Hoërskool Labori

DINAMIES. MEERSTROMIG. BEROEPSGERIG Labori bied al vier die Ingenieursrigtings en is geleë in die hartjie van die Paarl.

26/07/2024

Agt van ons landloopatlete het Woensdag 24 Julie by die Arboretum deelgeneem aan ň wedloop wat deur Hoërskool Gimnasium gereël was. In die Senior seunswedloop het 40 atlete gehardloop en twee van ons atlete was onder die top 10. Wayden Willams het ň 5de plek behaal en Xavier Bothma ň 9de plek. In die Junior wedloop was daar 51 atlete en ons beste atleet was Achim Ehrenreich met ň 19de plek. Welgedaan julle!

Photos from Hoërskool Labori's post 25/07/2024

Hopefield Sportdag, 27 Julie 2024 - Neem asb. kennis dat Hoërskool Hopefield veranderinge aangebring het op die program. Hiermee die nuwe program.
Neem asb. kennis dat die busse om 05:30 vertrek vanaf Labori.

24/07/2024

Lede van Die Voortrekkers in Graad 12 verwerf die Nasionale Presidentsverkennertoekenning nadat hulle aan die vereistes van die Presidentsverkennerproses voldoen het. Die proses sluit in die bywoning van ‘n sekere aantal Gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ‘n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando en ‘n vereiste aantal jare diens in Die Voortrekkers.

Tweedens, die slaag van die Nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen wat in Aprilmaand geskryf is.

Derdens is dit ‘n vereiste dat die lede die Nasionale Presidentverkenner Afrondingskamp vanaf 3 – 7 Julie 2024 te Hartbeesfontein Voortrekkerplaas bygewoon het. Tydens hierdie kamp word daar gefokus op die verskillende vaardighede wat deel van die Voortrekkerloopbaanplan is. Die kampprogram het bestaan uit verskillende aktiwiteite, lesings en uitstappies waaraan lede aktief moes deelneem.

Die Presidentsverkennertoekenning is ‘n nasionale toekenning vir kulturele leierskap en ons is baie trots op Kayla Coetzee, Jaiden Steyn en Sharik Steyn wat hulle Presidentsverkennertoekenning ontvang het. Baie geluk julle!

23/07/2024

Baie geluk aan Lee Burger wat gedurende die vakansie aan die SA Nasionale Judo Kampioenskappe deelgeneem het en haar Kaapse Wynland Kleure verwerf het.

Photos from Hoërskool Labori's post 23/07/2024

Hiermee die Program vir Saterdag, 27 Julie 2024 se Sportdag teen Hoërskool Hopefield.

23/07/2024

Baie geluk aan Giselle van Wyk wat Saterdag 20 Julie aan die jaarlikse AGA Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem het, waarna sy gekies is vir die Provinsiale Hoërskool-span.

Sy sal die Wes-Kaap verteenwoordig tydens die Nasionale Kampioenskappe in Kimberley van 24 tot 27 September 2024. Ons is baie trots op jou!

23/07/2024

Baie dankie vir 'n baie inspirerende boodskap!!

22/07/2024

Ons program vir hierdie week!

Photos from Hoërskool Labori's post 22/07/2024

Saterdag het ons spelers die koue aangedurf op ons tuisveld teen Curro Langebaan. Welgedaan aan al die spelers wat hulle tyd opoffer om die Vikings op die sportveld te verteenwoordig en baie dankie aan die OOV wat altyd sekermaak dat daar genoeg eet- en drinkgoed vir almal is.

22/07/2024

As jy vandag moeg voel van sukkel, en daai gedagtes kruip in jou kop in dat jy eintlik maar net nie goed genoeg is nie...stop! Suksesvolle mense laat dit miskien maklik lyk, maar hulle het al nes jy gevoel. Hulle het net lank genoeg aangehou vir ander om die resultate te sien. Wanneer jy vandag hard werk, struikelblokke ervaar en lus is vir opgee, is jy alreeds besig met die proses van suksesvol wees. Al wat jy moet doen, is aanhou. Miskien 'n ander tegniek gebruik, of hulp vra. Maar jy kan daar uitkom!

Photos from Hoërskool Labori's post 17/07/2024

Baie dankie aan die ouers van ons OOV vir hul harde werk tydens die afgelope skoolvakansie. Ons seuns- en dogtersbadkamers by Bethel, kan spog met 'n splinternuwe baadjie! Baie dankie vir die opgradering van ons fasiliteite, ons waardeer jul harde werk!!

17/07/2024

Ondersteun hierdie projek van ons Interact-klub en maak 'n verskil in 'n meisie se lewe.

Photos from Hoërskool Labori's post 16/07/2024

Interskole is om die draai, so wees deel van die Viking-gees en dra jou Labori-kleure met trots! Bestellings kan by die finansiële kantoor geplaas word.

Photos from Hoërskool Labori's post 16/07/2024
Photos from Hoërskool Labori's post 16/07/2024

Hiermee die program vir Saterdag, 20 Julie 2024 se Sportdag teen Curro Langebaan.

15/07/2024

Alle old-boys en old-girls word uitgenooi om deel te wees van Interskole 2024. Kontak die sportkantoor vir meer inligting.

15/07/2024

Hier is ons program vir die week!

15/07/2024

Onthou moreaand se oueraand vir Graad 8 - 12 is slegs per afspraak. Volg die skakel om 'n afspraak te maak: www.picktime.com/hslabori

15/07/2024

Hoe pak 'n Viking die lekker besige 3de kwartaal aan? Stukkie vir stukkie! Een dag en een ding op 'n slag.

14/07/2024

Oefen rooster vir Kwartaal 3

Vanaf 15 Julie sal die onderstaande weeklikse rooster gevolg word vir alle buitemuurse aktiwiteite.

Indien swaar reënval veroorsaak dat oefeninge gekanselleer word, sal dit voor 12h00 op die betrokke dag gekommunikeer word.

Photos from Hoërskool Labori's post 12/07/2024

“I can accept failure, everyone fails at something. But I can’t accept not trying again.”
Dit is juis hierdie woorde van Michael Jordan wat Giselle van Wyk aanhou motiveer om weer en weer te probeer. Nou wys sy ons presies wat gebeur wanneer jy aanhou: jy wen.

Ons is baie trots op Giselle se uitslae tydens die SANIAC kampioenskappe (South African National Indoor Archery Competition), waar tydens sy die Wes-Kaap verteenwoordig het in haar kategorie.

Photos from Hoërskool Labori's post 11/07/2024

Hiermee bevestiging dat die skool vir Vrydag, 12 Julie, ook gesluit sal wees.
Ons hoop dat almal veilig en warm bly in hierdie ekstreme weerstoestande.

10/07/2024

Hiermee 'n bevestiging dat skole in Kaapse Wynland distrik môre, 11 Julie 2024, gesluit sal wees a.g.v. die weerstoestande. Die WKOD sal skoolhoofde op hoogte hou van verwikkelinge, wat dan aan ouers gekommunikeer sal word. Wees asb. veilig!

10/07/2024

Feel Good Fridays begin weer volgende Vrydag en ons gaan sommer lekker kreatief en morsig raak!

09/07/2024

Trek jou Labori-baadjie aan en kry al jou penne bymekaar: Kwartaal 3 is hier!

08/07/2024

Baie geluk aan Lee Burger wat 2 silwer medaljes verower het by die SA Judo Kampioenskappe in Bloemfontein. Ons as skool is baie trots op jou!

07/07/2024

Baie geluk aan Tannie Sanet van die Finansiële Kantoor wat vandag verjaar. Dankie vir alles wat Tannie vir die skool doen, ons waardeer dit opreg. Ons wens vir Tannie net goeie gesondheid en mooi dinge toe vir die nuwe lewensjaar.

29/06/2024

Baie geluk aan die Sanlam Boland o.18 Cravenweek span met hul oorwinning van 35-27 oor die Oostelike Provinsie. Ons is baie trots op julle!!

28/06/2024

Almal het ‘n vrou wat die steunpilaar in hulle lewe is. ‘n Vrou wat luister na jou drama, wat jou voer, wat jou leer hoé om ‘n vrou te wees.
Nooi jou ma, ouma, tannie, buurvrou of wieookal om die 16de Julie ‘n bietjie bederf te word by die kultuurkomitee se Damestee.

28/06/2024

Tyd raak min om julle kaartjies te kry!!

Want your school to be the top-listed School/college in Paarl?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Trek jou Labori-baadjie aan en kry al jou penne bymekaar: Kwartaal 3 is hier! #kwartaal3 #vikings
Vat gou 'n blaaskans en haal lekker diep asem. "Box breathing" is 'n tegniek wat stres verlaag en konsentrasie verhoog. ...
"Vikings don't get cold feet"... Skenk bloed en red 'n lewe. Dankie aan die Interact-span met hulle bewusmakingsveldtog ...
Baie dankie aan Marciel Hopkins vir jou mooi boodskap aan ons Mnr en Mej Labori finaliste! #vikings #mnrenmejlabori #bou...
Verlede Vrydag het ACE Models se direkteure, Isabel en Dominique, vir ons Mnr en Mej Labori finaliste 'n paar wenke kom ...
Mag julle ‘n lekker week vol van motivering en groei hê!#mentalhealthmonday #mentalwellness #growwhatyouare #vikings #bo...
Dis die begin van 'n nuwe week, nuwe maand en op die drumpel van 'n nuwe kwartaal. Wees JY die verskil wat jy in jou wêr...
Pret op die lughawe! #Wildehonde
Maak gereed vir ons vuurwarm Mnr & Mej Labori 2024 finaliste! Hou ons blad dop vir die aankondiging van die finaliste, a...
Baie dankie aan Fire Storm Engineering CC wat vandag kom sekermaak het ons personeel weet wat om te doen in die geval va...
Wie dink julle gaan wen? #kleureatletiek
Waag om jouself te wees! Daar is net een van jou.  En ja, sommige mense sal oordeel. Maar is hulle belangrik genoeg in j...

Category

Address

Gimnasiumstraat
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 07:40 - 02:05
Tuesday 07:40 - 02:05
Wednesday 07:40 - 02:05
Thursday 07:40 - 02:05
Friday 07:40 - 02:05
Other Schools in Paarl (show all)
Paarl Girls' High - Old Girls Paarl Girls' High - Old Girls
Paarl, 7646

Die Oud-Studente Unie (OSU) erken die behoefte van oud-studente om in voeling te bly met hul alma mater Hoër Meisieskool Paarl.

Ihlumelo Senior Secondary Ihlumelo Senior Secondary
Paarl

The purpose of this page is to soley communicate news and updates related to Ihlumelo Senior Secondary. The page is meant only for Ihlumelo S.S. learners and/or parents. *Ps: This...

Ligstraal School - Paarl Ligstraal School - Paarl
60 Pienaarstreet
Paarl, 7646

Ligstraal is a Special Needs School for learners with learning disabilities.

Green School South Africa Green School South Africa
R45, Simondium Road
Paarl, 7646

Green School educates for sustainability through community-integrated, entrepreneurial learning in a natural, wall-less environment.

Dalweide Primary School Dalweide Primary School
1 Symphony Avenue, Groenheuwel
Paarl, 7646

Anker tot sukses

Rainbow Kids Paarl Rainbow Kids Paarl
6 Zeederberg Street
Paarl

Rainbow Kids is committed to providing a program that focuses on the development of young children.

Paarl Lees- en Leersentrum Paarl Lees- en Leersentrum
193 Main Road, Hoog & Droog
Paarl, 7646

Nederburg Primary School Nederburg Primary School
Bo-Solomons Street
Paarl, 7646

Courtrai Primary second hand school uniform Courtrai Primary second hand school uniform
Courtrai Primary
Paarl, 7646

Courtrai Primary secondhand school uniform for sale

Amstelhof Primêr Amstelhof Primêr
Kwikkie Street
Paarl, 7646

Werk, Glo en Oorwin

Mary Help of Christians Primary Paarl Mary Help of Christians Primary Paarl
3 Barbarossa Street
Paarl, 7646

Co-ed Catholic Primary School. At service to the Paarl and surrounding areas.