LiMari Louw

LiMari Louw

RSG-aanbieder LiMari Louw se amptelike Facebookblad
Insta @limarirsg

Photos from LiMari Louw's post 19/02/2024

Beach Buggy in Jeffreysbaai te koop. Inbox indien jy belangstel.

16/02/2024

Ek kyk glad nie TV nie. 'n Netflixreeks nou en dan. Julle, en toe katrol Op my Eish met Brendan Peyper my in. Daar is baie inhoudelike en tegniese dinge wat lol met die reeks, maar ek hoop wrintiewaar hy kies een van daai pragtige asters! Die vrek skerp Natasha kon regtig maar gebly het. As jy kyk, wie's jou gunsteling? Brendan, ek kom vir jou as jy nog harte breek!

14/02/2024
11/02/2024

Amore Bekker, my liefste buurvrouvriendin, verjaar vandag. Galiema, jy verryk my lewe elke dag en sonder jou ge-"hiert" hier by my venster, sal my lewe leeg wees. Jy sal altyd die beste omroeper wees wat Afrikaanse radio nog óóit gesien het. Niemand wat al die voorreg gehad het om jou te ontmoet, stap ongeraak daar weg nie. Om 'n paar keer saam met jou te kon uitsaai, sal altyd die hoogtepunt van my loopbaan wees. Ek is lief vir jou, Galiema. Jy is familie. Lekker verjaar! ❤️

Photos from LiMari Louw's post 10/02/2024

Contrary to popular belief, neem Mia Spies nie onder die skuilnaam "Janae" aan Op my Eish! deel nie 😂😂😂😂

06/02/2024

Wat is die eerste ding waarop jy besnoei as jou begroting knap is? Vertel!

Militêre-styl opleiding vir skoolverlaters - Op en Wakker 05/02/2024

Dit was só lekker om te maak!

Militêre-styl opleiding vir skoolverlaters

Militêre-styl opleiding vir skoolverlaters - Op en Wakker Matrikulante en skoolverlaters sit dikwels met hulle hande in hulle hare omdat hulle nie kan besluit wat om ná skool te doen nie. Universiteite kry meer aansoeke as wat hulle kan akkommodeer, en 'n graad beteken ook nie jy is seker van 'n werk nie. LiMari Louw het die pad Laeveld toe gevat en 'n dr...

04/02/2024

Ek het 'n insetsel gemaak vir op RSG. Dit gaan oor opsies wat matrieks het wat nie universiteit toe kan of wil gaan nie. Luister gerus môre om 08:30.

03/02/2024

As jy nie registreer om te stem nie, verbeur jy die reg om te kla oor die land! REGISTREER, asseblief! Hierdie is die belangrikste verkiesing NOG.

www.registertovote.elections.org.za

25/01/2024

Kyk dit!

23/01/2024

Wie de drommel het op die woord "smaakmaker" besluit as vertaling vir "influencer"? Verpes dit. Doodgewone "beïnvloeder" kan mos werk! 🤢🤮

23/01/2024

https://www.facebook.com/share/p/VNXYjxayTfupq9mT/?mibextid=K8Wfd2

WEN SAAM MET RSG EN VIRSEKER! 💰🏆

Staan die kans om jou deel van R50 000 te wen!

Dis maklik:
👉🏽SMS nou die woord VIRSEKER en jou naam en van na 45889 (SMS kos R1.50)
👉🏽Of kliek hier en vul die vorm in: https://shorturl.at/elnK9

📻 Skakel dan in gedurende Op en Wakker en Spitstyd vanaf 22-26 Januarie, en beantwoord ‘n maklike vraag wanneer die aanbieder jou skakel en siedaar, jy kan verseker ‘n kans staan om weg te loop met sakke vol geld – met ‘n kans om R2500 te wen. En as jy reeds ‘n kwotasie gekry het deur Virseker, verdubbel ons jou prys geld!

Bepalings en voorwaardes geld.

Saterdagresep 13 Januarie 2024 - Saterdagresep 13/01/2024

Saterdagresep 13 Januarie 2024 - Saterdagresep Sangeres en liedjieskrywer, Karlien van Jaarsveld, deel haar resep vir Korma-kerrie.

12/01/2024

Karlien van Jaarsveld kuier môre by my! Sien uit!

09/01/2024

Hoeveel maande het Januarie nog? 🧐

06/01/2024

Ek saai verlede Sondag Oujaarsboodskappe uit op RSG. 'n Man laat weet hy en sy vrou sou tot ounag gedans het, was dit nie vir sy Hallelujavoete nie. Iets wat ek toe eers later ontdek, beteken jy kan nie dans nie. Ek kry toe hierdie boodskap, waar 'n ander man so 'n bietjie deurmekaar raak met die tipe voete ... 😅

05/01/2024

Het niemand dan vandag 'n foto van Oscar geneem nie? 🧐

03/01/2024

Speel saam en voltooi. Hierdie jaar wil ek graag ...

01/01/2024

Ek wens al my Facebookvriende 'n fantastiese 2024 toe! Dankie vir julle vriendskap, omgee en ondersteuning! Mag 2024 een vir die boeke wees.

30/12/2023

Hierdie tannie het nou al 'n paar boodskappe na die RSG-ateljee gestuur oor my rol in Vetkoekpaleis. Ek weet nie of ek met Boeboe misgis word nie? 🤣🤣

Liewe.Limari ek is so dankbaar dat ons jou in.Vetkoek.Paleis op die kassie kan sien.Jy is p r a g t i g!!!! Van ouma .Strauss

Uhm ... Vanwaar, Gehasi? 🤣🤣

30/12/2023

Dis net onnosele, oningeligte mense wat klappers skiet. Klaar.

29/12/2023

Bly weg van klappers, groot asseblief 🙏

28/12/2023

Vrek snaaks vir my 😂😂😂😂

27/12/2023

Liewe maats. Wat van ons sê 'n bietjie waarvoor ons dankbaar is? Voltooi gou die sin: Ek is dankbaar vir ...

Want your business to be the top-listed Media Company in Johannesburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Kyk dit!
Karlien van Jaarsveld kuier môre by my! Sien uit!
Ek saai verlede Sondag Oujaarsboodskappe uit op RSG. 'n Man laat weet hy en sy vrou sou tot ounag gedans het, was dit ni...
Vrek snaaks vir my 😂😂😂😂
Kyk! 😂
Check hierdie Afrikaanse plaasboer wat rugby in Setswana uitsaai 😂😂😂😂😂😂😂😂😂😂😂😂😂
Skakel môreoggend om 11:00 in vir die Saterdagresep! Daniëlla van Heerden kom kuier!
Absoluut briljant!
Om dié boodskap te kry van die beste Afrikaanse omroeper wat die land ooit gesien het, is goud."Moet lat niemand die Lig...
😂😂😂😂😂😂
Karkoop in Brakpan 🤣

Address

Johannesburg
Other News & Media Websites in Johannesburg (show all)
ITNewsAfrica.com ITNewsAfrica.com
20 Woodlands Drive
Johannesburg, 2198

ITNewsAfrica.com is Africa’s premier ICT News and Information website.

Moneyweb Moneyweb
No 5, 8th Street
Johannesburg, 2198

Moneyweb is a trusted source for business and investment insights.

Pro-Afrikaanse Aksiegroep Pro-Afrikaanse Aksiegroep
Johannesburg, 2191

Klik links onder om u vriende te nooi om van dié blad te hou! Ons bestaan as taalorganisasie reeds sedert Februarie 2000 & publiseer nuus, menings & boeke.

Xbox360Gamer Xbox360Gamer
Northriding
Johannesburg, 2169

http://www.xbox-360.co.za

Luxlife Luxlife
Johannesburg

Luxlife is a niche lifestyle community. Look out for new services launching soon.

Yasin Arafat Yasin Arafat
Johannesburg

আমরাই শেষ জেনারেশন, যাদের কাছে একজন সত্যিকারের "মা" আছেন যার কোন সোস্যাল মিডিয়া নামক আধুনিকতা নেই!❤️

Mzansimagicofficial Mzansimagicofficial
Johannesburg

south africas greatest soapies

Ceekay Ceekay
Dlamini
Johannesburg, 1233

him

Sports Corner 2.0 Sports Corner 2.0
Johannesburg, 2065

Football Updates

Amini News2 Amini News2
Johannesburg

Amin news area

Tshephang Matsemela Tshephang Matsemela
Johannesburg

Kaizer Chiefs News 24/7 Kaizer Chiefs News 24/7
5/6 Lena Road, Naturena
Johannesburg, 2095