Videos by Kleinhoewe Kleuterskool in Rustenburg. Waar ons blokkie vir blokkie aan die toekoms bou! 'n Liefdevolle tuiste waar kleuters veilig kan voel sonder mamma aan hulle sy. Ons gebruik spel as instrument om nuuskierige kleuters te leer en hul natuurlike drang om te eksperimenteer te stimuleer.
Hierdie week kuier ons in die Eendjieklas. Kom gerus saam!
Kleinhoewe Kleuterskool is Die MOS Inisiatief se heel eerste skool gewees. Dis MOS iets om op trots te wees! Die MOS Inisiatief is hierdie jaar 5 jaar oud en ons wou hulle graag geluk wens. Dis MOS 'n GROOT mylpaal! Mag julle nog vir baie jare lank Afrikaanse onderrig in skole verseker en uitbou. #dismosvyf
Kom kuier gerus vir ons by Soetdoringlaan 25, Protea Park. Ons sien uit daarna om blokkie vir blokkie aan jou kind se toekoms te bou!
Grootmotoriese aktiwiteite bevoordeel ons kleuters se fisiese-, emosionele- en intellektuele ontwikkeling. By Kleinhoewe Kleuterskool fokus ons op holistiese ontwikkeling deur middel van spel.
Kleinhoewe kleuterskool se Gr RR maatjies het n "uitstappie" gehad net buite ons eie perseel om te leer van pad veiligheid. π βοΈ π¦π