Laerskool Jan van Riebeeck

Laerskool Jan van Riebeeck Brink, na die pas voltooide buurskool, toe Petersfield-skool, die huidige Laerskool Jan van Riebeeck. Mnr. P.A. L.J.C. Nicol. S.L. Mostert.

Geskiedenis van Laerskool Jan van Riebeeck Met die aankoms van Jan van Riebeeck 6 April 1652 word daar jare later 'n klein skooltjie aan die Oosrand gestig met die naam van Laerskool Jan van Riebeeck. Aan die begin van die derde skoolkwartaal in 1947, word ‘n aantal leerlinge oorgeplaas vanaf Laerskool Geduld-Afrikaansmedium, tans bekend as Laerskool P.A.M. Op 1 September 1947 begin die Petersfiel

10/06/2024

*BEPERKTE VOORRAAD*

Die hoë-kwaliteit jaarblad bevat al 2024 se foto's en prestasies in volkleur. Klasfoto's, spanfoto's en nog meer van die Beertjieklas tot Graad 7. Bestel en betaal VANDAG nog.
1 boek R240 per boek
2 of meer boeke R220 per boek

Perfekte geskenk vir familie.

Photos from Laerskool Jan van Riebeeck's post 10/06/2024

Jannies julle maak ons so trots!!!
Interskole en ATKV Redenaars

10/06/2024

Kom ondersteun asb.!!!

09/06/2024
09/06/2024

Geagte Ouers

Jannies spog graag met ons leerders se prestasies. Stuur asseblief prestasies na die onderstaande e-posadres. Ons versoek vriendelik dat u nie "whatsapp"-boodskappe sal stuur nie. Die informasie wat ons benodig om te spog is as volg:
Naam en van van die leerder.
Prestasie wat leerder behaal het.
'n Duidelike foto van die leerder, wat as 'n aanhegsel gestuur word.
Die volgende e-posadres kan ook gebruik word: [email protected].

04/06/2024

uitgestel weens die koue, na 2 Augustus 2024!!!

Photos from Laerskool Jan van Riebeeck's post 30/05/2024

30/05/2024

Baie geluk aan ons oud-Jannies wat so goed presteer, julle maak ons trots!!!
14 uit die 20, Top 20 leerders is oud-Jannie, "Well done!!"

Photos from Laerskool Jan van Riebeeck's post 30/05/2024

Môre is Debutant-Markdag ! Hier is 'n paar van die lekkertes wat ons Jannies kan verwag....

Want your school to be the top-listed School/college in Springs?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Our Story



Geskiedenis van Laerskool Jan van Riebeeck Met die aankoms van Jan van Riebeeck 6 April 1652 word daar jare later 'n klein skooltjie aan die Oosrand gestig met die naam van Laerskool Jan van Riebeeck.

Aan die begin van die derde skoolkwartaal in 1947, word ‘n aantal leerlinge oorgeplaas vanaf Laerskool Geduld-Afrikaansmedium, tans bekend as Laerskool P.A.M. Brink, na die pas voltooide buurskool, toe Petersfield-skool, die huidige Laerskool Jan van Riebeeck. Op 1 September 1947 begin die Petersfieldskool met 195 leerlinge.

Mnr. P.A. Swanepoel word op 11 Oktober 1948, as die eerste permanente hoof en mnr. L.J.C. Alberts as onderhoof, aangestel. Onder die bekwame leiding van mnr. Swanepoel het die skool gegroei en spoedig ‘n waardige plek onder sy tydgenote , ingeneem.

Op 6 Oktober 1950, word die eerste skoolkermis gehou en in dieselfde jaar op 8 Desember, word die eerste geslaagde skoolkonsert in die saal van die Hoër Seunskool Hugenote, aangebied.

Op 15 Januarie 1952, is die naam Petersfieldskool, verander na die huidige naam Laerskool Jan van Riebeeck.

In 1947, is die eerste skolierpatrollie in Springs, hier by Jan van Riebeeck, gestig. In September 1952 word daar begin met die aanbou van nuwe klaskamers .

Die huidige skoolsaal word grotendeels met bydrae van die ouers gebou en op 15 Oktober 1954, word die skoolsaal ingewy. Die gedenksteen is onthul deur Me. Swanepoel en die hoeksteen gelê deur die Administrateur, Sy Edele dr. W.H. Nicol. Agter die gedenksteen is ‘n geskiedenisrol weggebêre.

Op 2 Julie 1965 tree Mnr. P.A. Swanepoel as hoof af en word hy opgevolg deur mnr. S.L. Mostert. Na mnr. Mostert se aftrede in Desember 1978, word hy in Januarie 1979 opgevolg deur mnr. C.J. van Baalen. In Januarie 1991 is mnr. P.W.J. Fleischmann aangestel. Mnr. Fleischmann tree in 2003 uit as hoof om voltyds te gaan boer. Mnr. Heyns neem waar vanaf 2003 - 2004 waar die huidige hoof,mnr. H.J. Flemming volg hom in Januarie 2004 op.

In 1997 is daar vir die eerste keer in die geskiedenis van ons skool ruimte geskep vir nie minder nie as twee graad nul-klasse. In 2007 is daar ‘n Graad RR klas en vier Graad R klasse.

Deur die jare heen is daar gepoog om by ons skool ‘n milieu te skep waar die kind gesond na liggaam en gees kan groot word. Laerskool Jan van Riebeeck het in 1997 sy 50ste bestaansjaar op kleurryke wyse gevier. In 2007 is ‘n Kuierfees gehou om die skool se 60ste bestaansjaar te vier. Na 60 jaar gaan Laerskool Jan van Riebeeck, danksy die Heer se wonderlike genade op alle terreine nog net van krag tot krag.

Videos (show all)

#JanniesMaakOnsTrotsBaie geluk aan ons oud-Jannies wat so goed presteer, julle maak ons trots!!!14 uit die 20, Top 20 le...
#JanSeSkuldFees2024@dannysmokeKoop jou kaartjies nou!!!!https://www.quicket.co.za/events/252161-jan-se-skuld-fees-2024/#...

Telephone

Address


Oos-Geduldweg, Petersfield
Springs
1559

Opening Hours

Monday 07:15 - 14:30
Tuesday 07:15 - 14:30
Wednesday 07:15 - 14:30
Thursday 07:15 - 14:30
Friday 07:15 - 14:30
Other Elementary Schools in Springs (show all)
Wright Park Christian Academy Wright Park Christian Academy
Wright Park
Springs, 1559

Wright Park Christian Academy is a school where each child's unique potential is nurtured.

Selcourt Primary School Selcourt Primary School
Cnr Molyneux Rd & Charterland Avenue
Springs, 1559

Selcourt Primary School - Grades 1 - 7.

Selectionpark Laerskool Selectionpark Laerskool
Allen Weg
Springs, 1559

Die skool waar daar unieke en gebalanseerde geleenthede vir elke kind is. Omgee en liefde is ons f

Wonderland Montessori Wonderland Montessori
Van Der Westhuizen Street
Springs, 1559

We are a Montessori based school. We cater for half day, full day & after care. We provide strictly

Laerskool Christiaan Beyers Laerskool Christiaan Beyers
19 Mentz Street Casseldale
Springs, 1559

Strubenvale Primary School Strubenvale Primary School
77 Athlone Avenue
Springs, 1559

A SCHOOL THAT STRIVES TO ACHIEVE! A SCHOOL THAT CARES FOR LEARNERS, TEACHERS AND THE COMMUNITY.