Rietvlei Akademie

Rietvlei Akademie fokus op kleinklas-onderrig vir die aandagafleibare kind of soms net leerders wat Hier klop ons harte warm vir jou kind.

Rietvlei Akademie is 'n privaat Afrikaanse Christelike skool geleë in Pretoria-Oos wat fokus daarop om kinders te akkommodeer met aandagafleibaarheid (ADD) en/of hiperaktiwiteitsindroom (ADHD), asook hoë funksionele outisme. Rietvlei Akademie volg die CAPS-kurrikulum, soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys, maar die werk word meer vereenvoudig en "kinder-vriendelik" aangebied. Ons maak

01/09/2024

Wat 'n ongelooflike ervaring!

Die polisie weet beslis hoe om aandag te trek. Dankie vir die voorreg.

🦅🦅🦅

Photos from Rietvlei Akademie's post 05/08/2024

Baie geluk aan ons eie Skye Venter in Graad 2, wat hierdie naweek Silwer verwerf het by die Gauteng Schools fietsry kompetisie.

Welgedaan, Skye!



🦅🦅🦅

31/07/2024

Die Graad 7's kon bietjie pret tussen deur die hardwerk inwerk.

Die Lekker-slaai dien as beloning vir harde (en netjiese) werk.

Mooi só, Graad 7's!🍬🍭🍫

Photos from Rietvlei Akademie's post 28/07/2024

DAG 5 van leesweek!

Ons het Leesweek op 'n hoogtepunt afgesluit met 'n teepartytjie en die leerders (en personeel) kon aantrek soos hul gunsteling boekkarakter!

Die leerders het dit so geniet en ons ouers het ons tafels pragtig gemaak!

Dankie aan elke persoon wat gehelp het om ons leesweek 'n sukses te maak!📚🤓

Photos from Rietvlei Akademie's post 26/07/2024

DAG 4 van Leesweek - Hopscotch!

Soveel pret!

Ons Juniors het ' ronde "hopscotch" gespeel en moes daarna 'n klankie van die muur afhaal en 'n woord daarmee vorm.

Ons Seniors moes 'n katogorie kies en op die sirkels spring wat Anatomie, Elemente of Kleure behels!

By Rietvlei maak ons lees lekker!

🦅🦅🦅

Photos from Rietvlei Akademie's post 25/07/2024

Leesweek DAG 3🥳

Anything BUT school shoes.

Die leerders het behoorlik uitgehaal en gewys met hul verskillende skoeisels!

🤓📚

Photos from Rietvlei Akademie's post 24/07/2024

Gister was DAG 2 van leesweek en ons het 'n vreeslike spesiale gas gehad wat vir ons die boek van "Alice in Wonderland" kom voorlees het. Oud-Rietvlei-Juffie Delmei! Die leerders was so verras om haar weer te sien.

Net voor eerste pouse het die leerders op 'n skattejag gegaan om teekoppies te soek.
Binne-in die koppies was 'n woord versteek wat die leerders moes probeer definieer.
Inruil vir die definisie, kon elkeen 'n lekker ontvang!

Leesweek is VET pret!🤓📚

Photos from Rietvlei Akademie's post 22/07/2024

Leesweek het uiteindelik aangebreek en ons vier dit met 'n hoedjie-modeparade!

Die leerders moes hul verbeelding gebruik om 'n hoed te maak en ons verwagtinge was werklik oortref.

Die onnies kon nie die wenners self kies nie en moes toe vir die leerders vra om te help om die wenners te kies!

Dankie aan elkeen se deelname!🥳

17/07/2024

Baie geluk aan Dillan en Reuben wat hierdie naweek Gauteng Noord klere verwerf het in Trampoline!

Rietvlei is propvol talent!

Rietvlei-Trots🦅🦅🦅

17/07/2024

Micka het by die Solo Championships Prestige deelgeneem vanaf 30 Mei tot 1 Junie en verwerf toe 'n trofee vir Algehele Junior Modern Dance Section wenner!

Rietvlei-trots!

10/07/2024
13/06/2024

Baie geluk, liefste Juffrou Tash!

Ons is ongelooflik bevoorreg om 'n juffrou soos jy by Rietvlei te hê.

Mag ons Hemelse Vader jou seën met jou diepste hartsbegeertes.

Geniet al die bederf ❤️

03/06/2024

Rietvlei-onnies is reg vir die winter!❄️

Photos from Rietvlei Akademie's post 03/06/2024

31 Mei was Pantoffeldag hier by Rietvlei Akademie!

Die onderwysers het die leerders heerlik bederf met warmsjokolade en malvalekkers☕️

Heerlike manier om die winterseisoen te vier!

Photos from Rietvlei Akademie's post 28/05/2024

Ons Juniors het vandag hulle kruisies getrek en hulle stemme ingedien vir ons "Mascot".
Wie sal dit wees?

Renoster of Springbok?

🗳🗳🗳

Elke stem tel!
Gaan trek more jou kruisie en wees die verskil wat jy in ons land wil sien! 🇿🇦

24/05/2024

Ons beeldskone Juffrou Janike verjaar.

Ons is dankbaar dat ons die nuwe lewensjaar saam met Juffrou kon vier. Ons hartsgebed is dat goedheid, vrede, vreugde en oorvloed Juffrou sal volg tot in lengte van dae.

Veelsgeluk met jou verjaarsdag, Juffrou!!!

Photos from Rietvlei Akademie's post 23/05/2024

Kostelik!

Ons juniors sit pouse en brei met hul vingers en potlode!

Rietvlei se talente ken geen perke nie.

🦅🦅🦅

Photos from Rietvlei Akademie's post 10/05/2024

RIETVLEI IS 19 JAAR OUD!

Rietvlei was eintlik die 3de Mei al 19, maar ons het vandag eers partytjie gehou.

Die kinders het die "colour run" vreeslik geniet. Die Juffrouens kan hiervan getuig. Die leerders het sommer hulle onnies ook beet gekry met die poeier!

Elke leerder het 'n handvol poeier gekry en vir Juffrou Carinda bestorm. Juffrou Carinda, die skool is jou baba en daarom kon ons nie anders as om jou so kleurvol te maak soos die speelgronde nie!

Daar was ook geen tekort aan koek, koeldrank en tjippies nie!

Dankie aan elke Juffrou wat hierdie dag moontlik en suksesvol gemaak het.

Lekker verjaar, Rietvlei!

🎈🎈🎈

Photos from Rietvlei Akademie's post 10/05/2024

MOEDERSDAG 2024

Wat 'n absolute voorreg om ons mammas vanoggend te kon vier, met 'n besonderse spesiale geleentheid.

Groot dankie aan Antoinette Lorton wat ons mammas kom bedien het vanoggend. Dit was 'n voorreg om jou by ons te hê.

Dankie aan Juffrou Izéll van die Laerskool en Juffrou Marli van die Hoërskool vir die organisering van hierdie spoggeleentheid.

Skons, kaas, konfyt en vele meer!

Dankie aan elke juffrou, werker, ouer en leerder wat bygedra het tot ons Mamma-oggend se sukses.

Gelukkige moedersdag aan elke liewe Mamma!
Ons lief en waardeer julle!

❤️❤️❤️

Photos from Rietvlei Akademie's post 10/05/2024

HEMELVAART 2024

Alhoewel gister eintlik Hemelvaart was, het ons dit goed gedink om dit vandag te vier.

Ons het 'n pragtige boodskap van Juffrou Elizma ontvang rakende Hemelvaart en hoe spesiaal dit vir ons as Christene is.

Daarna het Juffrou Janíke vir elke leerder 'n wolkie gegee waarop hulle kon skryf wat Hemelvaart vir hulle beteken of hulle kon vir Jesus 'n briefie skryf om dankie te sê vir dit wat Hy vir ons kom doen het.

Die leerders het dit vreeslik geniet!

🕊🕊🕊

Photos from Rietvlei Akademie's post 04/05/2024

26 April het ons netbalbokkies teen Bronberg Akademie twee wedstryde gespeel.

Rietvlei het een van die twee wedstryde met trots gewen!

Ons is in oorgawe dankbaar dat ons vir ons leerders hierdie geleentheid kan bied.

Dankie, Bronberg! Ons maak weer so.

Baie geluk, meisiekinders!

Rietvlei-trots!
🦅🦅🦅

Photos from Rietvlei Akademie's post 26/04/2024

Dankie, Juffrou Corné.

Vanoggend se opening waar jy met ons alles gedeel het oor Vryheidsdag, was vreeslik oulik.

Juffrou Corné het vir ons aan die hand van 'Speckled Eggs' verduidelik dat daar in 'n pakkie 'Speckled Eggs' baie verskillende kleure is, maar as ons hulle oopbyt, is almal dieselfde!
Hoe mooi!

Gelukkige Vryheidsdag!
🦅🦅🦅

Photos from Rietvlei Akademie's post 23/04/2024

Rietvlei Boekwurms!🤓📚

Op Nasionale Boekedag het ons vandag ongelooflike pret gehad.

Elke leerder moes 'n interessante boekfeit skool toe bring EN sonder 'n skooltas kom, "Anything but a school bag"! Die mees interessante feit en die oorspronklikste idee vir 'n alternatiewe skooltas het 'n prys gewen.

Ons leerders was uiters kreatief en het die verwagtinge van die onderwysers oortref.

Dankie aan elke Rietvleier se deelname!
🦅🦅🦅

20/04/2024

Ons is baie trots op Lucas van der Merwe, Graad 6, wat 'n A++ behaal het by die Pierneefteater Kunstefees vir gedramatiseerde prosa.

Baie geluk, Lucas!

Photos from Rietvlei Akademie's post 11/04/2024

Wat 'n voorreg om ons Graad 7-leiers te kon vier, met vanoggend se leierinhuldiging seremonie.

Onthou altyd watter groot voorreg EN verantwoordelikheid dit is, om 'n leier te wees.

"Leierskap is die eienskap om visie in werklikheid te verander."

Matt 23:11-12

Vlieg hoog!
🦅🦅🦅

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Our Story

Rietvlei Akademie is 'n private Afrikaanse Christelike skool in Pretoria-Oos wat fokus op kinders met aandagafleibaarheid (ADD) en/of hiperaktiwiteitsindroom (ADHD). Rietvlei Akademie het op 3 Mei 2005 sy deure oopgemaak en met slegs 2 leerders begin. 'n Lang, maar baie opwindende pad het gevolg en vandag, 8 jaar later, staan die skool 100 leerders en 15 personeel sterk!

Die hoofstroom kurrikulum word gevolg met die leerders, maar die werk word meer vereenvoudig en "kinder-vriendelik" gemaak. Ons maak baie van breinkaarte en diktate gebruik, sodat die kinders nie soveel ure hoef te spandeer aan opsommings en afskryf van werk nie. Min take word gegee en die huiswerk word ook drasties verminder sodat ons kinders se moed nie gebreek word nie. Daar is nooit meer as 12 leerders in 'n klas nie en al ons personeel is gekwalifiseerde onderwyseresse, met 'n werklike passie vir hierdie lewenslustige kinders.

Rietvlei Akademie is op 'n plot van 1.2 hektaar geleë, wat sodoende heerlike speel en hardloopplek vir ons kinders bied. 'n Rustige plaasatmosfeer heers by die skool en ons glo hier dat vuil en moeë kinders gelukkige kinders is. 'n Leessentrum op die perseel met 'n kundige op die gebied, maak 'n nuwe leeswêreld vir ons kinders oop. Visuele terapie en berading word ook, op 'n addisionele grondslag, aangebied.

Kuns word aangebied deur 'n kundige met 'n hart wat warm klop vir ons kreatiewe outjies en dit vorm deel van ons leerlinge se sillabus. Die aller-mooiste kunswerke sien week na week die lig by Rietvlei Akademie. Liggaamsopvoeding (die ou LO) vorm ook deel van die leerders se skoolprogram en leerders kry die geleentheid om te leer swem en ook om verskeie fisiese vaardighede aan te leer. Elke Maandag gedurende pouse, word daar CSV aangebied vir die leerders wat belangstel. Ons poog daarin om ons leerders se geestelike magies vol te hou!

Rietvlei Akademie begin om 08:00 en sluit onderskeidelik 13:00 en 13:30 vir junior- en seniorleerders. Die skool sluit gewone skoolvakansies, met die uitsondering van die Oktober reses wat altyd die dag voor die vakansiedag (24 September) in aanvang neem. 'n Naskoolsentrum is op die terrein beskikbaar.

Hier klop ons harte warm vir die kind wat nie in die lewe se "boksie" pas nie. Sprei jou vlerke, en vlieg hoog!



Wat maak Rietvlei Akademie Privaatskool anders as hoofstroomskole ?


Daar is slegs 10 tot 12 leerders per klas. Werk word met 'n Remediërende aanslag aangebied, in die juniorfase deur goed opgeleide personeel, wat 'n passie het vir dit wat hulle doen en nie oorlaai word met adminstratiewe take nie. Rietvlei Akademie is Afrikaans en streef Christelike waardes na. By Rietvlei Akademie is dit vir ons belangrik dat die kinders besef dat om anders te wees nie noodwendig beteken jy is verkeerd nie.

Watter grade word tans aangebied ?

Tans word Graad 1 tot Graad 7 aangebied.



Waarnatoe in graad 8 ?

Sommige van ons leerders skakel terug in die hoofstroomskole bv. Waterkloof Hoërskool, en die wat steeds 'n kleiner klasopset verkies, word aanbeveel na Duo Edu, wat 'n privaat hoërskool is.

Op watter sillabusse word daar gewerk ?

Ons gebruik die silabusse van die Gautengse Departement van Onderwys, m.a.w. die Hoofstroomkurrikulum word gevolg.



Wat is die koste verbonde aan die skool?

Die fooie vir 2013 beloop R2800-00 per maand betaalbaar oor 11 maande. Daar is elke jaar 'n registrasiefooi van R2500-00 betaalbaar. Alle leermateriaal en sommige van die skryfbehoeftes word van 2012 aan die leerders voorsien

Videos (show all)

Wat 'n ongelooflike ervaring!Die polisie weet beslis hoe om aandag te trek. Dankie vir die voorreg.🦅🦅🦅
Die Graad 7's kon bietjie pret tussen deur die hardwerk inwerk.Die Lekker-slaai dien as beloning vir harde (en netjiese)...
Ons wens ñ voorspoedige lewensjaar toe vir elke Rietvlei-maat wat hierdie maand verjaar. 🥳💙🦅
Ons sien julle een van die dae!!
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Filippense 4:6

Category

Telephone

Address


Pretoria
0174

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:30
Tuesday 08:00 - 13:30
Wednesday 08:00 - 13:30
Thursday 08:00 - 13:30
Friday 08:00 - 13:30
Other Private Schools in Pretoria (show all)
Bophelong Community Independent School -Mamelodi Bophelong Community Independent School -Mamelodi
69 Mafenyane Street Mamelodi East
Pretoria, 0122

Bophelong Community Independent School is a combined private school from grade R to 12.

Vutlhari School Of Excellence Vutlhari School Of Excellence
Roadhouse Phomolong, Atteridgeville
Pretoria

We offers each student a personalised, mentored, learning journey designed to unlock their full pote

B and T Skills Development Trainings B and T Skills Development Trainings
299 Burger Street
Pretoria, 0182

BBBEE COMPLIANCE SERVICESC& SKILLS DEVELOPMENT SERVICE PROVIDER.

Bokamoso Basechaba Training and Development Bokamoso Basechaba Training and Development
131 Khai-Appel Street
Pretoria, 0182

1. Skills Development & Training 2. AgriSETA Accredited Training: Full Qualifications, Short Courses, and Workshops 3. Project Management and Consultancy 4. One-on-One Coaching ...

Mega Kids24 Academy Mega Kids24 Academy
76 Parsley Street, Annlin
Pretoria, 0182

Independent Private School Gr R-7

Eduquest College Eduquest College
278 Helen Joseph Street
Pretoria, 0002

Eduquest College is dedicated to providing quality education and creating an environment where students can explore. We believe that our commitment to excellence, experienced educa...

Laerskool Die Krans Laerskool Die Krans
33 Wilge Avenue
Pretoria, 0184

Hierdie is 'n Christelike onafhanklike skool wat graag 'n diens lewer aan ouers wat hulle kinders in

Umoja Varsity Colleges Umoja Varsity Colleges
No 1 Johannes Ramokhoase, Pretoria West
Pretoria, 0001

Skills Training Provider in Computers (& IT courses); Office Administration and Policing. SETA & Do

National Information Service for Higher Education National Information Service for Higher Education
Building 3, UNISA Sunnyside Campus
Pretoria, 0002

A project of Higher Education South Africa (HESA), NiSHE exists to provide quality information and g

Lynnwood Privaatskool Lynnwood Privaatskool
42 Ilkey Road
Pretoria

Lynnwood Privaatskool is ‘n onafhanklike Privaatskool. Leerders ervaar unieke geleenthede

Rietvlei Akademie Hoër Rietvlei Akademie Hoër
58/1 Jochem Road, Rietvalleirand
Pretoria, 0174

Ons is ‘n privaat Afrikaanse Christelike skool geleë in Pretoria-Oos. Ons doel is om 'n veilige leeromgewing te bied vir leerders wat nie in die hoofstroom floreer nie weens angs, ...

Greenhillgb Primary School Greenhillgb Primary School
Pretoria, 0041

PRIMARY SCHOOL FROM CRECHE, GRADE R TO GRADE 1, 2, 3, 4 AND 5 WITH GOOD QUALIFIED TEACHERS AND TRANSPORT AVAILABLE TO ALL EXTENSIONS AND WEIDARPARK, CELT