Laurika Rauch, Pretoria Videos

Videos by Laurika Rauch in Pretoria. www.laurikarauch.com Private email address: [email protected] Contact number: 079 375 3443

Hier kom nou 'n ding!

Tydens die hoogtepunt van die inperking, het ek die Nederlandse akteur, Laurens de Groot, oftewel ‘Man met koffer’ genader om vir my ‘n video as 'man met koffer’ op die klankbaan van ‘Stille Waters’ te maak. Ek het die idee gekry van Justin Bieber se lieflike video van ‘Love yourself’ waar hy self glad nie eers in die video verskyn nie. ‘Creedence Clearwater Revival’ het ook hulle ou treffer ‘Have you ever seen the rain’ gebruik as die klankbaan van ‘n verbeeldingryke kort film. Ek het geweet dat ‘Stille waters’, een van my liedjies wat deur Chris Torr geskryf is en heel waarskynlik die meeste van al my liedjies gestroom of afgelaai word, homself uitstekend sou leen tot dieselfde konsep. Laurens de Groot het die mooiste video van ‘Stille Waters’ gemaak. Ek gaan dit op Vrydag 27 November via my Facebook op Apple Music en my offisiële Youtubekanaal vrystel. Dis ‘n eenvoudige, universele verhaal wat iewers op ‘n strand afspeel. Ek kan nie wag om dit met jou te deel nie. Hou gerus my Facebook dop – ek het nog baie meer om in die komende dae te vertel, ook oor al die wonderlike sangers wat al tot op hede ‘Stille Waters’ gesing het: een as ’n parodie, een as ’n ballade, een as ’n duet, een as ’n orkesnommer en een ook in Nederlands, pragtig vertaal deur Daan Bartels. Ek hoop jy stem Vrydag saam dat dit ’n waardige toevoeging tot my katalogus is.
Afrikaans is Groot
Apple Music

Click to enable sound Next

Other Laurika Rauch videos

Hier kom nou 'n ding!
Tydens die hoogtepunt van die inperking, het ek die Nederlandse akteur, Laurens de Groot, oftewel ‘Man met koffer’ genader om vir my ‘n video as 'man met koffer’ op die klankbaan van ‘Stille Waters’ te maak. Ek het die idee gekry van Justin Bieber se lieflike video van ‘Love yourself’ waar hy self glad nie eers in die video verskyn nie. ‘Creedence Clearwater Revival’ het ook hulle ou treffer ‘Have you ever seen the rain’ gebruik as die klankbaan van ‘n verbeeldingryke kort film. Ek het geweet dat ‘Stille waters’, een van my liedjies wat deur Chris Torr geskryf is en heel waarskynlik die meeste van al my liedjies gestroom of afgelaai word, homself uitstekend sou leen tot dieselfde konsep. Laurens de Groot het die mooiste video van ‘Stille Waters’ gemaak. Ek gaan dit op Vrydag 27 November via my Facebook op Apple Music en my offisiële Youtubekanaal vrystel. Dis ‘n eenvoudige, universele verhaal wat iewers op ‘n strand afspeel. Ek kan nie wag om dit met jou te deel nie. Hou gerus my Facebook dop – ek het nog baie meer om in die komende dae te vertel, ook oor al die wonderlike sangers wat al tot op hede ‘Stille Waters’ gesing het: een as ’n parodie, een as ’n ballade, een as ’n duet, een as ’n orkesnommer en een ook in Nederlands, pragtig vertaal deur Daan Bartels. Ek hoop jy stem Vrydag saam dat dit ’n waardige toevoeging tot my katalogus is. Afrikaans is Groot Apple Music

Laurika Rauch en Loki Rothman met 'Stuur groete aan Mannetjies Roux'

Stuur Groete