die skrop seerder in die hospitaal want dan moet mens nou die gemors ook uit die wondbed kry.
- Watte los orals garings. Gebruik eerder gaas of handdoek papier.
- verbande wat seer maak en vassit as dit verwyder moet word.

Wat mag ek dan aansit aan ‘n minor brandwond? Hoe maak mens met n 1e graadse wond?

- ‘n Ysie bedaar nogal die ergste pyn. Koel af onder koue kraan water vir 20minute.
- Maak dan mooi skoon deur te “pat” of druk-druk, moenie vee nie dis seer.
- Burnshield vir die eerste paar uur.
- Maak na so half dag die burnshield oop, maak die wond skoon deur af te spoel met chlorhexidine seep en skoon water - (tap-tap met handdoek papier of gaas. Moenie vryf nie)
- Silwer salf (soos silbecor) en jelonet is 100%. Jelonet keer dat die nuwe lagie vel elke keer afgetrek word.
- Vir baie klein brandwonde aan die gesig - ( ) kan jy sommer chloramex oogsalfie aanwend.
- Heuning is die enigste natuurlike middel wat aanbeveel kan word om te help met brandwond genesing omdat dit anti-inflammatories, anti-viraal, anti-bakterieël is en wondgenesing bespoedig.
- Maak elke dag die wond oop, spoel af onder skoon water, tap tap skoon en droog, apply silbecor en jelonet en maak toe. Hoe langer hy toe bly, hoe vinniger gebeur wond genesing en kleiner is die merke.

🩹Blase - steek mens hom stukkend of nie?🩹

As die blaas kleiner as die pinkie van die pasiënt is kan mens dit gewoonlik los.

As dit groter is, is dit goed om die blaas stukkend te steek met ‘n steriele naald en die vog te laat uitdreineer. Moenie die velletjie verwyder nie, dit dien as wondbedekking.

🏎️Wat bespoedig wondgenesing?🏎️

- Ordentlike aanvanklike afkoeling vir ‘n ordentlike tydsduur (>15min)
- deeglike wondsorg en daaglikse skoonmaak.
- Hoë protein dieët: volroom joghurt, volroom melk, eiers, amazi, neute
- Sny terug op koolhidrate en vette: dit blaas infeksie aan
- Sink en vitamien C aanvullings bespoedig genesing
- Hou ‘n wond toe om infeksie te uitdroging te voorkom
- Solank die litteken pienk is, kan mens nog scar cream aanwend en TOE maak. Nie tissue olie nie, spesiale litteken salf wat jy by ‘n dokter aanvra.
- Vermy anti-inflammatoriese middels, dit vertraag wond genesing

🏥Wat kan mens verwag met ’n hospitaalbesoek vir ’n properse Oopvlam brandwond? 🏥

Brandwond pasiënte is nogal ’n bietjie van ’n stressvolle situasie. Soveel kan verkeerd gaan. Ons fokus is as volg:

1. Stop die brand proses (verkoeling)
2. Voorkom dehidrasie (jou vel verhoed baie verdamping van vog, dus as dit nie daar is nie dehidreer mens vinnig). Ons doen dit deur die wond te bedek, en deur binneaarse vog te gee teen vasgestelde streng protokolle.
3. Wondsorg: afhangend hoe erg en groot die wond is, kan die wond moontlik of in ongevalle onder sedasie geskrop word of in teater geskrop word. DIt hang af van protokolle en graad v brand.
4. Pyn management: Sodra die wond bedek is, is die pynreseptore ook gewoonlik bedek en bedaar die pyn tot ’n mate.
5. Monitor van nierfunksie en spierafbreek produkte deur gereelde bloedtoetse. Infeksie merkers word ook gereeld getrek.
6. Maak jouself reg vir ’n redelike lang proses as jy oorgeplaas word na ’n burns unit. Dit beteken dokters is bekommerd, en jy gaan lank vat om te herstel. Dan kom spesiale dieëte, fisioterapie en ander rehabilitasie ter sprake om jou weer funksioneel te kry.
7. ‘N lang en tydsame rehab met verskeie spesialiste: plastiese sjirurge, wondsorg personeel, dieetkundiges, fisioterapeute, spraak terapeute, arbeidsterapeute… dis regtig ‘n groot span wat saam werk om so ‘n pasiënt te rehab.

📱Nuwe tegnogie rondom brandwonde📱

Ons lewe in ‘n lekker era van medisyne. Nuwe navorsing sluit in:

1. RE-CELL: aanspuit vel. So, basies vat hulle ‘n klein sample vel, meng dit met ‘n groei medium van collageen en pigmentselle, en spray dit aan die wondbed. ‘N kredietkaart grootte kan jou hele rug bedek. Checkit hier:

https://www.wkyc.com/article/news/health/spray-on-skin-improving-recovery-for-burn-victims/95-024fa053-869a-46ab-9893-e904effd284e

2. Vis vel word deesdae in brandwonde in Amerika gebruik: ‘n spesifieke cod velcword gebruik, gesteriliseer, alle vis-selle verwyder en dan op die wondbed aangebring om te dien as “scaffolding” vir vel om te groei. So cool en grillerig!

Groete en guns

👩🏻‍⚕️Dr. Elri



🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition.

Want your practice to be the top-listed Clinic in Brits?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

♥️ Paasnaweek Spreekure ♥️
Opening 17 January 2024

Telephone

Website

Address

9 Harrington Street
Brits
0250

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00