Laerskool C.R. Swart Ondersteunersblad

CR Swart, waar ons harte warm klop vir kinders! Laerskool C.R. Swart is meer as net In paar klaskamers en ʼn speelgrond... C.R.

Swart is die plek waar toegewyde, gemotiveerde personeel drome in die harte van ons kinders plant, en hul die vaardighede leer om dit te verwesenlik. Hier klop ons harte warm vir kinders, en maak ons seker dat elke kind beter as die beste kry!

17/09/2024

Hierdie CR'tjies is letterlik en figuurlik swaargewigte wat ook by die skool hulle volle gewig ingooi. Die Mpumalanga-span gaan uitblink by die SA-kampioenskappe danksy julle - ons hoop die ander provinsies weet waarteen hulle te staan kom!

Photos from Laerskool C.R. Swart Ondersteunersblad's post 17/09/2024
17/09/2024

Die Onderwysdepartement het 'n oorspronklike inisiatief geloods - Mental Maths - om die wiskundevaardighede van alle leerders van graad 1 - 9 in die distrik te verbeter. Die twee beste leerders in elke graad word gekies. Gister was dit die Graad 1-3's se b***t om deel te neem en vanmiddag die Graad 4 - 7's. Dis van 'n hoë standaard waar al die aspekte van hulle Wiskunde kennis getoets word.
Baie Geluk aan Stefan du Toit en Janu vd Berg in Graad 1, Nico Nel en Eric Bruce in Graad 2 en Irené Verster en Lihan van Rheede van Oudtshoorn in Graad 3 wat strawwe mededingers was. Ons is so trots op julle!

Photos from Laerskool C.R. Swart Ondersteunersblad's post 16/09/2024

'n Uitstekende advertensiegeleentheid in ons splinternuwe digitale formaat Penveer!

16/09/2024
Photos from Laerskool C.R. Swart Ondersteunersblad's post 13/09/2024

Graad 3's met verskuilde talente - Marryzaan van Schalkwyk het vandag vir haar juffrou die voorskoot kom wys wat sy self met haar eie twee hande gemaak het! Dis so lekker om te sien hoe ons kinders 'n geleentheid kry om te kan doen wat hulle geniet. Ons wonder of sy al bestellings neem?

12/09/2024

Verlede naweek het die 0/12 en 0/13-hokkieseuns aan die Mpumalanga-finaal deelgeneem en hierdie naweek is dit dogters se b***t ... ons is baie trots om vier spanne op daardie vlak te sien meeding. Vandag het mnr Gerhard dit weer vir hulle op die hart gedruk - jy speel nie net om op die telbord te wen nie, jy speel om beter as die vorige keer en jou beste self te wees - dan het jy gewen! Ons is dankbaar vir geleenthede vir ons kinders om ons droom vir al ons CR'tjies "Ons bou aan die beter as die beste JY" uit te leef!

Photos from Laerskool C.R. Swart Ondersteunersblad's post 11/09/2024

Ons het reeds die geheim agter die pragtige Namakwaland-bedding uitgelap - dat Solomon soos 'n baba daarna omsien. Nou is dit tyd om die saadjies te oes vir volgende jaar ... en Solly het geskoolde arbeid ingeroep vir dié belangrike werk. Dis te dierbaar om te sien hoe mooi hy verduidelik wat moet gebeur en 'n wakende ogie hou. Ons kinders leer soveel meer as net tel, ons leer hulle ook wát tel!

10/09/2024

Onthou om vir School-Days te registreer en gebruik jou Dischemkaart ... dis 'n wen-wen situasie!

Photos from Laerskool C.R. Swart Ondersteunersblad's post 09/09/2024

Ons leiers vir 2025 is vanmiddag aangewys - mnr Heine het so mooi verduidelik - al die graad 6'e saam is die leierkorps. Hierdie 36 is net dié aan wie daar meer verantwoordelikhede en verpligtinge toevertrou word. Ons is baie opgewonde om verder saam met julle te bou ...

09/09/2024

Grootste dankie vir Melani Allers wat die fort so knap gehou het! En al die poetsoproepe met lankmoedigheid en 'n glimlag hanteer het ... vra haar gerus uit daaroor!

05/09/2024

Baie sterkte aan hierdie CR-langasems met die sterk bene en deursettingsvermoë wat Saterdag in Vanderbijlpark gaan doen waarvan hulle so baie hou én waarmee hulle so goed is. Gaan geniet die geleentheid ... dis waarom julle daar is!

05/09/2024

Baie sterkte aan ons grootmanne wat Vrydag en Saterdag aan die Mpumalanga-uitspele deelneem. Mnr Gerhard se boodskap vanoggend vir hulle was 'n universele waarheid: "Ons speel om te wen, as jy jou spanmaats waardeer en jy het die spel geniet, dan hét ons almal gewen! "

05/09/2024

Indien jy nou besef jy wil ook ... daar is nog 'n kans om ook 'n Olimpiese atleet te wees!

Want your school to be the top-listed School/college in Middelburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Junior Lansdiens: Hoe beter hoe botter! Ons CR'tjies het omtrent geskud en geskommel om by die romerige resultaat te kom...
Wie het nou ooit gedink 'n plaasdier kan so oulik lyk én so lekker proe! Die Graad R'e leer op die lekkerste manier moon...
En die kunstefees sluit op 'n hoogtepunt af met ons Seniorkoor en Kanaries se optrede ...
Die kultuurtalent van Middelburg het ons bederf en die beoordelaars beïndruk tydens die Artistatue-kunstefees wat by ons...
Siyabona CR! Kyk net hoe slim(mer) leer juffrou Eunice ons graad 1's ... oefen gerus by die huis ook!
Opwindende kultuuraktiwiteite volgende week net hier by CR! Artistatue kunstefees vind Maandag en Dinsdag  in ons eie sk...
Watter een is jy? Kom geniet 'n heerlike aand saam met daardie vriendin!
Ons CR-naskool roem daarop dat dit daar selfs beter is as om ná skool huis toe te gaan - en hier is die bewys dat dit se...

Address


28 Zuid Straat
Middelburg
1055

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 13:30
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 13:30
Friday 07:00 - 13:00
Other Elementary Schools in Middelburg (show all)
IK Makuse Early Learning Centre IK Makuse Early Learning Centre
6661 Mthunzini
Middelburg, 1050

IK Makuse Early Learning Centre was founded In 1997 in the community of extension 4 in Mhluzi, Middelburg, Mpumalanga Province.

Karel Theron Primêre Skool/Primary School Karel Theron Primêre Skool/Primary School
Victoria Street
Middelburg, 5900

Kennis - Karakter

Makhathini Primary School Makhathini Primary School
2081 Reabota Street
Middelburg, 1053

Makhathini Primary School is the first ever English- Afrikaans school in Mhluzi, Middelburg. We accommodate Grade RR to Grade 7 learners. United we stand

Maxmind Private School - Primary Maxmind Private School - Primary
51A Wicht Street
Middelburg, 1050

We are a CAPS-based private primary school situated in Middelburg Mpumalanga. We cater Gr. R to Gr.7

Batlagae Primary School Batlagae Primary School
442 Church Street, Doornkop
Middelburg, 1050

Primary School situated in Doornkop, Middelburg.Steve Tshwete 3 Circuit. 42 Educators with enrolment of over 1500 learners [email protected]

Middelburg Primary Middelburg Primary
Olifant Street
Middelburg, 1050

Laerskool Uitkyk Laerskool Uitkyk
C49 Stoffberg Road Via R555
Middelburg

Laerskool Uitkyk - Altyd vorentoe!