Hannah Kook

Om te eet is mos maar een van die lekkerste dinge. Saam-eet bring vriende en familie bymekaar en daar is niks so lekker soos vol gelukkige magies nie!

Ek gaan hier deel en skryf van ons lekker-eet ervarings in my kombuis en ook vanuit ander se kombuise. A stay-at-home mom... Super excited about all the new opportunities...

I am married and I have two beautiful boys... Family is important to me and by working from home, I am able to spend more time with people who are important to me. I am totally passionate about my work and love interacting with clients...

Thank you for supporting my business.

08/09/2024

Ag hoe lekker was ons Bok-wen gistermiddag!

Gisteraand se oorskiet wors word ontbyt vir die kids vanoggend. Hulle love dit en dit is so maklik!
Rol snytjies witbrood (bruin sal ook werk) lekker plat. Smeer dun botter aan buitekant. Rol oorskiet wors daarin en sit in air fryer teen 200 grade tot lig bruin.

Bedien saam met tamatie sous of blatjang.

My 12-jarige ook lief daarvoor saam skool toe in sy kosblik.

24/08/2024

Dit is naweek! Ons doen weer vanaand...

Bestellings kan nog tot 2nm ingesit word!

20/08/2024

Ons gesin eet vannaand heerlike kapok aartappels, murgpampoentjies, sampioene en uie gebraai in ‘n bietjie knoffel botter, asook frikadelle gaar gemaak in die lugbraaier….

Manlief het meeste van die kos gemaak… Dit was heerlik…

15/08/2024

When you spot our weekend menu, you know the weekend is just around the corner! 🌞 Ditch cooking duties on Friday and Saturday nights and indulge in our delicious offerings instead! 🍴

Choose from mouth-watering Curry & Rice, Boerewors Rolls, or juicy Hamburgers... your taste buds will thank you! 😋

Send us a direct message on WhatsApp to place your order! 🚪

Kick off the weekend with a yummy food AND a clean kitchen - we can't wait to serve you! 😊

Pick-up in Sandbaai!

14/08/2024

Ons het twee ekstra porsies beskikbaar vandag…

Laat weet gerus indien jy nog graag wou bestel…

Wanneer ek snoek maak, gebruik ek graag my Pa Kobus se heerlike bottersousie met appelkoos konfyt, knoffel en suurlemoen...
Dit is 'n lip-aflek-lekkerte wat ek met groot deernis onthou...

More aand maak ons weer so... ons bedien ons snoek met gegeurde rys en soet patats...

Kontak ons gerus indien jy ook wil saam eet...

13/08/2024

Wanneer ek snoek maak, gebruik ek graag my Pa Kobus se heerlike bottersousie met appelkoos konfyt, knoffel en suurlemoen...
Dit is 'n lip-aflek-lekkerte wat ek met groot deernis onthou...

More aand maak ons weer so... ons bedien ons snoek met gegeurde rys en soet patats...

Kontak ons gerus indien jy ook wil saam eet...

13/08/2024

Vannaand eet ons heerlike gekrummelde Woollies Vark Tjops met lekker handgesnyde aartappel wiggies... Ons groente gereg is lekker pampoen koekies...

Ons het nog twee porsies beskikbaar vir vannaand... Gou spring... Jy kan nog bestel!

11/08/2024

Home-Cooked Meals Menu for the Week!

Tired from working and don't feel like cooking?

Come home to a lovely home-cooked meal, ready to nourish your body and soul!

Today, I'm excited to share our menu for the week with you! 🍴

As a special note… If anyone needs an English menu, please feel free to ask! We're happy to accommodate.

Let us take care of dinner, so you can take care of yourself! Send us a message to place your order.

10/08/2024

Daar is nog tyd vandag tot 1nm om te bestel…

Vat die aand af! Geniet ons heerlike ‘gesonde’ wegneem etes…

Woollies patties word gemaak in lugbraaier (air fryer), aartappel skyfies word liggies met olyf olie gespuit en ook lekker krakerig gemaak in lugbraaier en dan laastens ook ons heerlike vinger-lip-aflek hoendervlerkies!

09/08/2024

'n Heerlike 🍋 Suurlemoen Tert vir Vroue dag...

Maak 'n 3-kwart pakkie tennis beskuitjies fyn en meng met sowat 60ml gesmelte botter. Voer 'n oondvaste tert pan uit.

Skei 3 groot eiers.

Meng die eiergele, 'n blikkie kondensmelk en 125ml suurlemoen sap goed.

Bak vir 15 minute in die oond op 180°

Intussen, klits die eierwitte tot dit lekker stywe punte vorm, voeg nou 80ml strooi suiker bietjie vir bietjie by.

Skep dit bo-op die suurlemoen vulsel en bak dit vir 'n verdere 10 minute of tot bruin puntjies vorm.

Heerlik en maklik... 🍋

09/08/2024

Aan al die wonderlike dames op ons groep... Geniet Vroue Dag!

Mans, gee die spesiale vrouens in julle lewens bietjie af vandag en bestel een van ons heerlike wegneem etes. Etes beskikbaar Vrydag aand en Saterdag aand...

Kontak ons gerus...

04/08/2024

SONDAG UITSONDERING....

Ons maak as 'n reel nooit Sondae etes vir verkoop nie, maar tannie Connie van Sandbaai is siek en ons het aangebied om ietsie vir haar te maak...

Indien jy ook sou wou bestel vandag, dan maak ons graag vir jou ook... Bestellings kan geneem word per WhatsApp tot 12 uur vandag...

Die kos sal vanaf 5.30nm gereed wees om op te tel in Sandbaai...

Dis koud en dit reen... so, vandag maak ons:

Bazaar Kerrie en Rys - R55
Maalvleis kerrie gevulde pannekoek - R50 (vir twee)
Nagereg:
Melktert gevulde pannekoek - R30 elk of R50 vir twee

03/08/2024

In ons huis was daar gisteraand amper oorlog! Want wie sou nou die pot uitlek? Pappa het die pot geroer en dus natuurlik was hy die eerste aanspraakmaker, maar heelaas... die boeties was vinnig by... nou, gewoonlik is daar 'n pot en 'n lepel... dus is twee van die drie geholpe! Ma moes vinnig inspring as vredemaker... Pa het geroer en die pot gewas, dus kry hy die pot!
Boeties elk kry 'n GROOT eetlepel vol van die lekker warm heerlikheid... almal is tevrede! 😅

Vanaand maak ons weer so!

As jy in die Sandbaai omgewing bly, bestel gerus... as jy te ver is, maak vir jou gesin ook van die heerlike vulsel... dit is regtig die moeite werd!

Ons kan nog tot 2nm vandag bestellings neem... Kyk op ons blad vir ons naweek spyskaart of stuur 'n WhatsApp boodskap.

03/08/2024

As jong dogtertjie kon ek vir ure deur my ma se Kook en Geniet blaai en resepte kyk. My ma het nie 'n magdom resepte boeke gehad nie... Net die Kook en Geniet.

As jong werkende dame was die lekkerste boeke vir my om te koop, resepte boeke... en menigmaal het ek plat op die vloer gaan sit in my woonstel met al my respete boeke en hulle rustig deur geblaai... ek kon ure so spandeer...

Ongelukkig het ek in 'n trek my boks met boeke verloor... ai, die hartseer was groot, want onder andere was daar die Kook en Geniet van my oorlede ma, die Kook en Geniet van my stiefma, die Kook en Geniet van my oorlede skoonma en my eie Kook en Geniet... om nie dan te praat van al my ander Resepte boeke nie...

Dis nou 'n vreeslike lang inleiding, maar wat ek eintlik wou vertel is... deesdae geniet ek dit om na resepte te kyk in aanlyn groepe... o.a. Lekker Resepte vir die Jongergeslag!!!!!!!

Vroeg oggend toe ons huis nog slaap, lees ek deur die resepte... en ek kom af op hierdie resep van die pastei degie... dit lyk voorwaar maklik! Raai wat gaan ek binnekort probeer? 😃

Send a message to learn more

02/08/2024

En gou voor die naweek begin en almal besig raak, plaas ek ons spyskaart vir volgende week...

Kom geniet heerlike huiskos - ek is altyd trots om te sê, my (skoon)ma Rita het my leer kos maak...
So, daar is baie nostalgie, heerlike 'oudtydse' boerekos en dan natuurlik ook die nuwe daarby... Woollies se heerlike gekrummelde hoender (Maandag aand) gemaak in die lugbraaier - gesond sonder ekstra olie... en dan natuurlik met ma Rita se soet pampoen...

Bestel gerus en proe saam...

02/08/2024

Met ons naweek spyskaart kan ons nog bestellings neem tot 2nm vir die aand...

Ons is in Sandbaai en etes kan opgelaai word vanaf 5.30nm.

30/07/2024

Vanaand eet ons 'Spaghetti & Meatballs' met ons spesiale Italiaanse marinara sousie - net die regte dis vir hierdie koel weer wat ons op die oomblik beleef!

Ons het nog 'n paar porsies beskikbaar vir vanaand... Kontak ons gerus voor 11vm per WA indien jy ook graag wil bestel.

28/07/2024
Photos from Hannah Kook's post 27/07/2024

Ek is opgewonde om sommer die hele spyskaart vir Augustus te deel...

En dan doen ons ook 'n spesiale afslag wat SLEGS tot Sondag 28 Julie geldig is:

- Bestel vir 15+ dae vir 2+ persone: 10% afslag
- Bestel vir 10-14 dae vir 2+ persone: 7.5% afslag
- Bestel vir 5-9 dae vir 2+ persone: 5% afslag

Moenie uitmis nie... Bestel en geniet heerlike etes vir die hele maand van Augustus...

26/07/2024

Daar is nog 'n paar porsies oor... dis nog nie te laat nie! Ons kan nog tot 4.30nm bestellings neem vir vannaand...

26/07/2024

Too busy to cook? Freshly Prepared Meals, Daily!

At Haplief, we pride ourselves on using only the finest quality products to craft our delicious meals, made fresh every day.

Convenient Pick-up:
Collect your meal in Sandbaai between 5:30 pm and 6:30 pm Monday to Saturday. If you need an alternative arrangement, just let us know!

Enjoy a hassle-free dining experience with us!

26/07/2024

Regte egte boere ‘bazaar’ kerrie en rys op ons spyskaart vandag!

Perfek vir die koue bibber weer! 🌧️☔️❄️

Optel by ons in Sandbaai…

Moenie uit mis nie! Slegs R55…

WhatsApp 066 117 3820

25/07/2024

Nie lus vir kosmaak Vrydag en Saterdag aand nie?

Heerlike boerie rolle, hamburgers en regte Bazaar kerrie en rys!

Optel in Sandbaai! Kos sal gereed wees vanaf 5nm elke dag!

Ook emmertjies bazaar pannekoek deeg!
500ml is slegs R30 en 1l emmertjies R55.

24/07/2024

More aand het ons heerlike herders pastei!

Bestel voor 9vm more oggend!

WhatsApp 066 117 3820

24/07/2024

We're almost fully booked for the day, but we have TWO MEALS LEFT @ R105 each!

Today's Menu:

🍴Air Fryer Pork Chops with Chunky Potato Chips
🍴Corn on the Cob
🍴Pumpkin Fritters

Great food, cooked healthier! A healthier spin on a classic favorite with chunks of potatoes sprayed with olive oil and cooked to a golden crisp, offering deliciously satisfying food without the excess calories.

First come, first served. Send us a WhatsApp message or give us a call to grab one of the last two meals of the day! We still have meals available from tomorrow going forward...

Pick up in Sandbaai.

Want your business to be the top-listed Home Improvement Business in Hermanus?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address

Hermanus
7200

Other Kitchen supplies in Hermanus (show all)
Flair Foods Flair Foods
133 8th Street, Voel Klip
Hermanus, 7200

We are a family run catering service, we focus on taking food to the next level with extra ordinary tastes and spectacular presentation.

Goozi.cucina Goozi.cucina
11 Mitchell Street
Hermanus, 7200

Home Appliances for Discerning and Enthusiastic Cooks. Official Agents for Miele. We also sell Smeg, Bosch, Siemens, Gaggenau, Liebherr etc. Call or visit us for a quote.