Sterreliggieland
Christengesentreerde kleuterskool vir kinders ouderdomme 3 maande tot Gr. R. Nasorg ook beskikbaar. Sosiale en emosionele ontwikkeling is van kardinale belang.
Sterreliggieland is ‘n Christengesentreerde Kleuterskool wat in 1989 gestig is tot eer van God en tot diens van die gemeenskap. Opvoeding en onderwys geskied volgens Christelike waardes en Bybelse beginsels met die Woord as basis en Jesus Christus as hoeksteen. ONS SKOOL IS WKOD-GEREGISTREERD EN VOLG TANS NKAVB (NASIONALE KURRIKULUM EN ASSESERING VERKLARINGS BELEID “CAPS” IN GRAAD R EN VOOR GRAAD
Het julle geweet elkeen van ons klassies is vernoem na ‘n skeppingsdag?
Op die eerste dag het God die lig geskep (Liggieklas), die tweede dag die hemel (Wolkieklas), die derde dag droë grond (Boompieklas), die vierde dag die son, maan en sterre (Sonnetjieklas), die vyfde dag die seediere en voëls (Voëltjieklas) en op die sesde dag die mens en landdiere (Diertjieklas). Op die sewende dag het Hy gerus – en alhoewel ons baie hard werk in die personeelkamer, is “rus” die tema van ons spasie waar die personeel net weer kan kom herlaai.
Gaan lees gerus meer oor ander plekke waar die Woord ook in ons skool verweef is by https://sterreliggie.org.za/
Dames!
Kom woon ons "The Garden Within" geleentheid by op 3 Augustus, 12h00 by Logos Christen Gemeente (Hebronstraat 3, Oak Glen)! Dit is 'n baie spesiale fondsinsameling vir beide Sterreliggieland en Hebron Christenskool.
Kaartjies is slegs R350 per persoon en sluit die kunsklas, al die materiaal en eet- en drinkgoed in.
Koop vandag jou kaartjie by die skakel hier onder (dankie aan Marli van Nails by Marli wat die betalings vir ons hanteer!)
https://pay.yoco.com/TheGardenWithin
Stuur asseblief die bewys van betaling en enige navrae aan Sindy by 084 235 6902
Dames!
Kom woon ons "The Garden Within" geleentheid by op 3 Augustus, 12h00 by Logos Christen Gemeente (Hebronstraat 3, Oak Glen)! Dit is 'n baie spesiale fondsinsameling vir beide Sterreliggieland en Hebron Christenskool.
Ons nooi elkeen in die besonder uit na 'n lieflike middag (12:00-16:00) waar ons gaan spit in die tuin binne ons - ons hart! Hoe lyk jou tuin? Hoeveel water gee jy, watter bemesting gebruik jy? Wat van jou tuinhandskoene en -gereedskap? Blom jou tuin? Groei jou tuin?
Ons gaan saam introspeksie doen en ook elkeen toerus en inspireer om jou hartstuin te versorg en te koester.
Elkeen gaan ook deur middel van kreatiewe uitdrukking 'n kunswerk skep wat jy huis toe kan neem na die tyd! Die kunsklas wat aangebied word, vereis nie enige vorige opleiding of ervaring nie en Nickey Ras van die With Me Art School gaan elkeen begelei om 'n unieke en betekenisvolle kunswerke te skep met pastelle en reuklose terpentyn.
Jackie van Wyk, die motiveringspreker en aanbieder van vrouekonferensies, is ons seremoniemeester en dit gaan een vir die boeke wees!
Kaartjies is slegs R350 per persoon en sluit die kunsklas, al die materiaal en eet- en drinkgoed in.
Koop vandag jou kaartjie by die skakel hier onder (dankie aan Marli van Nails by Marli wat die betalings vir ons hanteer!)https://pay.yoco.com/TheGardenWithin
Stuur asseblief die *bewys van betaling* en enige navrae aan Sindy by 084 235 6902.
Sien 👏🏻 jou 👏🏻 daar 👏🏻!
Van elke maatjie en personeellid by Sterreliggieland wens ons elke man wat 'n pa-rol in ons kinders se lewens vervul 'n geseënde Vadersdag toe!
Pappa, weet dat die mammas en kinders julle meer waardeer en nodig het as wat ons kan sê. Julle is só kosbaar en ons lewens sal nie dieselfde wees sonder julle nie.
Dankie vir alles wat julle doen, vir hoe hard julle werk en vir die voorbeeld wat julle vir ons stel.
Logos Christian Church
Curious Kriek het by Sterreliggieland kom kuier vir Gogga-week! Of ons sterre nou een of ses jaar oud is, elkeen het die ervaring baie geniet! Daar is op 'n tasbare en interaktiewe manier geleer oor insekte, spinnekoppe, skoenlappers en vele meer. Dit was veral so mooi hoe die kinders uit hulle eie gesê het "en ons moenie Liewe Jesus se diertjies seermaak nie!"
Die ouers van Sterreliggieland kan maar weet - ons skool hou nooit op met ontwikkel nie! Een van die maniere hoe ons op hoogte bly van navorsing oor vroeë kinderontwikkeling, is deur hande te vat met die Afrikaanse Onderwysnetwerk. Duisende dankies aan Wilna van Rooyen wat ons al die pad van Johannesburg af besoek het vandag en ons kom seën het met wonderlike hulpbronne. Dit was ook baie lekker om vir haar 'n toer van die skool te kon gee en net weer eens te besef hoe geseënd ons is met ons lieflike fasiliteite!
Het jy geweet dat die personeel by Sterreliggieland drie keer 'n week op die speelgrond bymekaarkom en saam bid vir die skool, die kinders en mekaar? Ons gebruik ook die geleentheid om die Here te dank vir wie Hy is en al die seëninge in ons lewens.
Maar moenie bekommerd wees nie, twee of drie tannies bid darem met hulle oë oop om nog steeds mooi toesig te hou 😉
Baie dankie, ons het baie geleer🤩
Saam staan ons sterker...
Dames! Save the date: 3 Aug 2024 (12h00-16h00) Manne, hier is die perfekte moedersdag geskenk vir julle vrouens @ R350pp. Kaartjie verkope inligting sal binnekort volg.
About Us | Focus Wealth BlueStar | Sanlam Financial Planners Bellville Business Park We work actively with you to achieve financial independence and sustainable wealth. Focus Wealth BlueStar is situated in Bellville, Western Cape, and provides specialized financial planning, insurance, retirement and investment services to individuals and businesses. Our team consists of a number of...
Ons pragtige muuskildery word ingespan vir Bybelstorie-tyd. Die Sterreliggies is so bevoorreg!
Ons oud-sterretjie se liggie skyn helder!
Akteurtjie aan ander aanneemkinders: ‘Jou pappa is nie op die aarde nie, hy is in die hemel’ - LiG Tydskrif “God kán wonderwerke doen.”
Vet-pret Vrydag? Vandag was dit sommer vreemde-vrugte-vet-pret Vrydag!
Dit is so 'n lekker tema!
Ons het gister so baie geleer by Wilna van Rooyen tydens haar 'Toegerus vir lees' praatjie. Ons is opnuut weer opgewonde oor taalontwikkeling en die voorskoolse kind.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
3 Hebron Street
Cape Town
7530
Opening Hours
Monday | 07:00 - 18:00 |
Tuesday | 07:00 - 18:00 |
Wednesday | 07:00 - 18:00 |
Thursday | 07:00 - 18:00 |
Friday | 07:00 - 18:00 |
Meath Street, NG Kerk Bellville-Noord, Church Hall
Cape Town, 7530
❤️We ask no registration fee upon registering ❤️ Ages 4 months - 5 years old ❤️ Small groups
2A Kestel Street
Cape Town, 7800
Little Cherubs Playschool is a loving playschool for little ones from 4 months until Grade R.
Cape Town, 7500
Ubuntu Edu.Is a Montessori inspired.Art facilitating family focused Nursery school.In Panorama Western Cape Town. We Educate Equip and Empower citizens for this world and beyond...
42 Eckstein
Cape Town
We work to achieve only the best education for little ones in a safe and well disciplined environment
Cape Town, 7100
As a daycare center we are able to provide for both parents and children. All our lessons are taught in English and we make sure all our children understand what we teach them.
5 Brocker Way Tokai
Cape Town, 7966
Our schools provide secure, loving environments and learning foundations to nurture and develop your
Brackenfell
Cape Town, 7560
I Started my love affair with succulent about 3 years ago.
22 Champagne Street, Table View
Cape Town, 7441
Let us be your child's home away from home, where they feel safe and loved in a warm environment. Ag
11 Amandel Way, Westridge, Mitchells Plain
Cape Town, 7785
Educare Centre
36 Ouplaas Crescent
Cape Town, 7580
We are a creche situated in 1st Ouplaas. We cater from 3 months - 6 year old kids. Established since 2004 with educated practitioners. We strive to provide the best for the littl...
Cape Town, 7530
I provide a nurturing fun environment for Kids 6months -4y to learn through play. Affordable price