Phuket Toere
Toere na Phuket
Ja ons Phukettoer vir 2024 kom nou vinnig nader en ons kan nie meer wag om ons voete in dié blou see by Kata te sit nie!
So jammer ons is vol bespreek vir ons toer hierdie jaar. Kontak ons weer vir 2025.
Kom toer saam met ons, daar is nog net 'n paar plekke beskikbaar...
Hier is ons toer vir 2024!!
Almal is welkom om saam met ons te toer!
Ons slaap 2 aande aan die einde van ons toer in die heel oudste hotel in Phuket, die "Memory at the On On" in die ou stad.
Hierdie hotel is ongetwyfeld die mees outentieke en bekendste erfenishotel in Phuket.
Die hotel is in 1927 gebou en is in 2000 gekies om in die fliek “The Beach” saam met Leonardo Di Caprio te wees.
Die hotel is ‘n paar jaar gelede geheel en al opgeknap tot sy ware glorie vandag, wat ‘n versteekte juweel in die ou stad is.
Die ou stad van Phuket is bekend vir sy helder geverfde, eeue oue Sino-Portugese huise en winkels.
As jy hier rondloop voel dit of jy in ‘n totaal ander land is.
Elke Sondag is hier ‘n straatmark in die bekende Thalangstraat.
Ons slaap 2 nagte hier oor in een van die heel oudste hotelle in Phuket.
Rawai is een van my persoonlike gunsteling plekke in Phuket en ons hotel is baie naby.
Hier bly die "sea gypsies" wat hulle bestaan hoofsaaklik uit die see maak.
Daar is net 'n anderste "vibe" wat jy nêrens anders in Phuket kry nie.
Ons gaan gereeld Patong toe waar ons die Banzaan mark besoek, wat vars produkte verkoop, ons doen inkopies in Jungceylon ('n baie groot mall) en die OTOP mark en gaan verkyk ons na al die bedrywighede by die bekende Bangla Road.
Ons ry elke keer met 'n tuk tuk Patong toe.
Ons hotel is in Kata wat aan die suidelike deel van Phuket is.
Ons deel graag hoogtepunte van Kata met julle...
Ons vertrek vanaf Chalong hawe met 'n katamaran om te gaan kyk hoe sak die son oor Promthep Cape en omgewing.
Ongelukkig begin dit te reën, die son verdwyn, wolke kom uit, maar wat 'n ongelooflike ervaring!!!
Baie goeie gidse op die boot, kos en wyn heerlik en die Suid-Afrikaners neem die boot oor met baie lag, pret, dans, sing en musiek!!
Kaptein span die seile!!!!
Ons gaan op baie eiland-uitstappies, en elke keer bly dit net die lekkerste ervarings!
Ons doen vroeg tydens ons toer 'n "stadstoer" waar ons verskillende plekke besoek en al die bekende "landmerke" van Phuket aan ons toerlede bekend stel.
Ons laaste toer vir 2023 is verby, almal is uitgerus, geniet hulle aankopies en deel graag hulle herinneringe en reiservarings met vriende en familie.
Hier is 'n paar “hoogtepunte” van weereens 'n fantastiese toer saam met baie oulike en dierbare toervriende.
Dag 11: Ons gaan bekyk Phuket vanaf die "Ranghill viewpoint" en gaan maak ook 'n draai by die tempel daar naby.
Ons loop in die ou stad rond en doen vir oulaas inkopies voordat ons terug vlieg S.A. toe.
Dag 10: Ons groet Kata en die see en vertrek na die ou stad van Phuket.
Ons bly in die On On hotel en gaan na die "Sunday walking market" in Thalang straat.
Die aand gaan kyk ons die Simon carbaret vertoning.
Dag 10: Vanoggend is almal bietjie rustiger...
Party gaan Patong toe vir inkopies, ander swem vir oulaas in Kata se see of gaan vir masserings.
Die middag vaar ons met 'n katamarang uit om die son te sien sak oor Promthep Cape.
Ongelukkig begin dit te reën, maar ons het nou nie die son gesien nie, maar nogtans 'n fantastiese tyd op die boot gehad!!
Dag 9: Ons gaan bewonder die uitsig vanaf "Promthep Cape viewpoint". Daarna vaar ons met 'n langstert boot na Bon eiland naby Rawai toe en die hele eiland behoort net aan ons!
Ons gaan maak ook 'n draai in Bangla Road in Patong.
Dag 8: Ons besoek Racha en Coral eilande en swem in die helder blou seewater.
Marlene gaan met 'n valskerm op en ons ander kyk met nuwe oë na haar!
Ons gaan kyk hoe sak die son by Tann Terrace en geniet die vuurwervertoning om 7 uur.
Daarna gaan eet ons by die Kiri restaurant.
Dag 7: James Bond eilande bly 'n fantastiese ervaring!!
Ons gaan kyk hoe sak die son vanaf die "After Beach bar" en sluit ons dag af met weereens 'n "uit-die-boeke" aandete by die hotel met iemand wat ons vermaak met sy sang.
Dag 6: Fantasea
Dag 6: Ons besoek die Big Buddha, Wat Chalong en gaan eet iets by Rawai.
Die aand gaan kyk ons die Fantasea - wat 'n skouspel!
Dag 5: Dit reën lekker in Phuket en ons doen inkopies, loop in die strate rond, gaan vir masserings en eet die aand 'n fantastiese ete by die hotel en geniet mekaar se geselsskap!
Lekker Gerry!!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
Potchefstroom
2531
76 Chris Hani
Potchefstroom, 2531
Reël van avontuur en vermaaklikheids pakkette vir volwassenes in en om Potchefstroom.