Moot Pienkvoet-Pret

Pienkvoet-Pret bied ontwikkeling-en stimuleringsklasse vir mammas en babas vanaf 3 maande tot 3 jaar Kom deel in die pret!

Pienkvoet-Pret bied ontwikkeling-en stimuleringsklasse vir mammas en babas vanaf 3 maande tot 3 jaar.

09/07/2024

Mammas en maatjies is julle reg vir die P R E T wat voorlê in Kwartaal 3?🌈

Kontak Carli: 0714920160 as jy ook wil kom saam leer, speel, groei, kuier en geniet! Eerste klassie is GRATIS!

07/07/2024

Kwartaal 3 is om die draai, en nou is jou kans om aan te sluit vir jou en jou baba se weeklikse “mommy & me” date.

Tussen kos maak, bottels was, huis skoonmaak en werk is dit dikwels moeilik om een-tot-een tyd en aandag aan jou baba te gee. Dis selfs nog moeiliker om die tyd te kry om navorsing en voorbereiding te doen rondom aktiwiteite wat jou baba sal stimuleer.

Dit is deel van wat Pienkvoet-Pret vir jou bied – 90 minute van kwaliteit een-tot-een tyd saam met jou baba waar jul gestruktureerde aktiwiteite doen wat gepas is vir jou baba se ouderdom en gerig is op hul ontwikkeling.

Jy en baba daag net op, leer speel-speel saam en dan is daar natuurlik nog die voordeel van lekker koffie na die tyd saam met ander mammas en babas waar jy jou hart kan deel en vriendinne kan maak.

Bespreek nou jul plekkie vir kwartaal 3, jul eerste les is GRATIS

Carli- 0714920160
https://pienkvoetpret.co.za/moot/

03/07/2024

Mamma ons is nou in die helfte van die jaar, en dit beteken ook dat as jy die jaar ingestap het as ‘n mamma, dat jou baba/kleuter nou al 6 maande ouer is as wat hy of sy was in Januarie.

6 maande is dalk in ons lewens nie SO baie nie, maar vir ‘n klein lyfie is 6 maande baie.

Neem ‘n oomblik en d**k terug aan die laaste 6 maande. Watter veranderinge in jou baba en in jou lewe plaasgevind het.

Dalk was borsvoeding nog ‘n uitdaging gewees in Januarie en nou is dit jou tweede natuur.

Dalk kyk jy terug en d**k daaraan dat jy trots is op jouself is dat jy ten spyte van al die stemme daarbuite besluit het om eerder oor te gaan formule melk toe omdat jy besef het dat jou geestelike welstand ‘n groter impak het op jou baba as die tipe melk wat hul drink.

Dalk kan jy terugkyk en besef hoe jou kleuter se woordeskat eksponensieel gegroei het vanaf 2 woord sinne na sommer dubbel-ontkenning gebruik.

Dalk slaap jou baba nou beter en jy begin weer soos jou ou self voel noudat jy meer as 4 ure slaap.

Dalk het jou baba vir die eerste keer regop gesit.

Dalk het jou baba sy eerste treetjie gegee.

Baie kan gebeur in 6 maande en ons hoop dat jy só in die helfte van die jaar besef dat die helfte van die goed waaroor jy bekommerd was nou iets van die verlede is.

Geluk mamma, jy het die eerste helfte van die jaar oorleef!

16/06/2024

Gelukkige Vadersdag pappas!

03/04/2024
02/04/2024

Ons harte is altyd by ouers wat saam met hul kind op hierdie reis is.

Ons sien julle, hoe sterk julle is, hoeveel julle moes leer, deurwerk en verstaan.

Ons sien ook elke mylpaal wat julle vier, en ons vier saam met julle!

Niemand sal ooit werklik kan sê dat hul julle persoonlike reis verstaan nie, maar ons deure is altyd oop vir julle en ons is hier om te ondersteun, luister, leer en onvoorwaardelik lief vir wees vir julle en julle baba.

22/03/2024

Onthou dat jou baba se eerste 1000 dae onsettend belangrik is. Dit is hier waar jy jou baba se boublokke vir die res van hulle skoolloopbaan vorm.

Bespeek nou vir kwartaal 2!!!!

Vir meer inligting kontak my gerus, jou eerste les is gratis!

Carli 0714920160
https://pienkvoetpret.co.za/moot/

18/03/2024

Gaan stem op die Hoofblad Vir Moot Pienkvoet-Pret !!!

Photos from Moot Pienkvoet-Pret's post 13/03/2024

Kom ons wees nou maar eerlik, die “snacks” is rede genoeg…

Maar indien jy steeds onseker voel oor Pienkvoet-Pret se weeklikse mamma- en baba klasse, dan is hier nog 3 redes wat jou sal oortuig!

Kontak Carli- 0714920160

Photos from Moot Pienkvoet-Pret's post 27/01/2024

Kinders spel LIEFDE met drie letters: T-Y-D

Kom kleur jou week in saam jou Pienkvoet,
3 maande tot 3 jaar word weekliks speel-speel slim.

CARLI- 0714920160

Photos from Moot Pienkvoet-Pret's post 22/01/2024

En so het 2024 afgeskop by Pienkvoet-pret Moot met tonne pret!
Moenie uitmis nie mammas!

kontak my by 0714920160

03/01/2024

Ons het by @‌deardiary_za 'n “post” gesien wat mense aanraai om vir elke jaar 'n woord te kies. Sy verduidelik dat wanneer jy 'n woord kies vir die jaar help dit jou om te bepaal wat jou prioriteit vir die jaar is. Sy verwys na die aanhaling “if you have more than one priority, you have no priorities” en daarom is dit belangrik om regtig vir jouself EEN prioriteit uit te sonder vir die jaar.

Elke persoon se woord is natuurlik persoonlik, maar ons wou vir Pienkvoet-Pret ook só woord kies. En na lank se d**k en bid is hierdie wat op ons harte lê…

As vrouens, mammas en 'n besigheid en gemeenskap vir mammas is die woord wat op ons harte lê “DIEN”

As ma’s het ons die voorreg om vir ons gesin 'n veilige hawe te skep by die huis, vir ons geliefdes 'n steunpilaar te wees, te sorg vir dié rondom ons en in die gemeenskap na mense uit te reik.

Dit beteken dalk dat jy dikwels ander se behoeftes bo jou eie stel en nie altyd voel asof jy by alles uitkom wat vir jou belangrik is nie.

Maar ons wil by jul die woord “DIEN” los as ‘n herinnering dat die Here ons geroep het tot die rol, plek en omstandighede waarin jy jouself in bevind om dié rondom jou te dien.

Net soos wat Jesus sy dissipels se voete gewas het, roep hy ons om dié rondom ons te dien en om 'n voorbeeld te wees deur onsself nederig te hou in die rol waarvoor hy ons geroep het as vrouens en ma’s.

Ons voel so bevoorreg om as Pienkvoet-Pret deel te wees van ‘n gemeenskap van mammas, en ons prioriteit vir hierdie jaar is om onsself toe te wy aan alle mammas en deur ons klassies mammas te dien...

🌈Om elke week mammas se tenkies weer vol te maak,
🌈Om mammas te ondersteun,
🌈Om ‘n gemeenskap te wees waar mammas onvoorwaardelik aanvaar voel
🌈En om vir mammas te luister, by mammas te leer en ‘n veilige hawe te skep vir julle
..soos wat julle ook elke dag dieselfde vir julle gesinne doen.

Photos from Moot Pienkvoet-Pret's post 02/01/2024

Is jy ‘n nuwe ouer wat graag by Pienkvoet-Pret wil aansluit om kosbare herinneringe te maak saam met jou baba? Of is jy reeds ‘n Pienkvoet-Pret ma, pa of selfs ‘n ouma, oupa of vriendin wat ‘n ander mamma wil bederf met Pienkvoet-Pret lesse…

Ons het wonderlike nuus! Registrasie vir 2024 is nou oop!!!

Neem die volgende stap in jou baba se ontwikkeling. Ontmoet jou nuwe ondersteuningsnetwerk. Geniet jou weeklikse uitstappie saam met jou baba!
Nou is jou kans om aan te sluit!

Ons weeklikse lessies sluit in:

🌈Veilige sosialisering
🌈Fyn en groot motoriese aktiwiteite
🌈Taalontwikkeling
🌈Kuns- en morsaktiwiteite
🌈Musiek en beweging
🌈Leer speel-speel
🌈Babas met spesiale behoeftes is welkom!

As jy eers vir jouself wil sien voordat jy registreer, kan jy jou naaste tak kontak om jul eerste GRATIS les te bespreek!

www.pienkvoetpret.co.za
Carli- 0714920160

Photos from Moot Pienkvoet-Pret's post 29/11/2023

Jou en jou baba se “tribe” wag vir jou by Pienkvoet-Pret!

Bespreek jul plekkie by jul naaste Pienkvoet-Pret tak, dit is julle veilige hawe waar jy gaan sien hoe jou baba voor jou oë groot word, nuwe mylpale bereik en hul eerste maatjies maak.

Hierdie is jul weeklikse uitstappie waar kosbare herinneringe geskep gaan word.

https://pienkvoetpret.co.za/moot/
Moot Pienkvoet-Pret
Carli 071 492 0160

Photos from Moot Pienkvoet-Pret's post 21/11/2023

Het jy al jou plekkie vir 2024 bespreek?

Pienkvoet-Pret is waar grootword kinderspeletjies is!

Aktiwiteite is spesiaal vir jou baba se ouderdom uitgewerk en help dat ouderdomspesifieke mylpale bereik word.

Registreer nou vir Kwartaal 1 🌈

Kontak Carli- 0714920160

https://pienkvoetpret.co.za/moot/

21/11/2023

🎄🎄🎄 it's beginning to look a lot like Christmas 🎄🎄🎄

17/11/2023

Heerlike sensoriese aktiwiteite die week waar ons Pienkvoete kon MORS met meel. Kyk net hoe lekker!!! Speel-speel stel ons babas se vel bekend aan verskeie teksture wat onder andere goeie eetgewoontes kweek wanneer dit by growwe kossoorte kom.

16/11/2023

STOP EN RUIK DIE BLOMME!!!

Het jy geweet dat reuk en emosie die gom is wat ons geheue vorm. Vandag het hierdie kosbare babas hul reuksintuig ontwikkel.

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Saterdag PRET!!!!!! Heerlik gespeel en geleer.Elke pappa, mamma, ouma, tannie, nanny welkom om saam hulle kleinding te K...
Buitespel hou voordele vir elke area van die kind se ontwikkeling in, naamlik: 🌈 Versterk spiere🌈 Kognitiewe ontwikkelin...
Liefie-dag by Pienkvoet-pret!!! Ons deel in die liefde!!#pienkvoetpret #firsttimemom #momlife #valentines #babydevelopme...
Waar's jy? Waar's jy? DAAR'S JY!!!!!TYD SAAM MET MAMMA! (Of ouma, pappa, nanny, vriendin)Ontwikkelings- en stimuleringsk...
Swaai is baie goed vir baba se grootmotoriese ontwikkeling!🌈Dit help met die ontwikkeling van baba se sig (ver sien en n...
Candy cane wishes and mistletoe kisses.Ons verf voetjies🎄 Moot Pienkvoet-Pret Pienkvoet-Pret Annmari Marais #mistletoeki...
Kersfees Partytjie by Pienkvoet-pret Moot 🎄🎁🎅🏻#Christmas #christmas2023 #christmasdecor #christmasiscoming #pienkvoetmoo...
🎅🏻HOHoHOHo🎅🏻🎅🏻Tiek tokke tak...Wie's op die dak??Kom maar nader...Dis KERSFEESVADER!!!!#babiesofinstagram #childrenplay ...
🎄🎁🎀 maklike kersfees aktiwiteit by die huis!! 🎀🎁🎄Draai 'n kersfees bal toe in foelie en laat baba dit self met hulle vin...
🎄🎄🎄 it's beginning to look a lot like Christmas 🎄🎄🎄
Heerlike sensoriese aktiwiteite die week waar ons Pienkvoete kon MORS met meel. Kyk net hoe lekker!!! Speel-speel stel o...
STOP EN RUIK DIE BLOMME!!!Het jy geweet dat reuk en emosie die gom is wat ons geheue vorm. Vandag het hierdie kosbare ba...

Category

Telephone

Address


1170 Dickenson Avenue Waverley
Pretoria
0186

Opening Hours

Tuesday 08:30 - 16:00
Wednesday 08:30 - 16:00
Thursday 08:30 - 16:00
Other Education in Pretoria (show all)
Mae Jemison Science Reading Room Mae Jemison Science Reading Room
University Of Pretoria Mamelodi Campus, Cnr Hans Strijdom & Hinterland Avenue, Mamelodi
Pretoria

U.S. Embassy and University of Pretoria partnership in Mamelodi to support science education & foster a love of STEM, while having as much fun as possible!

NLP Training NLP Training
No. 6 Woodhill Lavender
Pretoria, 0044

Geko Adventures Geko Adventures
70 Jocelyn Road
Pretoria, 0081

Geko is a PADI 5 Star Career Development Center which is built on pure passion for SCUBA diving, with a passion for sharing the love of diving with new divers or creating instructo...

Human Sciences Research Council (HSRC) Human Sciences Research Council (HSRC)
134 Pretorius Street
Pretoria, 0002

The HSRC conducts social science that makes a difference

Johan se Kasie Foto's! Johan se Kasie Foto's!
Akasia
Pretoria

Welkom by Johan se Kasie foto's! Ek het so baie goeie Kasie tye - but life's for sharing! So geniet dit en wees dankbaar vir al jou blessings en vriende elke dag!

GRACE Tutorials GRACE Tutorials
Chris Hani
Pretoria, 0407

Learner homework assistance and tutorials.

Occupational Studies Occupational Studies
498 Maynardstreet
Pretoria, 0600

We train ETD staff in occupational qualification of Training Facilitation. we provide LMS platforms

Jeremiah Philipo22 Jeremiah Philipo22
Pretoria

welcome

Montana Trading Montana Trading
Pretoria, 0835

High Gate Mining And Forklift Training Consultant High Gate Mining And Forklift Training Consultant
23 Bureau Lane, Office Building 601, Centenary Building, 0002
Pretoria, 0700

High Gate Mining and Forklift Training Consultant Call or Whatsapp 0695562361

Mseju1 Mseju1
Pretoria

welcome

Mathematics Mathematics
35257 Mmupudu Street. Mamelodi East Ext6
Pretoria, 0122

The core objective of mathematics is for you to develop skills such as analysis and modelling.We have