Beter Verhoudings
Nearby schools & colleges
0181
Mark Shuttleworth Street
Pretoria North
Midleland Street
Marikana
195b
Alles wat jy nodig het vir 'n gelukkige verhouding of huwelik.
A-Z VAN SEKS e-Kursus
A) … A staan vir Aanskakelaars en Afskakelaars. Daar is 5 verskillende tipes seksuele aanskakelaars en 8 verskillende tipes seksuele afskakelaars.
As huweliksmaats weet wat hulle onderskeidelik seksueel aan- en afskakel is dit soveel makliker om ʼn bevredigende seksuele huwelik te geniet.
(… vir meer info oor hierdie e-Kursusse wat julle op jul eie tyd kan deurwerk – [email protected])
VERHOUDINGSWENK
“Kies om vir mekaar lief te wees - wys dit met LIEFDESGEBARE
- en LIEFDESGEVOELENS sal volg.”
(…Info oor ons Zoom Klas elke Maandagaand 8pm [email protected])
GESEGDE VIR VANDAG
As jy mense oordeel, het jy nie tyd om hulle lief te hê nie. (Moeder Teresa)
(…Info oor ons e-kursusse wat paartjies op hulle eie kan deurwerk – [email protected])
STILTETYD
Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig,
dien die Here. (Rom 12:11)
GEBED: Hemelse Vader, om altyd geesdriftig te bly is nie maklik nie. Met uitdagings van alle oorde verloor ek soms my geesdrif. Maar ek weet U kan my help. As ek voel ek raak leeg sal ek U aanroep om hulp en U sal my help om geesdriftig te bly en U met oorgawe te dien. Amen.
(…Info oor al ons e-Kursusse wat jy op jou eie kan deurwerk [email protected])
In vanaand se Zoom KLAS praat ons oor:
- Watter riglyne gee die Bybel vir die Huwelik?
- Hoe relevant is dit in vandag se tye?
Ons hoop jy gaan inskakel vir hierdie interessante klas.
(meer info - 0834549622 of [email protected])
VERHOUDINGSWENK
WENK: Sê gereeld iets mooi vir mekaar.
HOE: Wees opreg en bedoel dit.
HOEKOM: Dit laat mens nader aan mekaar voel.
(…Info oor ons Zoom Klas elke Maandagaand 8pm [email protected])
TELEURSTELLINGS
Iemand vra: “Ek het wonderlike drome vir ons huwelik gehad maar nou het my maat my al weer teleurgestel. Beteken dit dat ons huwelik ’n mislukking is?”
Ons antw: Om te trou met romantiese drome en opwindende verwagtings is normaal. Teleurstelling in ‘n verhouding is egter normaal en onvermydelik en beslis nie ’n teken dat die huwelik ’n mislukking is nie. Suksesvolle paartjies leer hoe om teleurstellings reg te hanteer en as span saam te werk om te voorkom dat teleurstellings onnodig herhaal word.
(… Info oor ons e-Kursusse wat julle op jul eie tyd kan deurwerk – [email protected])
STILTETYD VIR PAARTJIES
Die Here jou God het jou met 'n goeie oes geseën en alles wat jy aangepak het, voorspoedig gemaak. Daarom moet jy bly wees. (Deut 16:15)
GEBED: Here my voorsiener, dankie vir soveel goed waarvoor ek en my maat dankbaar kan wees. Al is daar uitdagings, U is waarlik altyd goed vir ons. Amen.
(…Kontak ons enige tyd vir julle eie privaat Kommunikasie Masterclass [email protected])
GESEGDE VIR VANDAG
God is die enigste een wat ’n vallei van uitdagings kan verander in ’n deur van hoop. (Cathrine Marshall)
(…Info oor ons e-kursusse wat paartjies op hulle eie kan deurwerk – [email protected])
Vandag se WENK kom hier van die stoep van die gym waar ons gereeld saam oefen. Dit lyk dalk nie so nie maar ons is nog fluks hoor :)
VERHOUDINGSWENK
"Doen gereeld iets saam wat julle altwee geniet."
ZOOM KLAS VANAAND 8-8:30NM
Enigiemand kan inskakel (info 0834549622)
Ons gaan vanaand hierdie vrae antwoord:
--- HOEKOM voel dit soms asof daar nie meer liefde tussen ons is nie?
--- HOE kan ek die liefdesgevoel weer terugkry?
AS JY 'N ANTWOORD OP HIERDIE VRAE HET skryf dit gerus hier onder ...
GESEGDE VIR VANDAG
Ons kan kla omdat roosbosse dorings het, of eerder jubel omdat doringbosse rose dra. (Abraham Lincoln)
(…Info oor ons Zoom Klas elke Maandagaand 8pm [email protected])
VERHOUDINGSWENK
WENK: “Kielie mekaar.”
HOE: Trek jou maat nader en begin hom/haar speels kielie.
HOEKOM: Fisiese kontak wat in ʼn ontspanne ligte luim plaasvind bring harte nader aan mekaar.
(…Info oor ons Zoom Klas elke Maandagaand 8pm [email protected])
Deur te belê in jou verhoudingsvaardighede,
belê jy in al jou verhoudings.
STILTETYD
Mag wat ek sê en wat ek d**k tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. (Ps 19:15)
GEBED: Here in my en my maat se verhouding wil ons graag versigtig wees met wat ons van mekaar d**k en ook met wat ons vir mekaar sê. Dankie dat ons daartoe in staat is deur U wat ons help. Amen.
(…Info oor al ons e-Kursusse wat jy op jou eie kan deurwerk [email protected])
Die Beter Verhoudings Masterclasses is die beste manier om in jou huwelik/verhouding te belê
Die KOMMUNIKASIE Masterclass is die BELANGRIKSTE
Die KONFLIK Masterclass is die MOEILIKSTE
Die KERNBEHOEFTES Masterclass is die LEKKERSTE
… persoonlik of met Whatsapp video call
… Gustav: 0834549622 of [email protected]
VERHOUDINGSWENK
WENK: “Gesprekke oor iets alledaags hou die verhouding interessant terwyl gesprekke oor iets belangrik die verhouding diepte gee.”
HOE: Kies ‘n belangrike onderwerp, stel belang, vra uit, en moedig aan om meer detail te gee.
HOEKOM: Gesprekke oor iets belangrik vorm ‘n diep betekenisvolle konneksie.
STILTETYD
Met u hulp loop ek 'n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. (Ps 18:30)
GEBED: Here my God, met U, en in U wil is alles moontlik en geen uitdaging te groot nie. Dankie Vader. Amen.
(…Info oor ons Zoom Klas elke Maandagaand 8pm [email protected])
GESEGDE VIR VANDAG
Ons familie - gewortel in geloof, saamgebind in liefde en beskerm deur God. (Anon)
(…Info oor ons Zoom Klas elke Maandagaand 8pm [email protected])
STILTETYD
Hy vra van jou om Hom te vrees, om volgens Sy wil te lewe, om Hom lief te hê en Hom met hart en siel te dien. (Deut 10:12)
GEBED: Here, vandag wil ek opnuut my lewe aan U toewy. Ek maak U opnuut die middelpunt van my lewe en my huwelik/verhouding. Ek wil U liefhê met alles wat ek is en het. Help my Here. Amen.
(…Kontak ons enige tyd vir julle eie privaat Kommunikasie Masterclass [email protected])
VERHOUDINGSWENK
“Sê gereeld ‘ek is lief vir jou’ – persoonlik, oor die telefoon, per sms of op ʼn ander spesiale manier.”
(… Kontak ons vir julle eie privaat Kommunikasie Masterclass [email protected])
GESEGDE VIR VANDAG
As jy jou maat vergewe het kan jy nie weer sy sonde vir ontbyt opdis nie. (Marlene Dietrich)
(…Info oor ons e-kursusse wat paartjies op hulle eie kan deurwerk – [email protected])
STILTETYD
Hiervan is ek oortuig: geen dood … of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of … enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Rom 8:38-39)
GEBED: Liefdevolle Hemelse Vader, hierdie vers vul my hart met dankbaarheid. Al voel ek soms verlore kan ek rus in die wete dat absoluut niks my van U kan skei nie. Ek is so gaande oor U goedheid. Dankie Vader. Amen.
(…Info oor al ons e-Kursusse wat jy op jou eie kan deurwerk [email protected])
VERHOUDINGSWENK
“Sê vir mekaar wat julle van mekaar waardeer.”
TERUGVOER NA GISTERAAND SE ZOOM KLAS OOR ROMANSE
"Dit was 'n eye opener om te hoor dat romanse dieselfde is as opwinding. 'n Romantiese date is dieselfde as 'n opwindende date. Ons het toe na die tyd gesels oor wat vir ons elkeen opwindend (romanties) sal wees vir ons volgende date en dit was baie verskillend, maar dit is ok. Die Zoom Klasse is awesome."
GESEGDE VIR VANDAG
“Glo dat die lewe die moeite werd is en jou geloof sal dit verwesenlik.” (William James)
(…Kontak ons vir julle eie privaat Kommunikasie Masterclass [email protected])
STILTETYD
“Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!” (Num 6:26)
GEBED: Ons Vader, dankie dat ons kan weet dat U altyd hoor as ons bid. Dankie dat ons met enigiets na U toe kan kom. U tyd is nie altyd ons tyd nie maar U vrede is altyd daar om ons rustig te maak. Ek bid nou vir my en my maat dat ons U vrede vandag sal indrink. Amen.
(…Kontak ons enige tyd vir julle eie privaat Kommunikasie Masterclass [email protected])
VERHOUDINGSWENK
WENK: “Sê dankie - vir die klein en die groot goed.”
HOE: Neem kennis van iets wat jou maat gee, doen of is - en sê dankie.
HOEKOM: Dit gee erkenning en laat die gewer en ontvanger goed voel.
(… Kontak ons vir julle eie privaat Kommunikasie Masterclass [email protected])
GESEGDE VIR VANDAG
Ons almal leer iets van elkeen met wie ons in ons lewens in aanraking kom. Sommige lesse is onaangenaam, ander is aangenaam maar almal is waardevol. (Anon)
(…Info oor ons e-kursusse wat paartjies op hulle eie kan deurwerk – [email protected])
STILTETYD
Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. Daarom is ek bly en juig ek en voel ek veilig. (Ps 16:8-9)
GEBED: Dierbare Vader, hierdie vers is so bemoedigend. Ek is nooit alleen nie. In my en my maat se verhouding is ons nooit alleen nie. Ons hoef nooit op ons eie te probeer om dinge te maak werk nie. Daarom sal ek en my maat juig en veilig voel. Amen.
(…Info oor ons Zoom Klas elke Maandagaand 8pm [email protected])
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Pretoria
University Of Pretoria Mamelodi Campus, Cnr Hans Strijdom & Hinterland Avenue, Mamelodi
Pretoria
U.S. Embassy and University of Pretoria partnership in Mamelodi to support science education & foster a love of STEM, while having as much fun as possible!
70 Jocelyn Road
Pretoria, 0081
Geko is a PADI 5 Star Career Development Center which is built on pure passion for SCUBA diving, with a passion for sharing the love of diving with new divers or creating instructo...
134 Pretorius Street
Pretoria, 0002
The HSRC conducts social science that makes a difference
Akasia
Pretoria
Welkom by Johan se Kasie foto's! Ek het so baie goeie Kasie tye - but life's for sharing! So geniet dit en wees dankbaar vir al jou blessings en vriende elke dag!
498 Maynardstreet
Pretoria, 0600
We train ETD staff in occupational qualification of Training Facilitation. we provide LMS platforms
23 Bureau Lane, Office Building 601, Centenary Building, 0002
Pretoria, 0700
High Gate Mining and Forklift Training Consultant Call or Whatsapp 0695562361
35257 Mmupudu Street. Mamelodi East Ext6
Pretoria, 0122
The core objective of mathematics is for you to develop skills such as analysis and modelling.We have