Laerskool Mooirivier

Laerskool Mooirivier wil kinders met liefde en deernis opvoed om hulle volle potensiaal te bereik.

20/09/2024

Skakel na Kaartjieverkope vir Tokkie Fees!

https://bit.ly/3MPM0GR

20/09/2024

TOKKIE FEES 2024 : 1 NOVEMBER!!

Tokkies wys wie is baas by Super 12 Dogterskrieket | Potchefstroom Herald 19/09/2024

Tokkies wys wie is baas by Super 12 Dogterskrieket | Potchefstroom Herald Die meeste lopies wat in die Super 12 dogterskrieket kompetisie aangeteken is, is 90 lopies.

Photos from Laerskool Mooirivier's post 19/09/2024

SUPER 12 ATLETIEK: HUISSPORT 2024

Ons Tokkies maak reg vir die atletiekseisoen en voorbereiding vir die Super 12 Laerskole / Primary Schools atletiek-kompetisie wat op 19 Oktober 2024 plaasvind.

Massadeelname is ‘n groot prioriteit by Mooirivier sodat elke Tokkies ‘n geleentheid kry om deel te neem. Dankie aan elke personeellid wat hierdie geleenthede moontlik maak vir ons Tokkies.

18/09/2024

Baie geluk aan Me. Nelleke du Toit met haar verjaarsdag.

17/09/2024

Baie geluk aan Me. Beula Aucamp met haar verjaarsdag.

Photos from Laerskool Mooirivier's post 16/09/2024

SUPER 12 DOGTERSKRIEKET

Ons Tokkie-dogters het Saterdagoggend hul tweede wedstryd teen Laerskool Kenmare se tweede span gespeel en gewen met 10 paaltjies. Daarna het ons in die finaal teen Kenmare se eerstespan gespeel en ongelukkig met 41 lopies verloor het. Laerskool Mooirivier se eerste dogterskrieketspan eindig dus 2de in die Super 12 Laerskole / Primary Schools kompetisie. Tokkies is baie trots op hierdie puik prestasie.

'n Paar hoogtepunte van die naweek:
- Emilie Burger teken 90 lopies aan, die meeste in die toernooi.
- Sanmari de Jager is kort agter haar met 77 lopies.
- Abigail Fourie vat 6 paaltjies, sy het die tweede meeste paaltjies in die toernooi gevat.
- Elnette Burgers het 3 vangskote gehad, ook die meeste in die toernooi.
- Sanmarie de Jager is aangewys as die tweede beste paaltjiewagter.

Welgedaan dogters!

16/09/2024
16/09/2024

Tema vir die week!!

Photos from Laerskool Mooirivier's post 13/09/2024

SUPER 12 DOGTERSKRIEKET

Ons Tokkie-dogters begin die Super 12 Laerskole / Primary Schools kompetisie op ‘n hoë noot met ‘n goeie wen oor Laerskool Randhart.

Ons dogters wen met 5 lopies. Hoogtepunte van die wedstryd was Emilie Burger met 45 lopies van 34 b***e en nie uit nie. Paaltjies is geneem deur Abigail Fourie(1), Emilie Burger(1), Nina Burger(2) en Jesse Eybers(1).

Welgedaan met ‘n puik eerste wedstryd. Sterkte met die 2 wat voorlê.

13/09/2024

SUPER 12 DOGTERSKRIEKET

Baie sterkte aan ons Tokkies wat hierdie naweek aan die Super 12 Laerskole / Primary Schools dogterskrieket-kompetisie deelneem.

Photos from Laerskool Mooirivier's post 12/09/2024

HOOFLEIER UITREIK NA SECOND LIFE STORE

Dit was 'n groot voorreg vir die hoofleiers van die derde kwartaal om namens die Tokkies, goedere wat ingesamel is, te kon gaan aflewer. Hierdie is 'n wonderlike gemeenskapsprojek in ons dorp waarby duisende mense baat. Dankie aan al die Tokkie-huisgesinne wat geskenk het, sodat tweedehandse goedere nuwe lewe in ander huise kan kry! Dankie ook aan ons hoofleiers wat hierdie projek so mooi gedryf het.

Tokkies hokkie is ligawenners | Potchefstroom Herald 12/09/2024

Tokkies hokkie is ligawenners | Potchefstroom Herald Beide Laerskool Mooirivier se o/13 hokkieseuns en -dogters is as die Noordwes laerskool ligawenners aangewys.

10/09/2024

TOKKIE LANDLOOP

Baie geluk aan hierdie Tokkies wat die Noordwesspan vir landloop behaal het. Hulle het op Saterdag, 7 September aan die SA's in Vanderbijlpark deelgeneem. Ons is trots op hierdie langasem Tokkies wat so hard gewerk het hierdie seisoen.

Photos from Laerskool Mooirivier's post 09/09/2024

SUPER 12 ALGEMENE KENNIS

Ons is SUPER trots op ons vier gr. 7's wat by die Super 12 Laerskole / Primary Schools Algemene Kennis was.

Ariëlle van Deventer en Lize Du Plessis, het vir Handré Kemp en Dieterich Schreck só mooi ondersteun en ons het weereens gewys TOKKIES KAN!

Rondte 1 help ons om onder die Top 10 te land. Ons behou ons posisie onder die Top 10 vanaf rondte 2 tot by rondte 10.

Ons eindig algeheel 9de van 19 skole en is dankbaar vir hierdie vier flinkdinkers wat as 'n span hierdie geleentheid met oorgawe aangepak het!

Photos from Laerskool Mooirivier's post 07/09/2024

TOKKIE HOKKIE

NOORDWES LAERSKOLE LIGA WENNERS
Beide ons o/13A hokkieseuns en -dogters het hul staal gewys op die baan die laaste twee dae en het geseëvier met puik resultate.

Semi-finale:
Dogters wen 1-0 teen Schweizer
Seuns wen 1-0 teen Curro

Finale:
Dogters wen 4-0 teen Brits
Seuns wen Potch Primary in “Shootout” 2-1

Albei spanne kwalifiseer vir Champ of Champs vir 2024 op 20-21 September in Potchefstroom.

Photos from Laerskool Mooirivier's post 06/09/2024

GRAAD 1 INLIGTINGSDAG 2024

Op Donderdag, 5 September het Tokkies alle toekomstige graad 1 leerders 'n voorsmakie gegee van wat vir hulle wag in Tokkieland. Van akademie tot sport tot kultuur, die hele prentjie is ingekleur vir die nuwe leerders. Ons kan nie wag om te sien wat hulle gaan bereik hier in ons Wonderland nie.

Photos from Laerskool Mooirivier's post 06/09/2024

TOKKIE HOKKIE

Baie sterkte aan ons o/13A-hokkieseuns en -dogters wat hierdie naweek in die Noordweshokkie finale speel op die NWU astrobane.

Vrydag, 6 September
Seuns 15:30
Dogters 16:30

Saterdag, 7 September
Dogters 10:30
Seuns 11:30

06/09/2024

SUPER 12 ALGEMENE KENNIS

Baie sterkte aan ons Tokkies wat hierdie naweek aan die Super 12 Laerskole / Primary Schools algemene kennis-kompetisie deelneem in Rustenburg.

Dankie aan AfriForum vir die ondersteuning en inloer om ons Tokkies aan te moedig vir die naweek.

Photos from Laerskool Mooirivier's post 04/09/2024
04/09/2024

Aan die dames wat die kantoor met onderskeid bestuur, elke ouer en besoeker met 'n glimlag ontvang en elke liewe Tokkie se hart troos. Gelukkige Sekretaressedag!!

Photos from Laerskool Mooirivier's post 03/09/2024

LENTEDAG IN TOKKIELAND

02/09/2024

Baie geluk aan Mnr. Janko Barnard met sy verjaarsdag.

01/09/2024

Baie geluk aan Mnr. Edwin Warren met sy verjaarsdag.

Photos from Laerskool Mooirivier's post 30/08/2024

GRAAD 7 TOER

Dag 4:

Die Gr. 7's besoek die Sudwala-grotte en dit was verseker 'n hoogtepunt. Hulle het die ongelooflike rotsformasies en interessante geskiedenis van die grot beleef. Daarna het hulle die aand in Sabie deurgebring, waar die kinders lekker speletjies gespeel het. Dit was 'n onvergeetlike ervaring!

Photos from Laerskool Mooirivier's post 30/08/2024

BRAAF DIE BOERBOEL

Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek het met ons Tokkies kom gesels oor boeliegedrag en hoe om op te tree. Braaf het ‘n mooi boodskap oorgedra aan ons leerders. Ons waardeer julle inloer.

Want your school to be the top-listed School/college in Potchefstroom?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

TOKKIE FEES 2024 : 1 NOVEMBER!!
Baie geluk aan Me. Nelleke du Toit met haar verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Me. Beula Aucamp met haar verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Mnr. Janko Barnard met sy verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Mnr. Edwin Warren met sy verjaarsdag.   #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Me. Lynette Smit met haar verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Me. Elanza van Tonder met haar verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Me. Esmie Koornhof met haar verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Me. Maritsa Joubert met haar verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Me. Adelia Coetzee met haar verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
Baie geluk aan Me. Elané van der Merwe met haar verjaarsdag. #TokkieVerjaarsdag
TOKKIE KOOROns Juniorkoor wens ons Seniorkoor sterkte toe met hul optrede op Donderdag, 25 Julie in die ATKV Applous Fin...

Telephone

Address


Cnr Thabo Mbeki & Esselen Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:30
Tuesday 07:00 - 14:30
Wednesday 07:00 - 14:30
Thursday 07:00 - 14:30
Friday 07:00 - 14:00
Other Elementary Schools in Potchefstroom (show all)
PCS- Potchefstroom Central School PCS- Potchefstroom Central School
95 Beyers Naude
Potchefstroom, 2531

Potchefstroom Central School is an English Medium Primary School with ideals based on strong Values.

King Edward Private School King Edward Private School
234 Walter Sisulu Avenue
Potchefstroom, 2531

Pudulogo Primary School Pudulogo Primary School
3714 Tsabo Street
Potchefstroom, 2531

Public Primary School

M.L Fick Kekkel en Kraai Kleuterskool Potchefstroom M.L Fick Kekkel en Kraai Kleuterskool Potchefstroom
187 Beyer Naude Avenue
Potchefstroom, 2520

M.L. Fick Kekkel en Kraai Kleuterskool is vir peuters en kleuters vanaf 2 jaar tot Graad R.

Laerskool President Pretorius - Potchefstroom Laerskool President Pretorius - Potchefstroom
40 Peter Mokaba Street
Potchefstroom, 2531

Laerskool President Pretorius is located in Potchefstroom and is a dual-medium, multi-cultural school