Gereformeerde Skool Dirk Postma, Pretoria Videos

Videos by Gereformeerde Skool Dirk Postma in Pretoria. Die Gereformeerde Skool Dirk Postma is 'n Gereformeerde Afrikaansmedium ouer-skool . Die skool bestaan vir lidmate van die Gereformeerde en Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Toelating tot die skool word op meriete oorweeg.

By die Gereformeerde Skool Dirk Postma Kleuterskool bied ons ’n veilige, liefdevolle omgewing vir jou kind om te groei en leer. Met ons ervare onderwysers en Christelike waardes, verseker ons dat elke kleuter die beste fondament in hul opvoeding kan bied. Skryf nou in en maak seker jou kind is gereed vir 2025!

Doen hier aansoek: https://vist.ly/3mkmu6u

Other Gereformeerde Skool Dirk Postma videos

By die Gereformeerde Skool Dirk Postma Kleuterskool bied ons ’n veilige, liefdevolle omgewing vir jou kind om te groei en leer. Met ons ervare onderwysers en Christelike waardes, verseker ons dat elke kleuter die beste fondament in hul opvoeding kan bied. Skryf nou in en maak seker jou kind is gereed vir 2025! Doen hier aansoek: https://vist.ly/3mkmu6u

Die matrikulante het op Vrydag, 11 Oktober, hul matriekdiens en klokseremonie gehad en vir oulaas die skoolkreet gedoen. Ons wens hulle alle sterkte toe vir die eindeksamen wat binnekort begin. #GSDP #Matrieks #Kreet #klokseremonie

Ons open die Lentepiekniek met Skriflesing en die sing van Psalm 146.

By die Laerskool fokus ons hierdie week op lees. Vir leesweek het ons vir ds Luhan Linde genooi om vir die graad 1 - 3 kinders voor te lees. Hulle (en ons juffies) het dit vreeslik geniet. #Dirkies #leesweek #laerskool

Dit is heerlike lente! Ons laerskool maats is dankbaar oor die nuwe seisoen en het vir die bejaardes van Weltevreden en Huis Vergenoeg, Psalms gaan sing.

| TAALDAG | GSDP het gister taaldag gevier. Hier lees die graad 1’s die Bybel en Psalmboek in ons eie moedertaal, Afrikaans. Lees maak jou wêreld oop. Taal maak jou mond oop. #Graad1 #Taaldag #Afrikaans #Dirkies

| TAALDAG | Die kleuters het ook 'n liedjie vir taaldag gesing! #Afrikaans #Dirkies

| Taaldag | Ons leer van idiome in graad 2!

| Taaldag | Vir Taaldag lees die graad 3’s in Engels.

| KOOR | Vanoggend tydens 'n spesiale diens om Hemelvaart te gedenk, het ons skoolkoor Psalm 47, onder leiding van juffrou Mariette Hordijk en begeleiding van Mev Lynette Boerrigter gesing. Mnr Henk Jonkers het die orrelbegeleiding behartig. #Hemelvaart #Hemelvaartsdag #GSDP

Laai gerus die skool se Google kalender af en maak so seker dat jy op datum met belangrike gebeurtenisse bly! Doen dit hier: https://www.gsdp.co.za/kalender/