Geloof, Hoop & Liefde
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Spreuke 3
MATTHÉÜS 18:20 AFR53
Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
Ons Vader, ons kom kniel voor U met groot dankbare harte. Dankie dat U gebede geantwoord het, U tyd en nie ons tyd nie. Vader dankie dat U voorsien is so baie van ons behoeftes. Dankie dat U alles moontlik gemaak het vir klein Luna-Lamey Hughes
Ons loof en prys U met soveel dankbaarheid. Amen.
https://fb.watch/rV5TIfjidj/
Rustige nag aan almal.
Mag Jesus met elkeen wees. Amen 🙏🏻
Goeie naand
Ons het n fondsinsameling begin vir Luna-Lamey Hughes
Ons het 1000 kussings om te verkoop waarvan die bedrae direk aan Luna-Lamey gaan. Asb ondersteun vir slegs R160-00 koeriers ingesluit. Laat ons harte en hande oop wees asb? Amen 🙌
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Ons Vader, skenk aan ons die geestelike voedsel. Die emosionele energie en die krag om hierdie lewe goed te leef, tot U eer.
Dankie dat U ons leer en lei Vader. Amen
Rustige nag.
Jesus liefde 🙏
Amen! # # #
Amen!
Rustige nag. Mag ons liewe Vader vanaand die engele opdrag gee om oor elkeen te waak.
Jesus liefde
Geloof, Hoop & Liefde
ROMEINE 15
Christus 'n voorbeeld van selfverloëning en hulpbetoon.
1 EN op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.
2 Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.
3 Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.
Liewe Vader, vanaand kom kniel ons voor U met soveel dankbaarheid in ons hart. Vader, dankie vir nog n dag wat U aan ons geleen het en die voorreg wat ons kon hê om iemand van hulp te kon wees vandag. Al was dit hoe gering. Dankie Vader vir U liefde in ons hart. Dankie vir n nag wat ons rustig kan slaap en weet U dra al ons sorge en bewaar ons in die palm van U hand. Amen.🙏
Goeie naand almal, ons vra asb gebede vir Luna-Lamey Hughes
Sy is 3maande en 1 week oud. Sy het dringend n operasie nodig en daar is nie fondse daarvoor nie. Haar skedel druk haar brein vas en die operasie is ronom R200 000-00. Kom ons staan saam in gebed en geloof dat ons Vader sal voorsien en genees.
Ek heg die uitslae aan:
EXAMINATION:
Her skull circumference is 42cm. Scaphocephaly is noted. A ridge is visible and palpable over the sagittal
suture. The anterior fontanel is still open. No clinical signs of raised intracranial pressure are noted.
SPECIAL INVESTIGATIONS:
Her CT brain scan with 3D reconstructions confirm premature closure of the sagittal suture.
OPINION:
She needs excision of the sagittal suture and a cranial decompression and will also need a custom-made helmet post-operatively. Her parents were informed that the outcome of surgery is generally good, especially if it can be done within the first six months after birth.
https://www.facebook.com/profile.php?id=61557681553665
Luna-Lamey Hughes Follow our beautiful, 2 month old baby girl Luna's journey after being diagnosed with scaphocephaly.
Goeie naand julle kosbare mensies. Ek d**k baie van ons voel party dae dat hierdie dag net te veel is. Harte is seer oor dinge wat verkeerd geloop het vir die dag, ander is moedeloos en voel of mens alleen deur alles gaan en asof daar net niemand is wat verstaan wat jy deur gemaak het nie.
Ek kan jou belowe dat jy nie alleen was of is nie, dat ons Vader elke tree saam jou gegee het. Jou trane gesien het en daar was om jou hart te heel en vertroos. Hy sal jou nie op jou eie los nie, jy is te kosbaar en beteken so baie!
Ons Vader, dankie vir nog n dag wat U aan ons gegee het. Dat U ons behoed en bewaar het en U hand van beskerming oor ons almal gehou het. Vader dankie dat U altyd daar is vir elkeen van ons. Dankie dat ons U as vertrooster kan hê en weet dat U liefde ons harte sal heel en ons trane sal afvee. Dankie dat U ons so lief het. Ons het U lief, liewe Vader. Amen
Amen 🙌🙏
Rustige nag vir almal 💕
*Dou vars uit die tuin🌱*
Ons wil altyd ons sin hê
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak
*SPREUKE 3:5-6 AFR53*
Ek weet gewoonlik wat ek wil hê en ek hou daarvan om dit te kry. Ek is presies soos die meeste mense. As ons nie kry wat ons wil hê nie, vlam ons negatiewe gevoelens op.
Ons Christene verwag te dikwels dat die lewe volmaak moet wees, en dat alles vir ons glad moet verloop. Ons verwag sukses, geluk, vreugde, vrede en alle ander dinge. As ons in die wiele gery word, is ons dikmond of kla ons.
Alhoewel God vir ons 'n goeie lewe gun, is daar tye wanneer ons geduldig moet wees en dit verduur om nie ons sin te kry nie. Hierdie teleurstellings toets ons karakter en vlak van geestelike volwassenheid. Hulle wys in werklikheid of ons waarlik gereed is vir bevordering.
Waarom d**k ons ons moet altyd eerste wees? Waarom d**k ons ons het die reg op 'n volmaakte lewe? Miskien d**k ons soms meer van ons self as wat ons moet. 'n Nederige gemoed stel ons in staat om terug te staan en op God te wag om ons vorentoe te bring. God se Woord sê: ons beërwe Sy beloftes deur geloof en geduld. Ons glo God is goed, maar kan ons aanhou om in God te glo en Hom te vertrou wanneer ons voel die lewe is nie regverdig nie?
Die geheim van die Christelike lewe is dat ons onsself volkome aan God oorgee. As ons, ons wil aan God oorgee, maak dit wat gaan gebeur, ons nie kwaad nie. As God ons nie gee wat ons wil hê en waarvoor ons vra nie, is ons geloof sterk genoeg om te sê: "Nie my wil nie, maar U wil."
Laat ons *GEBED* dan wees:
Vader, help my om onderdanig en nederig te bly teenoor U. Ek het dikwels sterk begeertes, en wanneer ek nie my sin kry nie, word ek ontsteld. Vergewe my swakheid. Herinner my dat Jesus nie aan die kruis wou sterf nie, maar dat Hy in totale onderwerping aan U wil geleef het. Ek vra U om, deur Jesus Christus, my te help om in volkome onderwerping te lewe en tevrede te wees met wat U aan my gee. Amen.
*Pastoor Jan Nel*
HOE Sê MENS DANKIE?
Heer, hoe sê mens dankie vir dit wat jy het,
Vir soveel liefde, ‘n huis en ‘n bed?
Heer, ek het nie veel nie, dit weet U klaar,
Maar die bietjie wat ek het is vir my so kosbaar en genoeg.
Liewe Vader, ek tel elke dag my seëninge een vir een,
Want ek weet wat ek het is net vir my geleen.
Soms kan my lewens-storms ook maar woes slaan,
Maar steeds laat U my huisie vas staan!
Heer, U beskerm my en my kinders al ons lewe lank,
En ‘n mens weet nie regtig hoe om U te bedank.
Ek kyk vas in glimlaggies elke dag’ en ek kan dit terug gee,
Want U gee my die krag.
Soms laat die lewe my ook maar opdraande loop,
Maar ek het geleer dat waar daar lewe is, is daar hoop.
Ek het leer swem toe die lewens-branders op hul woeste geslaan het,
En toe ek struikel en afdwaal, was dit U wat verstaan het.
Vader, U het hartseer, pyn en soms ook twyfel oor my pad gebring,
Maar U het ook die melodie in my lewe gebring,
Toe my hart nie meer die lied van die lewe wou sing!
U het my soveel keer uit die dieptes van die lewe kom haal,
Juis wanneer ek d**k alles het my gefaal, en toe het U my totaal verstom
Toe ek heel by die wenpaal aankom!
DAAROM BUIG EK VANAAND MY KNIEë EN Sê:
“DANKIE HEER VIR DIT WAT EK HET”
AMEN!!!🙏🏻
Goeie more,
Mag hierdie nuwe dag geseend wees en hope vreugde en liefde inhou 🙏🏻
Ek bid vir almal n rustige nag.
Jesus liefde 🙏
Vader, ek kan nie genoeg dankie sê...
Dankie dat U my hart ken en my gebede aan hoor. Dankie dat U nie net hoor nie, maar ook antwoord. U help my keer op keer en ek kan altyd op U staat maak. Daar is nooit n oomblik wat U rug op my draai nie. U onvang my met ope arms en dra elke las wat vir my te swaar raak.
Dankie liewe Vader dat ek altyd by U kan hulp soek en by U skuil en veilig voel.
Pappa Vader, meeste van alles wil ek dankie sê dat ek U kind is. Dankie vir soveel liefde. Ek het U lief Pappa Vader, met my hele hart.
Amen 🙏
Dankie Vader,
vir hierdie gawe wat ons van U ontvang het.
Dankie vir U groot genade, dankie vir geloof.
Dankie vir die wete dat U altyd daar is vir elkeen van ons.
Dankie vir soveel liefde.
Amen
Jesus,
My hart is seer dat die marteling en hartseer wat U aan die kruis moes verduur, nodig was om die mensdom te red. U wou nie hê dat ons slawe van vrees, angs of sonde moes wees nie — daarom het U Uself opgeoffer sodat die liefde kon oorwin.
Dis die grootste liefde wat aan die kruis gehang het en alles prys gegee het om ons te red. “Dit is volbring” was 'n oorwinningskreet, want U het alles verslaan wat ons in ballingskap gehou het.
Te danke aan U opoffering kan ek vir altyd 'n hegte verhouding met U ervaar. Dankie Jesus! Wys my hoe om u liefde vandag en elke dag bekend te maak aan almal.
Gebruik my om die wêreld te bereik vir wie U gesterf het sodat ons verlos kan word.
Amen.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Contact the place of worship
Website
Address
9 Gerrit Dekker Street
Potchefstroom, 2531
Discover your Heart, Restore your Masculinity
Parys Avenue 60
Potchefstroom, 2531
Discipleship courses online. Encounter God's presence!Know God and make Him known! ywampotch.com
Govan Mbeki Rylaan 5
Potchefstroom
Kruispunt is die studentebediening van Duet gemeente. Ons glo in "familie-wees" en om saam te groei in verhouding met mekaar en met God. Ons doen die lewe saam, groei saam en maa...
2-12 Wolmarans Str
Potchefstroom, 2531
Enabling every generation to reach their full potential through Jesus Christ.
Wolmarans Street
Potchefstroom, 2531
Sandton Assemblies of God - Potchefstroom, is a bible based, Christ-Centered God fearing church. Located in Potchefstroom City.
6121 Maaroganye Street Ikageng
Potchefstroom, 2531
Full Gospel Church of God is a word based church, where Jesus is Lord.
4593 Moraladi Street, Ikageng
Potchefstroom, 2531
We are a member Assembly in the Assemblies of God - Back to God Church in Southern Africa.
Potchefstroom, 2531
Impact Bible Church place for new birth, growth and healing
4593 Moraladi Street
Potchefstroom, 2531
The vision is to bring people out of the power of darkness and straight into the light of the LORD, to enlighten them about who they are in the Lord Jesus Christ our saviour.
85 Chris Hani Street
Potchefstroom, 2531
Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld.