Laerskool Mayville Amptelike Blad
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Laerskool Mayville Amptelike Blad, Elementary School, 159 Louis Trichardt Street, Pretoria.
Ondersteun gerus vir NG Mootvallei hier oorkant ons.
Ons wil vir Jovandré Pretorius en Johnny Kelly baie sterkte toewens. Hulle is genooi om aan Bloubul Sewes Rugbyproewe te gaan deelneem môremiddag by Laerskool Villieria.
Hierdie spanne wat nou gekies word gaan volgende jaar die voorreg hê om in Monaco te gaan speel.
Sterkte manne! Ons is reeds trots op julle en weet wat in julle steek. Gaan wys nou vir die keurders wat ons reeds weet!
Onthou jul span se versie:
Fillipense 4:13 "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."
‼️Aandag‼️
Wil jy graag iets kom verkoop by ons Plaasjapiedag se Mini-Boeremark? Moet dan nie op jou laat wag nie. Kontak dadelik vir Me. Yana van Reenen op 076 419 1234!
Ons wil vir ons Intersenfase leerders baie sterkte toewens met die eksamen wat Woensdag begin. Julle het hard gewerk, hou nou vol en doen jou bes, dan sal jou harde werk deur die jaar vrug dra.
Onthou asb. dat die skool vanaf Woensdag vir die duur van die eksamen 12:00 verdaag vir almal.
Liewe Ouers, ons wil glad nie paniek saai nie, maar sien dit as ons plig om u in te lig van moontlike gevare vir ons kinders.
In ons omgewing, naby 'n ander skool het 'n wit BMW agter 'n leerder gestop en hom probeer aanval met 'n mes. Die leerder het gelukkig kop gehou en is getraumatiseerd, maar nie beseer nie.
Alhoewel dit nie naby ons skool was nie, voel ons tog dat u met u kind 'n gesprek hieroor moet hê, veral as hulle huis toe stap.
Dit is altyd beter dat kinders eerder in 'n groep stap of 'n volwassene by het.
U kind moet ook nooit waardevolle items soos 'n selfoon in hul hand hê waar dit sigbaar is nie.
Indien u kind vir u wag by die skool moet hul altyd probeer om binne die skoolgronde te wag.
Ons deel hierdie met u, omdat ons kinders se veiligheid vir ons belangrik is. Ons wil nie die kinders bang maak nie, maar ons wil tog hê dat hul oplettend en paraat is.
Groete,
Mayvies Personeel
Ons wil vandag bietjie spog met hierdie kleine lyfie in die Gr. R Tiertjie klas. Olivia Du Randt het haar Provinsiale kleure verwerf in dans en is ook genooi om volgende jaar oorsee te gaan deelneem! Ons is baie trots op haar.
Ons wil graag erkenning gee aan Wernich van der Schyff wat skitterende Ringbal speel. Hy het Gauteng-Noord verteenwoordig by die SA Ringbal toernooi, sy span het 2de geëindig. Hy was ook deel van die O/11 SA Uitnodigingspan.
Ons is baie trots op jou Wernich! Jy woeker met jou talente.
Hier kom 'n ding...
Ons het al foto's geplaas van ons netbal dogters wat aan die "Fast five" toernooi deelgeneem het. Maar miskien moet ons bietjie spog met presies hóé goed hulle gedoen het, teen groot, sterk skole!
Hierdie is ons eerste span van volgende jaar, ons sien uit na 'n skitterende seisoen!
Ons is uiters trots op Yvonne Lombard in Graad 3. Nie net was sy die Spelathon Distrikswenner nie, maar sy het ook haar Provinsiale kleure ontvang.
Wat 'n slim meisiekind!!! Ons wil bars van trots!
Ons wil so bietjie spog met ons eie Rugby-Guru, Mnr. Storm. Hy is deel van die Naka Bulle Klub wat die Gold Cup gewen het en daardeur dan ook bekroon is as die beste Klubspan in Suid-Afrika! Ons is uiters trots!
Click here to claim your Sponsored Listing.
LAERSKOOL MAYVILLE
- Die verhaal van Mayvieland -
Laerskool Mayville, gestig in 1902 in die Moot-gebied, is gesetel tussen twee bergreekse aan die voet van die Magaliesberg. Dit is ons missie om ‘n skool te wees wat die gemeenskap dien en saam met elke leerder die pad te stap - toegerus met al die nodige gereedskap om te groei van MAYVIE tot volwassene. Tans spog ons met 800+ leerders van Gr. R tot graad 7!
Ons skool beskik oor 36 dinamiese, kurrikulêre personeel, sowel as ‘n opvoedkundige sielkundige, arbeidsterapeut en puik naskool op die perseel. Ons akademiese prestasies is puik en op sportgebied is talle Mayvies al bekroon as bekendes nl: Avril Malan (Bokkaptein), Braam van Straaten (Springbok), Wayne van der Bank (Blitsbok) en Robbie Coetzee (Leeus). Op Kultuurgebied spog ons met ons r***e wat jaarliks by die Pretoria Kunswedstryd bekroon word met`n A dubbel + en eindig ook jaarliks onder die Top 3 skole.
Visie
Videos (show all)
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
159 Louis Trichardt Street
Pretoria
0084
Opening Hours
Monday | 07:00 - 14:00 |
Tuesday | 07:00 - 14:00 |
Wednesday | 07:00 - 14:00 |
Thursday | 07:00 - 14:00 |
Friday | 07:00 - 14:00 |
Pretoria
Hillside primary School I lv it it it teaches very well and I lv the teachers from hillside
Pretoria
Granny's Goodies assists with the establishment of a foundation for basic skills through creative activities. Ouma se Goeters is daar om te help met die vaslegging en inskerping ...
225 Festura Street, Lotus Gardens
Pretoria, 0008
Knowledge through labour
585 Jasmyn Street, Silverton
Pretoria, 0184
585 Jasmyn Street, Silverton, Pretoria, Gauteng Province, South Africa.
565 Block FF, Soshanguve
Pretoria, 0152
Lebatlhabetse Early Learning, one of the best crèches in Soshanguve. A centre of academic excellence