Laerskool Skuilkrans

Welkom by Laerskool Skuilkrans! Mag ons skool vir u en u kind ‘n ryke en blywende ervaring inhou.

Photos from Laerskool Skuilkrans's post 29/07/2024

Sop, Sokkies, en Sjokolade Damesoggend 2024!🌸
Dankie aan elke gasvrou wat die gaste so bederf het!🍇🥨

27/07/2024

Rede 4/10 hoekom dit lekker is om 'n Skuilie te wees: Skuilieliefde en trots is deel van ons DNA. Liefde vir jou Skepper, jouself, en jou naastes. Trots op wie jy is, wie jy wil wees en op ander om jou. 🫶😁

Photos from Laerskool Skuilkrans's post 26/07/2024

Skuilie Sagtebal Tuis!🥇⚾️ Welgedaan aan elke span, julle het ons Skuilie harte trots gemaak! 🏆

25/07/2024

Lekker verjaar mnr. Rossouw! Ons wens nog jare se geluk en vreugde toe!🥳🤩

Photos from Laerskool Skuilkrans's post 25/07/2024

Dankie aan ATKV-Buffelspoort wat 'n mid-week of naweekwegbreek as prys geborg het vir die lootjie trekking vir die Skuilkrans Spele Kaskardag! Maak Buffelspoort deel van jou planne vir 2024!🥳🤩

22/07/2024

Rede 3/10 hoekom dit lekker is om 'n Skuilie te wees: Ons streef om die Skuilies gebalanseerd en gedissiplineerd voor te berei vir die toekoms. Dit is belangrik om 'n balans tussen speel, sport, en akademie te bemagtig. 👩‍🚀🪐

22/07/2024

Gelukkige Verjaarsdag Juffrou Lelanie! Juffrou Lelanie is al vir 16 jaar 'n fantastiese onderwyser, haar gunsteling bederf is koffie en neute! Juffrou Lelanie se geheime talent is dat sy groenfingers het en kan enige plan opkikker! Lekker verjaar juffrou!🥳🥳

Photos from Laerskool Skuilkrans's post 19/07/2024

Baie Geluk aan die manne wat die Gauteng Noord Landloop span gehaal en sterkte vir die wedlope wat op pad is! 🥳🤸🏆
Sterkte en welgedaan Wian Pretorius, Leo Wybenga, Ewan Coetzer, Hanlu Eberson!😎

18/07/2024

Ons is opsoek na top Atletiek Afrigters! Stuur jou portefeulje na [email protected] !🤸🏆🥇

18/07/2024

Maak 'n verskil, nie net vandag nie maar elke dag.
Geniet Nelson Mandela dag Skuilies!😁

17/07/2024

Ons bring die werkswinkels na jou huis toe!🥳

Vind die skakel hieronder:
Topic: Emosionele regulering Werkswinkel
Time: Jul 20, 2024 08:00 AM Johannesburg

Join Zoom Meeting
https://us06web.zoom.us/j/84821388125?pwd=4HLaciwbYHqDHJpsmIaaDj9fJ1bXVW.1

Meeting ID: 848 2138 8125
Passcode: 027497

17/07/2024

Rede 2/10 hoekom dit lekker is om 'n Skuilie te wees: Hier is plek vir elkeen! Ons maak plek vir elke leerder in sportspanne, kultuur aktiwiteite, en buitemuurs! Laerskool Skuilkrans is die plek waar ons talente ontdek en kweek vir sukses.😎🤸

Photos from Laerskool Skuilkrans's post 16/07/2024

Baie Geluk aan ons akademiese reuse van Kwartaal 2! Bou so voort Skuilies!🤩

16/07/2024

Ons juffrou met die langste asem verjaar vandag!🤸‍♀️ Baie geluk juffrou met jou verjaarsdag! Ons wens jare se geluk toe!🥳🍦

15/07/2024

Rede 1/10 hoekom dit lekker is om 'n Skuilie te wees: Laerskool Skuilkrans is 'n skool wat streef om elke Skuilie se volle potensiaal te ontwikkel en wat glo enige iets is moontlik. 🏆

15/07/2024

Raak deel van die Skuilie Familie! Doen aansoek vandag!

11/07/2024

Vandag is DIE dag! Volg die skakel om jou plekkie by Laerskool Skuilkrans te verseker: https://www.gdeadmissions.gov.za/

Ons is reg om hulp te verleen in die skool saal! Almal is welkom🥳

10/07/2024

Juffrou Lizette verjaar! Sy is al 33 jaar by Laerskool Skuilkrans, haar gunsteling ete is enige iets met pasta, en sy is 'n bo-baas in Pewter Kuns!
Lekker verjaar juffrou!🥳🥳🤩

09/07/2024

Welkom terug Skuilies! Kwartaal 3, hier kom ons! 😎

01/07/2024

Ons Skuilies is opsoek na 'n lekker en gesonde snoepwinkel meester!
Volg die skakel om vir meer inligting: https://drive.google.com/drive/folders/197SkyGRHESGWZ5QG_elVRwReqUt659sd?usp=sharing

29/06/2024

Lekker verjaar juffrou! Ons wens vir 'n jaar vol geluk en gesondheid!🥳🍦🤩

28/06/2024

Juffrou Eunice verjaar! Baie geluk met juffrou se verjaarsdag!🍦🥳

22/06/2024

Lekker verjaar juffrou Liandi! Ons wens vir 'n gesonde jaar!🥳🤩

21/06/2024

Juffrou Susan verjaar! Baie geluk juffrou met jou verjaarsdag, mag dit 'n dag vol geluk wees!🥳

Photos from Laerskool Skuilkrans's post 20/06/2024

Beste Graad R-ouers.

Ons het skrywe ontvang van die Departement van Onderwys dat die Graad 1 2025 e-platform stelsel oop maak die 11de Julie 2024. Ons sal duidelike instruksies vir u deurgee asook 'n hulpsentrum vir u beskikbaar stel om u te assisteer in die proses. Verdere informasie sal aan u gestuur word in die begin van kwartaal 3.

Skakel vir registrasie: https://www.gdeadmissions.gov.za/

Ons inskrywingsforms: https://drive.google.com/drive/mobile/folders/1W0mYou7aeXVLhu-8MVILDDnuz36N65zN?usp=sharing

12/06/2024

Baie geluk aan die Rhinos, ons eerste rugby span, wat Dinsdag 11 Junie 2024, as die Laerskole Blou Bulle Onder 13 A Finaal Naaswenners aangewys is! Die Skuilies is baie trots! 😎🥳

10/06/2024

Laerskool Skuilkrans
Dankie dat julle die wêreld ‘n beter plek gaan maak

10/06/2024

Baie geluk aan ons nuwe leiers, Hanno Louw en Ellemae Erasmus ! Ons Skuilies is baie trots op julle! 🥳

Leierskap gaan daaroor om ander beter te maak as gevolg van jou teenwoordigheid en om seker te maak dat die impak in jou afwesigheid duur.🤝

Photos from Spreading the Love Npo SA's post 08/06/2024

❤️

Photos from Laerskool Skuilkrans's post 07/06/2024

Ons het die G-E-E-S!

Wat 'n ongelooflike oggend, Laerskool Skuilkrans is die skool met die grootste harte!
Dankie aan GROOTfm 90.5 vir die lekker geleentheid en 'n GROOT dankie aan elke leerder, ouer, en personeelid!

Shoutout aan BRUISER CRUISER vir die AWESOME geleentheid om met Hulk die dirigente in te bring!

Onthou om te gaan stem vir ons! Laai die GROOTfm App af en stem vir ons op die Akademia Luisteraars Keuse!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Skuilkrans se Storie

Laerskool Skuilkrans is geleë in Murrayfield, Pretoria en is binne ʼn radius van 5km vanaf Meyerspark, Silverton, Die Wilgers, La Montagne en verskeie uitbreidings. Die skool is geopen in Januarie 1975 en was eers bekend as Laerskool Murrayfield voordat dit gedurende November 1975 verander is na Laerskool Skuilkrans.

Die skool se embleem bestaan uit ’n kandelaar met drie arms. Dit simboliseer die opvoedkundige vennootskap tussen God as middelpunt, met ouers en kinders aan weerskante. Die leuse van die skool is “Glo en Streef”.

Laerskool Skuilkrans streef na voortreflike akademiese onderrig, geesdriftige sportbeoefening, verrykende kultuurbelewing, waardegedrewe karakterontwikkeling en goeie dissipline. Dit is ʼn Afrikaans Christelike skool, maar sluit geen persoon met ander geloof, waardes en norms uit nie.

​Elke onderwyser en ouer onderneem om die skool se gedragskode te ondersteun sodat elke leerder ʼn regverdige kans gegun word om optimaal te ontwikkel en goeie landsburgers te word. Die ideaal van die bestuur is om binne ʼn gebalanseerde Afrikaanse skoolmilieu ruimte te skep om die unieke aard van elke leerder te laat gedy.

Videos (show all)

SKUILKRANS SPELE KASKARDAG 8 AUGUSTUS!🏎🏁Ons is reg vir julle!
Aan al ons Skuilies se pappas en pappa-figure! Gelukkige Vadersdag❤️😎
Kwartaal 2, jy was lekker en besig! Ons kyk terug na 'n suksesvolle kwartaal waar elke Skuilie hul harte uitgeleef het!G...
Ons gesels oor Kultuur! Skuilie Kultuur gee aan ons leerders die geleenthede om hulself uit te beeld deur spraak, kuns, ...
Gelukkige Moedersdag aan elke Skuilie Mamma! Julle is ons leerders se Hero's!🫶
Dit was Speletjies Pouse hier by die Skuilies vandag! So begin ons die naweek!😎
Ons het terug gekyk na die vakansie, en voorentoe beplan vir hoe ons DIE Kwartaal gaan aanpak!😎🥳
By die Skuilies leer en eksperimenteer ons! #skuilieakademie 🌱
Dit is hoe die Skuilies die vakansie in loop! Lekker vakansie Skuilies!🥳🌊☀️
😎 Jopie Fees hier is Laerskool Skuilkrans se inskrywing vir die Droomsindroom uitdaging!Like, share, en comment om Laers...
Vandag word pouse bietjie anders gehou want dis MELKTERTDAG! Ons moes uitvind wie die beste melktert bolletjies kan maak...
Ons het gaan kuier by Wilgers Aftreeoord! 🥳🧁

Category

Telephone

Address


36 Grace Lane, Murrayfield
Pretoria

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00
Other Education in Pretoria (show all)
Mae Jemison Science Reading Room Mae Jemison Science Reading Room
University Of Pretoria Mamelodi Campus, Cnr Hans Strijdom & Hinterland Avenue, Mamelodi
Pretoria

U.S. Embassy and University of Pretoria partnership in Mamelodi to support science education & foster a love of STEM, while having as much fun as possible!

NLP Training NLP Training
No. 6 Woodhill Lavender
Pretoria, 0044

Geko Adventures Geko Adventures
70 Jocelyn Road
Pretoria, 0081

Geko is a PADI 5 Star Career Development Center which is built on pure passion for SCUBA diving, with a passion for sharing the love of diving with new divers or creating instructo...

Human Sciences Research Council (HSRC) Human Sciences Research Council (HSRC)
134 Pretorius Street
Pretoria, 0002

The HSRC conducts social science that makes a difference

Johan se Kasie Foto's! Johan se Kasie Foto's!
Akasia
Pretoria

Welkom by Johan se Kasie foto's! Ek het so baie goeie Kasie tye - but life's for sharing! So geniet dit en wees dankbaar vir al jou blessings en vriende elke dag!

GRACE Tutorials GRACE Tutorials
Chris Hani
Pretoria, 0407

Learner homework assistance and tutorials.

Occupational Studies Occupational Studies
498 Maynardstreet
Pretoria, 0600

We train ETD staff in occupational qualification of Training Facilitation. we provide LMS platforms

Jeremiah Philipo22 Jeremiah Philipo22
Pretoria

welcome

Montana Trading Montana Trading
Pretoria, 0835

High Gate Mining And Forklift Training Consultant High Gate Mining And Forklift Training Consultant
23 Bureau Lane, Office Building 601, Centenary Building, 0002
Pretoria, 0700

High Gate Mining and Forklift Training Consultant Call or Whatsapp 0695562361

Mseju1 Mseju1
Pretoria

welcome

Mathematics Mathematics
35257 Mmupudu Street. Mamelodi East Ext6
Pretoria, 0122

The core objective of mathematics is for you to develop skills such as analysis and modelling.We have