Huis Andries Hamman

Huis Andries Hamman

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Huis Andries Hamman, Nonprofit Organization, 10 Baring Street, Worcester.

17/09/2024
Photos from Huis Andries Hamman's post 30/08/2024

Vandag was inwoners en gaste lekker bederf by Huis Andries Hamman deur Marianna Botha en haar Feedem personeel met die Feedem Opwip Koffiewinkel wat aangebied was. Die lokaal was pragtig versier en almal se flinke diens was sigbaar. Die heerlike etes, koeke en poedings was voorgesit. Graag wil die Bestuur vir Marianna en alle personeel baie dankie sê en julle verdoen ṅ klop op die skouer. Nogmaals dankie.

Photos from Huis Andries Hamman's post 17/08/2024

Huis Andries Hamman se vroue binne die Tehuis was vanoggend lekker bederf deur die Worcester Nieghborhood Crime Watch as deel van Vrouedag viering. Bejaardes was bederf met n stukkie koek asook toiletware. Die bejaardes het groot waardering vir die uitreik en dat julle omgee vir ons bejaardes. Die Bestuur van ons Tehuis wil vir almal betrokke wat reëllings getref het asook die drie Raadslede van BVM dankie sê dat julle ook die uitreik meegemaak het. Julle almal verdien n klop op die skouer. Nogmaals baie baie dankie.

Photos from Huis Andries Hamman's post 15/08/2024

Ons Tehuis wil graag net almal weer herrinner aan ons Feedem Opwip Koffiewinkel wat op 30 Augustus 24 aangebied word by Huis Andries Hamman. U word genooi om lekker te kom kuier en heerlike etes te kom geniet. Plaas gerus u bestellings.

Photos from Huis Andries Hamman's post 15/08/2024

Vanmiddag het ons Tehuis se Huiskomitee hul jaarlikse muntlegging geselligheid gehou. Die inwoners het lekker gesellig saam gekuier oor n koppie koffie en tee terwyl Feedem hulle weer bederf het met iets lekker om te eet. Dankie aan die Komitee en Feedem vir julle moeite. Ons waardeer dit.

15/08/2024

Inwoners van Huis Andries Hamman het gisteraand die High School Musical van die Hoërskool Gimnasium op hul uitnodiging in die Stadsaal van Worcester bygewoon. Die inwoners het die uitstappie baie geniet en het hulle groot waardering dat die skool aandag aan bejaardes gee. Die kinders het uitstekende talent en die Skoolhoof, onderwysers en ouers kan trots wees op kinders wat deelgeneem het. Dankie ook aan personeel wat behulpsaam was om bejaardes se veiligheid te verseker. Nogmaals dankie aan almal.

Photos from Huis Andries Hamman's post 24/07/2024

Die Bestuur, personeel en inwoners van Huis Andries Hamman wil graag vir al die dames van die N G Kerk Audensberg onder leiding van Vasti Carstens, familie en vriendinne in Worcester wat vanoggend van vroeg begin pannekoeke bak het as deel van ons fondsinsamelingsprojek ten bate van ons Tehuis baie baie dankie sê. Ons waardeer dit opreg en is dankbaar vir sulke betrokkenheid by ons bejaardes. Ons sê ook baie dankie aan almal wat ons so goed ondersteun het in Worcester en omgewing. Die baksters het hul rekord van verlede jaar verbeter en in totaal 1487 pannekoeke gebak. Julle is werklik STERRE !!!!!!!!! en verdien ṅ groot handeklap.

Photos from Huis Andries Hamman's post 18/07/2024

Huis Andries Hamman wil graag alle vriende en familie asook gemeenskap van Worcester uitnooi om ons Op Wip Koffiewinkel op 30 Augustus 2024 te kom ondersteun as deel van ons fondsinsamelingprojekte van 2024. Heerlike etes en gebak word voorgesit deur Feedem wat hulle reeds in die verlede bewys het as uitstaande op die aanbied van hierdie geleenthede. Byvoorbaat dank vir almal se ondersteuning. Plaas gerus betyds u bestellings.

03/07/2024

Huis Andries Hamman bied op Woensdag die 24 Julie 2024 gedurende oggend weer hul jaarlikse pannekoekverkoping aan as deel van ons fondsinsamelingsprojekte. Pannekoeke kan bestel word by 023-3471558 of [email protected]
Bestellings van R200.00 en meer kan afgelewer word. Reëllings moet vooraf getref word by kantoor. Byvoorbaat dank vir almal se ondersteuning met hierdie projek. Bestuurder

Photos from Huis Andries Hamman's post 25/05/2024

Huis Andries Hamman het vandag Saterdag n heerlike en suksesvolle Plaasontbyt aangebied as deel van hul fondsinsamelingsprojekte vir 2024. Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons vanuit die breë Gemeenskap van Worcester ontvang het met die koop van kaartjies om ons te ondersteun. Die Bestuur wil ook alle familie en donateurs wat kontant en bestanddele geskenk het baie dankie sê en u kan verseker wees dat dit opreg waardeer word. Ons Tehuis is so afhanklike van fondsinsamelings soos hierdie, om ons barmhartigheidstaak binne Badisa en Worcester te vervul. Graag wens ek ook vir Mariaan Botha en haar span van Feedem en die volgende persone van die Wenspan te bedank vir hul onbaatsigtige tyd en diens tot ons Tehuis: Brian en Vasti Carstens, Floors en Francina Visser, Charmaine Stemmet, Max van Staden, Karin Camara, Cynthia Hamman, Ulla le Roux, Suster Bouwer, Perto Haasbroek, Staf Kruger, Gerrit Ferreire en Tannie Lucy Mattheus. Julle gewillige hande om die dag ṅ reuse sukses te kon maak is ṅ riem onder die hart. Ons is trots op julle. Die gaste en inwoners het dit terdeë geniet. Nogmaals dank aan almal.

05/05/2024

Huis Andries Hamman bied op 25 Mei 2024 ṅ heerlike Plaas Ontbyt aan
om fondse te genereer om te help om koste vir ons bejaardes se versorging so laag as moontlik te hou. Die Bestuur vra die gemeenskap om hierdie projek te ondersteun. Kaartjies kan by die Tehuis gekoop word of per e-pos bespreek word.

Photos from Huis Andries Hamman's post 04/05/2024

Die Bestuurder Bobby Stemmet, personeel en inwoners wil hul opregte dank uitspreek aan Roy Zeeman, sy vrou en al die dames van EarthKido Privaatskool wat vandag ons inwoners lekker kom bederf het, baie baie dankie sê. Die bejaardes het dit terdeë geniet. Julle betrokkenheid by ons bejaardes is voorwaar ʼn riem onder die hart. Julle is voorwaar wenners en ons wil julle skool net alle voorspoed toewens met die onderrig van die kinders in julle sorg. Dankie vir julle gemeenskapsbetrokkenheid. Julle verdien n groot klop op die skouer.

Photos from Huis Andries Hamman's post 24/04/2024

Huis Andries Hamman beskik tans oor twee vakante dubbel woonstelle vir bejaardes bo die ouderdom van 60 jaar oud. Vorige bewoners moes na Tehuis oorgeplaas word weens swak gesondheid.Die woonstelle beskik oor ṅ oopplan kombuis en sitkamer, 1 slaapkamer en badkamer. Die inwoners moet nog selfversorgend wees en word slegs ondersteunende sorg gelewer aan die inwoners. Persone wat aansoek doen sal gekeur word deur die personeel van die Tehuis. Inwoners kry n middagete per dag, skoonmaakdienste wasgoed word gedoen,elektristeit en water ingesluit by huur asook ondersteunende versorging. Indien daar belangstellendes is kan u ons Tehuis kontak vir n afspraak en nadere besonderhede by 023-3471558 of [email protected]

Photos from Huis Andries Hamman's post 18/04/2024

Huis Andries Hamman hou weer op 25 Mei 2024 hul jaarlikse Plaas Ontbyt as deel van hul fondsinsameling. Fonds insamelings vorm ook n groot deel van ons Tehuis se inkomste en help dit om bekostigbare huisvesting aan ons bejaardes te bied. Ons wil graag u ondersteuning vra deur die koop van kaartjie vir die heerlike ontbyt wat beslis waarde vir geld bied. U kan ook ons ondersteun deur n donasie in kontant of produkte soos aangedui te skenk. Kontant kan inbetaal in Huis Andries Hamman lopende rekening by Standard Bank 082 322 503 Takkode: 050-407
Verwysing: Donasie Plaasontbyt.

Photos from Huis Andries Hamman's post 19/03/2024

Op die 13de Februarie 2024 het Suster Elmarie Bouwer gereël dat sowat 20 van ons inwoners movies toe geneem was by Mountain Mill Mall. Ons bejaardes het dit terdeë geniet en het die ou dae van movies toe herleef. Suster Bouwer, Suster Vera Smith, Suster Susan Janse van Rensbrg en verpleeg-assistent Miepie Roux ons is dankbaar vir julle opoffering om ons bejaardes te bederf.

Photos from Huis Andries Hamman's post 19/03/2024

Huis Andries Hamman se Bestuur en inwoners wil graag baie dankie sê vir Francina Visser en Charmaine Stemmet vir hul toewyding en harde werk om ons pragtige tuin weer in ere te herstel na die installasie van ons solarstelsel se bekabeling. Dit is n riem onder die hard om mense soos julle as vriende van ons Tehuis te hê. Dankie ook aan Floors vir die maak van die hase waarmee jy en Francina ons Tehuis voorberei het vir die Paasfees. Nogmaals dank ook vir die donasie van plante en kosbare tyd. Ons wil julle verseker dat dit nie ongesiens verbygaan nie. Julle is ṅ inspirasie vir ander in gemeenskap. Ons is voorwaar trots op julle.

Photos from Huis Andries Hamman's post 05/03/2024

Vandag die 5de Maart 2024 het Huis Andries Hamman weer ṅ nuwe mylpaal in sy bestaan gevier toe die solarstelsel en ondersteunende toerusting oorhandig is aan ons Tehuis deur Open Communications en Cornerstone se personeel wat die installasie behartig het. Die installasie se oogmerk is om besparing in die toekoms teweeg te bring, sowel as elektrisiteitsvoorsiening tydens beurtkrag. Met die stelsel in werking kan ons reeds sien hoe dit n bydra tot die lewensstandaard van ons inwoners. Ons is dankbaar vir die twee Maatskapye wat betrokke was,om dit moontlik te maak. n Spesiale woord van dank aan Pieter en Gideon (Cornerstone) wat spesifiek betrokke was by die installasies. Tyler,Caleb en Nic Vermaak van Open Communication. Dank ook aan ons Beheerraad vir hul bydrae en gewigtige besluite wat geneem was om dit moontlik te maak. 🙏🙏🙏🙏👏👏🍸🍾

Photos from Huis Andries Hamman's post 02/03/2024

Die Bestuur, personeel en inwoners van Huis Andries Hamman wil hul opregte dank uitspreek aan Nadine Theron en Marianna Botha van Feedem vir die versiering van ons klein eetsaal by ons versorgingseenheid. Die is vir ons n riem onder die hart om julle toewyding,omgee en liefde vir ons bejaardes te aanskou. Dankie vir die passie waarmee julle jul werk doen. Ons is trots om julle as ons vernote te hê in die versorging van ons bejaardes. Julle verdien n klop op die skouer.

Photos from Huis Andries Hamman's post 29/02/2024

Daar het vannaand n GROOT opgewondenheid by Huis Andries Hamman geheers toe van die mede inwoners,personeel en vriende Oom Jan hartlik welkom geheet het op Skrikkeldag by ons Tehuis. Oom Jan het ewe kordaat sy sitplek in die voorportaal van die Tehuis ingeneem en al die aandag geniet. Die vroue is reeds baie danig met Oom Jan in hul midde. Ons sê baie dankie vir Benita Terblanche, Charmaine Stemmet en Francina Visser wat moeite gedoen het om Oom Jan veilig by ons in Tehuis te besorg en so pragtig versorg het. Ons wens Oom Jan n aangename tyd en verblyf by ons Tehuis toe. Oom Jan het plegtig beloof dat hy hom rustig sal gedra en beslis nie sal kla oor enige versorging nie. Hy is baie dankbaar dat hy nou n tuiste het.

Photos from Huis Andries Hamman's post 28/02/2024

Die inwoners van Huis Andries Hamman was vanmiddag lekker bederf deur Feedem wat die Tehuis se Voedingsdienste behartig. n Heerlike Skrikkeljaartee was aangebied en het
baie inwoners aktief deelgeneem deur hulle te klee in verskeie monderings. Die lekker eetgoed was uit die boeke en was daar ook verskeie pryse toegeken. Ons as Bestuur en inwoners van Huis Andries Hamman wil baie dankie sê aan Marianna, Nadine,Natalie en personeel van Feedem vir die heerlike bederf. Ons gee julle n klop op die skouer. Nogmaals dankie.

Photos from Huis Andries Hamman's post 16/02/2024

Huis Andries Hamman en Feedem se personeel het vanmiddag ons bejaardes lekker bederf met n piekniek in ons pragtige tuin. Al die inwoners het dit werklik geniet en was iets anders as die normale middagetes. Ons sê baie dankie aan Feedem en ons personeel vir hul initiatief en moeite.Julle verdien n klop op die skouer.

09/11/2023

Twee aalwynbome nog beskikbaar van basaar teen R1500.00 elk.
Kontak kantoor gerus indien u belangstel.
Tel. 023 347 1558

Photos from Huis Andries Hamman's post 06/11/2023

Huis Andries Hamman het op 4 November 2023 sy jaarlikse basaar gehou wat ook deel gevorm het van die Tehuis se 60 jarige bestaansjaar. Die Tehuis is geopen op 2 November 1963.
Daar het n heerlik atmosfeer geheers en die Kaapse Affodille Vroue Boeremusiekorkes het n groot bydrae gelewer om n feestelike atmosfeer te skep. Ons by die Tehuis wil alle inwoners, familie, vriende asook die Gemeenskap van Worcester baie, baie dankie sê vir hul ondersteuning, donasies en skenkings wat die dag vir ons moontlik gemaak het. Die Bestuur bedank ook elke personeellid, inwoner en Feedem personeel vir hulle bemanning van tafels en wie artikels gemaak het en verkoop het. Sonder julle sou ons nie so n suksesvolle dag beleef het nie. Nogmaals baie dankie. Ons is trots op almal. 👏👏👏👏👏👏👏🍾🍸

26/10/2023

🎉🎊🎉🎊🎉🎊🎉🎊

Photos from Worcester Round Table 68's post 17/10/2023
Photos from Huis Andries Hamman's post 10/10/2023

Hiermee nooi ons u hartlik uit na ons tehuis se 2023 Basaar op Saterdag 4 November 2023 om 9h00 🎊🎉🎊🎉🎊🎉
Bestellings vir maalvleis en wors kan vooraf geplaas word by [email protected] of 023 347 1558.
Ons sien uit om u te verwelkom by ons Basaar 😁😊.

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Worcester?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Telephone

Website

Address


10 Baring Street
Worcester
6850
Other Nonprofit Organizations in Worcester (show all)
KINGS of STEYN foundation KINGS of STEYN foundation
Worcester, 6850

Kings of steyn foundation is a NGO with the objective to Develop the yought ,feed the needy,run disability and elderly projects,do substance abuse prevention also do education empo...

SACBW Cape Winelands SACBW Cape Winelands
Cape Winelands
Worcester, 023

Our goal is for women to network, learn from each other, grow and mentor other women in the field of business. Empower | Embrace | Educate | Equip | Unite Women.... to be part of ...

NID Training NPC NID Training NPC
121 Church Street
Worcester, 6849

We Change Lives - Holistic Development of People with Disabilities.

LEOS Foundation NPC 2020/512429/08 LEOS Foundation NPC 2020/512429/08
Worcester, 6880

Aim to promote the welfare of all animals and the prevention of cruelty towards animals.

Nuwe Begin Skuiling Worcester Nuwe Begin Skuiling Worcester
Worcester, 6850

Nuwe Begin Skuiling is a shelter for homeless people based in Worcester, South Africa

Worcester Strikers Baseball & Softball Club Worcester Strikers Baseball & Softball Club
Russel Street
Worcester, 6850

Players from as young as 5 years old and up to adults playing baseball softball tee-ball etc

Charl Munnik Foundation for Kids Charl Munnik Foundation for Kids
Worcester

This foundation came into being due to the tragic death of Charl Munnik. He conquered Covid-19, only to die 12 days later. We want to continue what Charl began by improving the li...

Relief.Life Worcester Relief.Life Worcester
Reitz Plein
Worcester, 6705

Relief.Life is a Christian-based disaster management organization established to provide physical rel

Die Moses Mandjie Baby Rescue Die Moses Mandjie Baby Rescue
84 Churchstreet
Worcester, 6849

Our mission is to save abandoned babies, by providing an safe alternative to an unsafe abandoment. E

Skills4All Skills4All
83 Durban Street
Worcester, 6850

We are a Christian based NPO and our mission is to equip the communities with relevant skills.

Boland hospice Boland hospice
Worcester, 6849

BITA - Breede Valley Informal Traders Association BITA - Breede Valley Informal Traders Association
Adamstreet
Worcester

BITA a registered NPO establish by organisation's and entrepreneurs in the informal economy with the prime objective to transform the informal sector.