Die Voortrekkers: Bergenbos

Die Voortrekkers,‘n Jeug Kultuurbeweging. Afrikanerskap,Burgerskap en Christenskap deur Diensbaarheid

Photos from Die Voortrekkers: Bergenbos's post 22/08/2024

Koersvas Voortrekkers Verkenners Voltooi 100km Fietsrit na Bela Bela vir die Cheetah Plaas

Die afgelope langnaweek het die Koersvas Voortrekkers Verkenners 'n besonderse prestasie behaal toe hulle 'n uitdagende 100km fietsrit vanaf hul basis afgelê het tot by Bela Bela. Hierdie ekspedisie was nie net 'n toets van uithouvermoë en samewerking nie, maar ook 'n geleentheid om hul passie vir dierebewaring ten toon te stel.

Die fietsrit was georganiseer met die doel om fondse in te samel vir die Cheetah Plaas, 'n inisiatief wat daarop gemik is om die voortbestaan van die bedreigde jagluiperd in Suid-Afrika te ondersteun. Met groot toewyding en voorbereiding het die Verkenners hulself gestel vir die lang pad na Bela Bela, waar hulle die donasies persoonlik aan die Cheetah Plaas kon oorhandig.

Die jong Voortrekkers, onder leiding van hul ywerige offisiere, het elke kilometer met moed en deursettingsvermoë aangepak. By hul aankoms in Bela Bela is hulle met ope arms verwelkom deur die personeel van die Cheetah Plaas, wat hul waardering uitgespreek het vir die Verkenners se onbaatsugtige bydrae tot die bewaring van hierdie majestueuse diere.

"Ons is ongelooflik trots op ons Verkenners. Hulle het nie net hul fisiese grense getoets nie, maar ook die waarde van diensbaarheid en omgee vir ons omgewing geleef," het Elke Swemmer, AKL Verkennersake, gesê.

Die fondse wat ingesamel is, sal gebruik word om die Cheetah Plaas se lopende projekte te ondersteun, insluitend bewusmaking en navorsing oor jagluiperds. Hierdie inisiatief het nie net die Verkenners se verbintenis tot natuurbewaring versterk nie, maar het ook 'n voorbeeld gestel vir ander om te volg.

Die Koersvas Voortrekkers hoop dat hul inisiatief 'n blywende impak sal hê en ander sal inspireer om aksie te neem vir die bewaring van Suid-Afrika se bedreigde spesie

03/06/2024

Ons wil ons nuwe Gebiedsjeugleiers gelukwens met hul verkiesing vir 2024-2025
Baie sterkte vir jul termyn

Ruben en Anri is altwee van Delta kommando (nie verwand aanmekaar nie)

Hou koers!!!

12/05/2024
15/04/2024

Goeie middag, die tyd het aangebreek. Maar moet nie bekommerd wees nie die Here is by jou. Die Here sê in Josua 1:9 “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan. “ Baie sterkte aan al die kandidate, wees rustig en geniet dit!
Voriegroete
Bernard Nelson
GL Bergenbos en Dagbestuur

Photos from Die Voortrekkers: Bergenbos's post 21/03/2024

Ons wil baie geluk sê aan ons Gebiedsleier Bernard Nelson met sy verlowing aan Juanita Mundell
'n Gelukkige toekoms word jul toegewens

16/03/2024

Aan al ons offisiere en jeuglede wat gaan kamp, geniet dit.
En vir die nuwe lede:
Eenmaal 'n Voortrekker, altyd 'n Voortrekker

29/02/2024

Indien jy voel jy weet soveel as ‘n kat van saffraan oor die Vorie-gemeenskapsprojek 2024, is hierdie jou kans om te sorg dat jy nie die kat aan die stert beet het nie. Hierdie oë staan nie ’n kat se kans vir oorlewing nie, tensy ons moue oprol en woeker. Raak deel van jóú projek en jóú kans om grense te verskuif. Die Bussie vir Fiela-projek het jou nodig!

Volg hierdie skakel en kyk die kat goed uit die boom: https://voortrekkers.co.za/gemeenskapsbetrokkenheid

Photos from Die Voortrekkers: Bergenbos's post 26/02/2024

Ons wil baie geluk sê aan ons 2 nuwe Adjunk Gebiedsleiers wat die afgelope naweek verkies is

AGL PD's Awie Viljoen van Hartbeespoort kommando
AGL Verkennersake Esther Visser van Magaliespoort Kommando

Baie geluk julle en sterkte vir jul termyn

06/02/2024

Onthou van Die Voortrekkers se eie MÔL (Die Voriemôl). Alle benodighede vir span les, aktiwiteite, Voortrekker drag, ens. is beskikbaar aanlyn. Gaan besoek gerus hul aanlyn winkel. Vir die ver kommando's is daar die opsie van "courier". https://voriemol.voortrekkers.co.za/

Gaan "Like" hulle "Facebook "blad vir al die nuutste winskopies. Die Voriemôl

06/02/2024

Die Voortrekkers bestaan uit nege gebiede wat strek oor Suid-Afrika en Namibië. Hierdie week fokus ons op gebied Bergenbos. Volg die skakel om meer uit te vind: https://voortrekkers.co.za/bergenbos/

16/01/2024

Maak gereed vir die nuwe skooljaar. Opwindende tye lê voor - nuwe uitdagings en geleenthede wag!

11/01/2024

Moet dit nie mis nie. Maak n knoop in jou oor.

Omkring díe datum: 20 Januarie 2024.

25/12/2023

Geseënde Kersfees vir almal

16/11/2023

Word deel van 'n groep dinamiese, passievolle mense wat saam 'n verskil maak om die jeug vir die toekoms toe te rus.

Kontak ons by:
[email protected]
[email protected] of
Tel. 012 329 6011 vir meer inligting.

09/11/2023

Word deel van 'n groep dinamiese, passievolle mense wat saam 'n verskil maak om die jeug vir die toekoms toe te rus.

Kontak ons
Bernard 0835553150
Mona 0725622985

03/11/2023

Kontak asseblief
Bernard Nelson (Gebiedsleier) 0835553150
Mona du Plessis (Adjunk G/leier admin) 0725622985

31/10/2023

Baie geluk DELTA Voortrekkers

Vandag vier ons 54 jaar van DELTA !

Dankie aan elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het oor die afgelope 54 jaar.

Op die volgender 54 🎉

29/10/2023

Eenmaal 'n Voortrekker, altyd 'n Voortrekker

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Indien jy voel jy weet soveel as ‘n kat van saffraan oor die Vorie-gemeenskapsprojek 2024, is hierdie jou kans om te sor...

Address

Pretoria
Other Youth Organizations in Pretoria (show all)
MC Experience MC Experience
EMS 2-88, UP
Pretoria

MC Experience is a society at TUKS for students interested in Marketing, Supply Chain and Business Management. We aim to create a link between the students, lecturers and the indus...

Divine Favour Coaching and Mentorship Divine Favour Coaching and Mentorship
5077 Ikati Street, Paradise Institute, Olivenhoutbosch
Pretoria

Skills Development & Coaching and Mentorship

Gibson shoe dry clean Gibson shoe dry clean
BRAAZAVILL
Pretoria, NONE

GIBSON SHOE DRY CLEAN CAN MAKE YOUR WEEKEND EASY WITHOUT WASH YOUR SHOE JUST CONTACT GIBSON SHOE DRY CLEAN THN WE COLLECT YOUR SHOE AND WASH THM THN WE RETURN THEM CLEAN W

Bittereinders Bittereinders
Pretoria

DIE beweging wat onbeskaamd alleenlik vir Afrikaner/Boere belang baklei. Ons sal weer vry wees.

Vision Youth Group Vision Youth Group
1110 Itsoseng
Pretoria

Vision youth group is the cooperative that seeks to help young stars with best and different artistic director,More importantly the word of God.

Buld Your Future Today Buld Your Future Today
12 Thohoyandou
Pretoria, 0190

Education

Mr. & Miss klipgat Youth Ambassador Mr. & Miss klipgat Youth Ambassador
Klipgat Road
Pretoria, 0190

Third Annual Mr. and Miss Klipgat Youth Ambassadors 2024 (MMKYA) COMMUNITY OUTREACH PROGRAMME

Tshwane University Of Technology Association Of Pharmacy Students Tshwane University Of Technology Association Of Pharmacy Students
Pretoria Street
Pretoria, 0184

This is a youth organization of Pharmacy students from the Tshwane University of Technology

Servolution Servolution
Pretoria

#ServingSATogether

BCFM Champions 2012 siligane BCFM Champions 2012 siligane
Mbombela
Pretoria

Love

City Tribe Youth City Tribe Youth
Doornkloof Street
Pretoria, 0181

Youth ministry