Laurika Rauch

www.laurikarauch.com
Private email address: [email protected]
Contact number: 079 375 3443

05/03/2024

Hallo daar – laaaank weg gewees. Vergewe asseblief!

Ek het iets om te deel:

Sowat drie maande gelede ontvang ek ‘n boodskap van Wouter Van de Venter, kitaarspeler, liedjieskrywer en sanger. Ons het vir sowat 4 jaar saam gewerk toe hy deel van my orkes was. Wouter en Clinton Waring, my klavierbegeleier van bykans 22 jaar, (en ook deel van my destydse orkes) het een aand saamgekuier, musiek begin maak en weer die liedjies wat hulle saam met my gedoen het begin speel. Dit het aanleiding gegee tot Wouter se boodskap – dat die twee van hulle graag ‘n vertoning wou doen wat sentreer om my musiek en die jare wat ons saamgetoer het. Dra die idee my goedkeuring weg? het hulle gevra. Ek het natuurlik ‘ja’ gesê! Hulle het vir Anél Wood gevra om die regie en teks te doen, vir Pieter-Jan Kapp die beligting, Imile Wepener om die animasies te doen en Lorraine Coetzer om die besprekings te behartig. Hulle eerste stop is by die KKNK op 29 om 17:30 en 30 Maart 2024 om 14:30. Daarna gaan hulle heelwat in die Kaapprovinsie, Gauteng en Vrystaat optree. Ek hoop jy kry dalk kans om ‘Beste vriende sing Laurika’ êrens te sien? Ek weet dat dit baie spesiaal gaan wees. Wouter en Clinton is albei naby aan my hart, en ek wens hulle alles van die beste toe met hierdie reis. Liefde soos altyd – Laurika

Kaartjies vir die KKNK is beskikbaar by www.webtickets.co.za

Hier is die direkte skakel sommer:
https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1541646265&fbclid=IwAR3G-rDTsNOs_YVB8LnqFANVGKmUabOfLoKl54VZ2fVaERvPkPR539NjU5M

14/02/2023

Ek hoop dit gaan goed met jou en dat jy my nuutste Substack-inskrywing sal geniet. Ek wil sommer ook laat weet dat daar 'n roof(spook)profiel geskep is wat nie van my af kom nie. Ignoreer dit asseblief as jy 'n uitnodiging ontvang om aan te sluit. Liefdegroete en dankie dat jy hier kuier. Laurika Rauch

Só lyk dit : IGNONEERIGNOREERIGNOREER!!!!

14/02/2023

https://laurikarauch.substack.com/p/n-aha-oomblik

Hallo! Hier is my nuutste Substack-inskrywing!

Die Storieverteller 15/09/2022

Dagsê! Hoofstuk 1 - Die Storieverteller, is pas gepubliseer op my Substack. Sien jou graag daar!
https://laurikarauch.substack.com/p/die-storieverteller,

Die Storieverteller “We tell ourselves stories in order to live”- Joan Didion

02/09/2022

Hallo! Op die 27ste Augustus het ek aangesluit by Substack. Dis ‘n gratis platform waar ek video’s, stemboodskappe, skakels na my musiek, nuus (en meer - soos kosbare herinneringe) met jou wil deel. My Facebook- en Instagram-platforms sal voortgaan net soos tevore en ek sal altyd vir jou notifikasies op Facebook plaas wanneer ek ‘n nuwe Substack-plasing gedoen het. Ek sien so uit om dit alles met jou te deel! Kliek gerus op die onderstaande skakel, en as dit oopgemaak het, kliek op die foto. Daar is so ‘n bietjie meer inligting - as jy wil, kan jy na my stempos luister. Liefde – jy sal binnekort weer van my hoor! Intussen gooi ek vir jou 'n klippie in die oseaan :)

https://laurikarauch.substack.com/

02/09/2022

My speellys op – waar sommige van my gunsteling Suid-Afrikaanse musiek van alle tye nou geluister kan word, is pas vrygestel!

Amaqhawe = ‘held’ in Xhosa en ‘legende’ in Zoeloe

'n Rukkie gelede het Apple Music my genooi om 'n gas-speellys saam te stel om erfenismaand te gedenk. Dit moes bestaan uit ‘n paar van my gunsteling Suid-Afrikaanse liedjies van alle tye. (Dis natuurlik nooit moontlik om al die liedjies by so ‘n speellys in te sluit nie, en na die tyd onthou ‘n mens so baie liedjies wat jy nog wou bygevoeg het!) Ek moes egter ook sê hoekom ek hulle gekies het. My antwoord was: ‘Die meeste van hierdie liedjies het ‘n rol gespeel daarin om vir my ‘n gevoel van ‘ek behoort’ te gee. Hulle het my bewuswording gevorm en my musikaal beïnvloed ( al was dit net in my onderbewussyn). Ek salueer hierdie kunstenaars’

Hier is jou direkte skakel na my lys van 25+ liedjies:
https://apple.co/LaurikaRauch
en
Hier is die skakel na Apple Music se eie speellys van 107 gunsteling Suid-Afrikaanse liedjies van alle tye, waarby ‘Stuur groete aan Mannetjies Roux’ ook ingesluit is!
(By dieselfde skakel sal jy ook die ander genooide gaste se speellyste kan sien):
https://apple.co/Amaqhawe

‘n Baie spesiale dankie aan Mynette Potgieter van Coleske-groep, vir haar hulp en ondersteuning by die voorbereiding en uitvoer van my lys.

Nog nuus: ‘n Bietjie later vandag (so teen 18h00) gaan ek ook vir jou ‘n skakel stuur na ‘n nuwe onderneming van my – ‘n ander platform waarop ek graag met jou wil gesels. Tot straks en baie liefde - Laurika Rauch

Apple Music
Afrikaans is Groot
Coleske Artists Management

Want your public figure to be the top-listed Public Figure in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Hier kom nou 'n ding!
Laurika Rauch en Loki Rothman met 'Stuur groete aan Mannetjies Roux'
Stuur Groete

Category

Telephone

Website

https://laurikarauch.substack.com/

Address

Postnet Suite C 339, Privaatsak X18, Lynnwoodrif
Pretoria
0040
Other Artists in Pretoria (show all)
Jordan Shade Jordan Shade
Pretoria

Welcome to my Page all you awesome peeps!

Johan van der Merwe Johan van der Merwe
Pretoria

Die blad is ter nagedagtenis van Johan van der Merwe die blad word gehardloop deur myself sy dogter Mart-Marie en my boetie Adriaan.

MyDesign Photography MyDesign Photography
Pretoria

My Design Photography

GOOSE GOOSE
Pretoria

DJ

Andries Brink Andries Brink
Pretoria

Berna Thom Berna Thom
Moreleta Park
Pretoria, 0167

Most of my artworks are based on ancient civilisations. I have been interested in archaeology since childhood and I enjoy researching&creating art works

Alexander.Laurean.Artist Alexander.Laurean.Artist
Pretoria

ARTIST & PERFORMING ARTIST

Liekie Fouché Liekie Fouché
Pretoria

This is the Liekie Fouché art page, showcasing her work. Contact [email protected]

Thời trang Hà Tây Thời trang Hà Tây
Dunwoodie Avenue
Pretoria, 0186

Cake smash, Maternity, Newborn, Baby, Family Photographer in Pretoria.

SHARON TILL ORIGINAL ARTWORKS SHARON TILL ORIGINAL ARTWORKS
Pretoria

Abstract and figurative artist.

wetakecreativepictures wetakecreativepictures
C/o Duncan & South Street ; Hatfield ; Studio 4
Pretoria

hello! ...welcome to our FB page* we changed our name to PICTURE ME&U so please rather visit our NEW

Clarisse Pieterson Photography Clarisse Pieterson Photography
Pretoria, 0081

“Photography is a way of feeling, of touching, of loving. What you have caught on film is captured