NG Agter-Paarl
Nearby places of worship
8822
Keurtjie Street
Geloofsgemeenskap by Windmeul, Agter-Paarl
Boeresport en waterkaskenades!! Ons jeuggroepe sluit af met 'n bang. Dankie vir Karen en Carl Nel vir al die moeite.
Sondag se preek is die samevatting van ons 4 weke lange kursus en kyk na wat ons as Christene se "power pose" is.
Ontsluit jou potensiaal 4 - Sing en vier fees 'n Aanbiddende lewenshouding help ons om staande te bly te wanneer die lewe ons rondgooi.
Drome ...
Soms word daar ‘n droom in ‘n mens se hart gebore en jy weet hierdie droom kom van God af. En in daardie oomblik in God se teenwoordigheid maak hierdie droom 100 persent sin! Jy weet dis die perfekte ding vir die perfekte tyd. Jy weet jy het alles in jou wat jy nodig het om hierdie droom te laat gebeur. Jy weet jy kan vertrou, want God is by jou.
Maar dan, wanneer die dag al ‘n bietjie ouer is, kyk ‘n mens soms na hierdie drome en jy wonder skielik wat jou besiel het.
Die afgelope maand se gemeentekursus was so ‘n droom by my. Daar was geen twyfel by my dat dit die regte ding is nie, maar tussen hooikoors en kolganse wat skree het ek soms ook begin wonder wat my besiel het.
Daar is so ‘n diep behoefte by ons om in beheer te wees. Want die alternatief is ‘n plek waar ‘n mens soms weerloos voel. Maar. Die afgelope paar weke het ek geleer om te laat gaan en te vertrou. Ek wou, soos die Israeliete in die woestyn, genoeg manna gaan optel vir die week, maar keer op keer het die Here my gewys dat daar genoeg manna sal wees. Vir vandag. En dan vir môre. En dan vir die dag daarna. En soos die proses aangegaan het, het daar ‘n diep rustigheid by my gekom. Ek kon ontspan. Ek kon vertrou. Daar sal genoeg inspirasie wees. Daar sal genoeg tyd wees. En God sou sy doel bereik maak nie saak wat nie. Elke keer wat ek onrustig gevoel het, het iemand vir my ‘n boodskap gestuur om te vertel wat God vir hulle gedoen het. Ek kon eenvoudig terugsit en kyk wat God doen.
Soos die dae verbygegaan het, het stories ingestroom van mense se ongelooflike ervarings in die teenwoordigheid van God. Kosbare oomblikke van vashou. Nuwe deurbrake en nuwe helderheid. Meer vrede en die vermoë om in die oomblik te wees. Jeanne Moolman het vertel hoe sy by die minder gegoede skool waar sy skoolhou eendag sommer van die asemhalingsoefeninge met die kinders in haar klasse gedoen het. En toe sy opkyk, het daar hierdie groot seun gesit. Sy oë toe, sy hande in die lug, vrede op sy gesig.
Dankie vir elkeen van julle wat deelgeneem het en die keuse gemaak het vir meer tyd saam met God. Dankie vir elkeen van julle wat vir ons gebid het. Dankie vir elkeen wat omgee vir hierdie gemeente. Dankie vir elkeen van julle wat julle tyd gee en julle liefde gee. Ons vier julle en ons vier ons gemeenskap. En ons vier wat God doen hier tussen ons.
Groete!
Marina
Leef geïnspireerd
Daar is min dinge so irriterend soos ʼn vuur wat sukkel. In die kaggel of in ʼn braaidrom, as ʼn vuur nie aan die gang wil kom nie, is dit ʼn gemors. Dis soos Langenhoven geskryf het, dis die smorende vuur wat swaarkry/en tog nie die kos kan gaarkry.
Gelukkig weet ons die maklikste manier om ʼn vuur aan die gang te kry is om daarop te blaas (bygesê, dis nie sommer net van blaas nie, daar is darem tegniek betrokke, sal die vuurmakers betoog). As jy ʼn vuur aanblaas bring dit meer suurstof, die as waai weg, die vuur brand warmer en gou-gou het jy ʼn vrolike vlam wat klap en kraak...en die swaarkry met lekkerkry klaarkry.
As ons d**k aan die maniere hoe ons die geleenthede en uitdagings in ons lewens moet aanpak en ons moet kies tussen ʼn smorende of ʼn vrolike vuur is dit maklik. Wie sal nie hoop vir vrolike vlamme nie! Ons wil mos dit wat ons aanpak kan uitvoer met vreugde en genoegdoening. Dis belangrik om geïnspireerd te lewe.
Die woord inspireer kom van die Latynse woord inspirare – “om in te blaas”. Soos ʼn vuur wat aan die gang geblaas word, so werk inspirasie ook in ons lewens om ons aan die gang te kry. As kinders van God glo ons dat God se Gees in ons en deur ons werk – dis God se asem wat in ons blaas en ons inspireer om te leef op maniere wat wys waar ons energie vandaan kom. Mag ons inspirasie vind by God, wat ons lewens volmaak met vrolike vlamme.
Om ons potensiaal te ontsluit het ons nodig om ligter te reis - Marina gesels uit Filippense 3 oor hoe dit help om soms reg te pak en weg te gooi. https://youtu.be/0nH8CGDrwac?si=rk7CwA9BEeg0EGAe
Kom geniet 'n gesellige buitelug konsert saam met Steve Hofmeyr by die Nelson Wynlandgoed op Vrydag, 25 Oktober 2024!
Bring kampstoele en piekniekkomberse en span uit onder die bome met 'n glas wyn terwyl jy saggies saam met Steve sing, al is dit net in jou hart.
Keurige kosstalletjies en 'n uitsoek wynlys sal jou help om in die regte stemming te kom vir 'n onvergeetlike aand.
Helder jou aand op met 'n lieflike piekniekboks vir twee mense. Vermy die kosrye, sit rustig en geniet 'n peuselhappie saam met 'n glas wyn terwyl die musiek jou ore streel.
Die piekniekboks bestaan uit:
• Geroosterde groente
• Koeskoes en Feta Slaai
• Verskeidenheid Koue Vleise (Ham, Salami, Mini Kaas Worsies)
• Brie en Cheddar Kaas
• Mini Baguette
• Druiwe en Aarbeie
• Sjokolade Brownies en Koeksisters
Koop jou kaartjies hier:
https://www.quicket.co.za/events/254996-steve-hofmeyr-nelsons-creek/ #/
Hier is 'n opname van gister se erediens. Onthou as jy graag deel wil wees van ons kursus, volg die link en word deel van die WhatsApp groep.
https://chat.whatsapp.com/Je4gxygb3aV5Gu6tEvifOE
Onsluit jou potensiaal 1 - Verbind Ons almal het behoefte om meer te wees en meer te word. Marina gesels oor die beginplek waarvandaan ons potensiaal kan ontsluit - ons verbintenis aan God
So naby, en tog so ver
Stef Bos sing in die lied Onbereikbaar oor die toneel in Deuteronomium waar Moses op die rand van die beloofde land staan en nie kan ingaan nie: En nu sta ik hier/op een grens in de tijd/dit is het eindpunt/de reis is voorbij/en daar aan de overkant/ligt het beloofde land/en het is onbereikbaar/het is onbereikbaar/dichtbij. Dis ʼn mooi manier om te sê so naby, en tog so ver.
Ons ervaring is soms dat die plekke van melk en heuning in ons lewens so naby voel, maar tog onbereikbaar bly. Ons kan nie die laaste bruggie oorsteek nie, ons kan nie uitkom waar ons wil wees nie. Ten spyte van alles wat ons weet en glo en probeer bly die beloofde land buite bereik. Ons is nie altyd seker wat ons verkeerd doen, en of dit soos vir Moses, net nie vir ons op die kaarte is nie.
Vir die volgende vier weke gaan ons oor hierdie tema nad**k en saamgesels en saamleer oor wat ons kan doen. Paulus gebruik in Filippense 2 die beeld van ʼn atleet wat voortdurend oefen om beter in en deur Christus te leef. Dalk kan ons bevestig dat ons nie net ʼn mooi uitsig van die beloofde land soek nie, ons wil darem die grond onder ons voete ook voel. Kom reis gerus saam met ons hierdie maand.
Het jy ‘n behoefte om deur te breek na méér in jou lewe?
Ons gemeentereeks begin 6 Oktober en ons gaan vir 4 weke saam reis. In hierdie tyd gaan jy fokus op ‘n spesifieke area in jou lewe waar jy meer wil ontsluit.
Hier is ‘n klompie stopplekke op ons reis waar jy weer ontdek jy is …
Week 1 Verbind
Herontdek die lewegewende stroom van God se teenwoordigheid binne in jou! En droom vanuit hierdie verbintenis oor die pad vorentoe.
Week 2 Ligter en vryer
Wat is die goed wat jou minder maak en terughou? En hoe breek ons deur daardie benoude grense?
Week 3 Geïnspireer!
Nou gaan ons oor tot aksie! Aksie gebore uit konneksie. Ons kyk ook hoe jy deurlopend goeie gewoontes in plek kan sit en organies kan groei na meer!
Week 4 Dankbaar
Ons vier ons deurbrake met ‘n fees van dankbaarheid!
Hoe word ek deel?
* Woon Sondae die erediens by!
* Vir die loop van die reeks, gaan daar op Sondagaande ‘n 30 minute begeleide stilwordsessie wees 18:00 by die kerk.
* Word deel van die whatsapp groep. Op hierdie groep gaan jy daaglikse 'n begeleide stilword opname ontvang. Volg die link om deel te word van die groep.
https://chat.whatsapp.com/Je4gxygb3aV5Gu6tEvifOE
60 jaar: ʼn goeie verjaardagpartytjie
Wat ʼn fees! Verlede naweek was dit goeie tye hier in die Agter-Paarl. Saterdag is daar woes gekuier en gewerk en geëet. Ons is saam dankbaar vir die klomp mense van regoor die kontrei wat die basaar saam met ons kom vier het. Ons waardeer al die werk en voorbereidings wat die dag mooi laat loop het. Sondag met ons feesdiens het ons weer saam geëet toe ons met die Nagmaal voor die Here kon dankie sê vir 60 jaar se sorg. Die basaar en die feesdiens vertel ʼn storie van wie ons as gemeente wil wees – mense wat God se goedheid met dankbaarheid vier saam met mekaar. ʼn Goeie 60ste verjaardag, wat meer wil mens hê?
Dankie vir 'n wonderlike Plaasbasaar! 🥳
Groente stalletjie is reg vir aksie!
Om te basaar
Die woord “basaar” kom al ʼn ver pad – ʼn ou Persiese woord wat rofweg vertaal kan word as “plek van pryse”. As jy terugstap deur die eeue sal jy in Turkye en Saoedi-Arabië en Iran se strate en pleine die geure en kleure en geraas van basaars optel - kardemom, borrie en saffraan, die geroesemoes van baie stemme wat oor pryse hekel en ʼn oorweldigende gevoel van georganiseerde chaos.
Hier by ons roep basaars ander geure en gevoelens op. Ons ken basaars as goeters wat jy by kerke en skole kry en wat ruik na pannekoek en poeding. As kinders onthou ons goeie uitstappies na die tombola en die slegte gevoel dat jy te veel geëet het. Ons vereenselwig dit met lekker kos en lekker kuiers. Dikwels is daar ook ondertone van georganiseerde chaos.
Hier in die Agter-Paarl is dit more weer tyd vir ons plaasbasaar. Ons hart is dat die basaar nie in die eerste plek ʼn “plek van pryse” sal wees nie. In more se bymekaarkom en saamwerk en saamkuier hoop ons dat die geure van gemeensaamheid en dankbaarheid die lug sal vul. Ons wil as ʼn gemeenskap bevestig dat God vir ons goed is en dat ons dankbaar is vir 60 jaar se saamloop. Ons hoop ons sien jou more by die basaar. Weet dat jy genooi is. Weet dat jy welkom is. Weet dat jy ʼn goeie stukkie georganiseerde chaos gaan beleef.
Ons tel af - net EEN dag tot ons Plaasbasaar hou!
Kom geniet saam met ons heerlike kos, feestelike pret en wonderlike gemeenskapsgees terwyl ons, ons kerk se 60ste verjaardag vier!
Ons nooi jul ook uit na ons Feesdiens, Sondag om 09:30.
Sien jou more! 🙌❤️
🌾🌟 Plaasbasaar Tyd Is Hier! 🌟🌾
Opgewonde vir 'n dag vol pret?
Kom kuier saam hierdie Saterdag om 09:00 - 14:00 by ons kerkterrein.
Al die besonderhede wat jy nodig het - aktiwiteite en tye is op die prentjie.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Category
Contact the place of worship
Telephone
Website
Address
Noord Agter Paarl Road
Paarl
7630
35 New Orleans Avenue
Paarl, 7646
We are The Gathering Church.
4 Eliza Street, Dalvale
Paarl, 7646
Mattheus 16:18 "En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie." 👏 🙌 👏 Kerk gestig deur Wy...
Paarl, 7626
Brotherly love is about loving one another giving support to our fellow Christian brothers as our Lord instructed us
Lupine Street
Paarl, 7646
Charis Worship Centre, to Build a Great church, with great people living great lives for a great cause - the cause of Jesus Christ. A people imparted, empowered to impact the natio...
Paarl, 7646
Maria's sluit in vrouens van die Vallei, wie soekend is na God! Gratis - in Vader se teenwoordigheid!
163 Main Road
Paarl, 7646
Historic church building completed in 1805 - the oldest in South Africa still used for church services on a weekly basis. It has a thatch roof & no spire.
15 Hartford Street
Paarl, 7646
LOVE GOD - LOVE PEOPLE - LIVE LIFE - ADVANCE HIS KINGDOM