Gereformeerde Skool Dirk Postma

Die Gereformeerde Skool Dirk Postma is 'n Gereformeerde Afrikaansmedium ouer-skool . Toelating tot die skool word op meriete oorweeg. WEES STERK EN VOL MOED

Die skool bestaan vir lidmate van die Gereformeerde en Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

30/08/2024

š•š€šŠš€š“š”š‘š„: Wiskunde HoĆ«rskool

Stuur aansoeke na [email protected] voor of op 20 September 2024.

30/08/2024

Wil jy 'n vriend of lid van GSDP word?

Besoek die volgende skakel vir meer inligting oor hoe om aan te sluit: https://vist.ly/3hr6c

30/08/2024

š•š€šŠš€š“š”š‘š„: Engelse-pos

Stuur aansoeke na [email protected] voor of op 20 September 2024.

Photos from Gereformeerde Skool Dirk Postma's post 29/08/2024

GSDP woon NAISA (National Alliance of Independent Schools Association) streekskonferensie in Midrand saam met ander ICO skole by.

Onderwerpe handel oor die beskerming van die regte en voorregte van onafhanklike skole asook sake wat kleuterskole raak.

29/08/2024

VERSVRYDAG

MATTHƉƜS 18:20

Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

27/08/2024

Die Gereformeerde Skool Dirk Postma se grondslag is die Heilige Skrif, soos bely in die Drie Formuliere van Eenheid.

Vanuit hierdie grondslag glo GSDP dat Christus se lig in en uit alle vakke en alle aktiwiteite van die skool skyn.

26/08/2024

DAGBESTUUR 2025

Baie geluk aan die dagbestuur van 2025. Mag die Here julle seƫn met die nodige wysheid vir hierdie mooi taak.

Voorsitter: Heinrich Goodey
Ondervoorsitter: Marinda Boersema
Bestuurslid: Grethe Visser
Bestuurslid: Henri van Alten
Bestuurslid: Theophillus Mnisi

#2025

Photos from Gereformeerde Skool Dirk Postma's post 26/08/2024

| GHOLF |

GSDP se hoƫrskoolleerders het vandag weer op Mooipoort toegesak vir 'n sosiale gholfdag. Dit was baie pret!

Photos from Gereformeerde Skool Dirk Postma's post 26/08/2024

| JUKSKEI |

GSDP het Saterdag aan die Skole-Jukskeiliga deelgeneem. Daar is ongeveer 104 spanne wat aan hierdie liga deelneem. Ons spanne doen goed en geniet dit baie.

Photos from Gereformeerde Skool Dirk Postma's post 24/08/2024

Saterdae is opruimdag by die huis. Onthou om items wat jy nie meer benodig nie vir die Dirkieland-kleuterskool te skenk.

23/08/2024

| KASKARDAG |

Die hoƫrskool het verlede week 'n heerlike pretweek gehad wat uiteindelik uitgeloop het op 'n baie geslaagde kaskarwedren. Hier is sommer baie spangees gebou van graad 7 tot by die sportiewe onderwysers.

23/08/2024

VERSVRYDAG

PSALMS 34: 8

Die Engel van die Here trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

22/08/2024

| SAGTEBAL |

Die Sagtebal-span het Affies se C-span vanmiddag 9 - 4 geklop.

Veels geluk, meisies! Julle het jul harte uitgespeel en jul goed van jul taak gekwyt.

Ingenieurstudent wil monument in Lego-stel verewig | Maroela Media 21/08/2024

Cornel Meyer 'n ingenieurstudent, het 'n baie oulike lego replika van die Voortrekkermonument ontwerp. Cornel is tannie Rinske Meyer, die juffrou by GSDP se nasorgsentrum, se seun. As Cornel 10 000 ondersteuners vir sy ontwerp gekry het, sal Lego die moontlikheid ondersoek dat dit 'n Lego stel kan word. Kom Gereformeerde Skool Dirk Postma, stem vir hierdie oulike ontwerp.

Ingenieurstudent wil monument in Lego-stel verewig | Maroela Media Mense kan ook stem om te sorg dat diĆ© blokkie-replika eersdaags op die rakke van speelgoedwinkels wĆŖreldwyd gekoop kan word.

20/08/2024

|| GEGROND ||

Gegrond is ā€˜n koffieroostery wat deur twee oudleerlinge van Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) bedryf word.

Spesialiteitskoffie word gerooster en verwante produkte word ontwikkel. Bestel nou jou koffie - 'n deel van die wins word direk aan die skool geskenk!

Bestellings kan elke eerste Vrydag van 'n maand by die skool afgehaal word.

Bestel via hierdie skakel: https://vist.ly/3fudv

Geformeerde Skool Dirk Postma Hoƫrskool neem deel aan die Fast 5 Netbaltoernooi - AWSUM School News 19/08/2024

Geformeerde Skool Dirk Postma HoĆ«rskool neem deel aan die Fast 5 Netbaltoernooi - AWSUM School News Geformeerde Skool Dirk Postma HoĆ«rskool het vandag aan die Fast 5 -netbaltoernooi deelgeneem. Hulle het algeheel 4de geĆ«indig! Geformeerde Skool Dirk Postma het onder andere HoĆ«rskool Montana 22-3 geklop en nog ā€˜n wentelling van 15-11 gehad.

19/08/2024
16/08/2024

| KUNSTE | TAALDAG |

GSDP is dankbaar dat die Here die kinders met mooi talente geseƫn het. Die hoƫrskool vier Taaldag met kwas en potlood, met pen en ink, met stem en lied, met dans en drama!

16/08/2024

VERSVRYDAG

KLAAGLIEDERE 3:26

Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here.

15/08/2024

| TAALDAG |

GSDP het gister taaldag gevier. Hier lees die graad 1ā€™s die Bybel en Psalmboek in ons eie moedertaal, Afrikaans.

Lees maak jou wĆŖreld oop. Taal maak jou mond oop.

Photos from Gereformeerde Skool Dirk Postma's post 14/08/2024

| Taaldag |

Die Laerskool-kinders het oulike idiome vir Taaldag geteken.

Hier is die wenners. Hulle stap weg met heerlike sjokolade en prettige leesstof!

12/08/2024

|| DIRKIES HELP 'N ANDER ||

Dirkies help ʼn ander is ʼn omgee-projek van die hoĆ«rskool. Ons wil graag ʼn verskil maak in die lewe van mense wat in nood verkeer.

Die media berig gereeld dat meer as ʼn kwart van die land se mense daagliks onder die broodlyn, m.a.w. in ʼn status van armoede, leef. In ons omgewing sien ons ook daagliks werkloses en bedelaars rondstaan.

In elke graadgroep se klas is ʼn krat geplaas. Leerlinge bring dan dwarsdeur die maand nie-bederfbare produkte skool toe. As die krat vol is, word dit verpak en aan behoeftige persone in ons skoolgemeenskap uitgedeel.

Kom Dirkies, kom ons help ons naaste, want elkeen van ons het soveel stof tot dankbaarheid. Gee soos wat jy kan, want God het ʼn blymoedige gewer lief!

12/08/2024

|| GEGROND ||

Gegrond is ā€˜n koffieroostery wat deur twee oudleerlinge van Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) bedryf word.

Spesialiteitskoffie word gerooster en verwante produkte word ontwikkel. Bestel nou jou koffie - 'n deel van die wins word direk aan die skool geskenk!

Bestel via hierdie skakel: https://vist.ly/3dtjb

10/08/2024

|| NETBAL ||

Die hoƫrskool het vandag aan die Fast 5 -netbaltoernooi deelgeneem. Hulle het algeheel 4de geƫindig!

GSDP het onder andere HS Montana 22-3 geklop en nog 'n wentelling van 15-11 gehad.

Baie geluk julle!

09/08/2024

VERSVRYDAG

EFƉSIƋRS 3:20-21

En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of d**k, volgens die krag wat in ons werk,
aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

08/08/2024

Wil jy graag by GSDP adverteer?

Stuur gerus 'n boodskap na: [email protected]

Photos from Gereformeerde Skool Dirk Postma's post 07/08/2024

|| KLEUTERSKOOL ||

Die tandarts het verlede week by die kleuterskool gekuier. Die maats het meer geleer van goeie tandesorg en het onderneem om hulle tande elke dag mooi te borsel.

Dankie aan dr. Arnold en haar span wat die Dirkies so mooi kom leer het!

Photos from Gereformeerde Skool Dirk Postma's post 07/08/2024

|| SAGTEBAL ||

Die Hoƫrskool Sagtebal het gister teen HS FH Odendaal o/16 gespeel. Alhoewel hulle 3-13 verloor het, het die meisies mooi gespeel en die belangrikste van alles - vet pret gehad!

Photos from Gereformeerde Skool Dirk Postma's post 05/08/2024

Ons kleutermaats het Saterdag hulle eerste hokkiewedstryd vir die seisoen gehad!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

| TAALDAG |GSDP het gister taaldag gevier. Hier lees die graad 1ā€™s die Bybel en Psalmboek in ons eie moedertaal, Afrikaa...
| TAALDAG |Die kleuters het ook 'n liedjie vir taaldag gesing! #Afrikaans #Dirkies
| Taaldag | Ons leer van idiome in graad 2!
| Taaldag |Vir Taaldag lees die graad 3ā€™s in Engels.
| KOOR |Vanoggend tydens 'n spesiale  diens om Hemelvaart te gedenk, het ons skoolkoor Psalm 47, onder leiding van juffr...
Laai gerus die skool se Google kalender af en maak so seker dat jy op datum met belangrike gebeurtenisse bly! Doen dit h...
Ons staan op die drumpel van die 2024-akademiese skooljaar en ons nuwe skoolhoof, mev Saskia Meijer, heet elke Dirkie gr...
Hervormingsdiens 2023
Hervormingsdiens 2023
Hervormingsdiens 2023
Hervormingsdiens 2023

Telephone

Address


1182 Cunningham Avenue, Waverley
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 07:40 - 13:30
Tuesday 07:40 - 13:30
Wednesday 07:40 - 13:30
Thursday 07:40 - 13:30
Friday 07:40 - 13:30
Other Junior High Schools in Pretoria (show all)
St Mary's Diocesan School for Girls, Pretoria St Mary's Diocesan School for Girls, Pretoria
Duxbury Road, Hillcrest
Pretoria, 0027

A dynamic, unique school that offers each girl an educational package which will provide for her opt