Vryheidsfront Plus Wes-Kaap / Freedom Front Plus Western Cape

'n Politieke party verbind tot vryheid en geregtigheid vir Afrikaners en alle minderhede in Suid-Afrika. Saam is ons sterker.

VF Plus dien mosie by parlement in oor onwettige tabakbedryf | Freedom Front Plus 29/08/2024

(Scroll down for English)

Die VF Plus het vandeesweek kennis van ʼn mosie by die parlement ingedien met die versoek dat debat gevoer moet word oor die handel in onwettige tabakprodukte en maatreëls om die probleem te bekamp.

Die smokkel van onwettige tabakprodukte is besig om toenemend ʼn geweldige probleem in Suid-Afrika te raak.

Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels wat strenger beletsels op die gebruik van tabakprodukte plaas, dien tans voor die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid.

Dit sal nie die nodige uitwerking hê om gebruikers aan te moedig om op te hou rook nie, maar sal eerder die handel in onwettige tabak drasties laat toeneem.

Onwettige tabakprodukte maak tans 70% van die totale mark uit. Dit maak daarom nie sin om die wettige tabakbedryf wat slegs 30% van die mark uitmaak, verder te reguleer en aan bande te lê nie.

Suid-Afrika het tydens die Covid-19-inperkings, waartydens die verkoop van wettige tabakprodukte deur sinnelose regulasies verbied is, gesien dat onwettige tabakhandel skerp toeneem.

Dit het die land se ekonomie duur te staan gekom. Die verlies wat die ekonomie aan belastinginkomste in die tydperk tussen 2020 en 2023 gely het, word geraam op sowat R92 miljard.

Die VF Plus is van mening dat die nuwe wetgewing nie verdere aandag behoort te kry voordat die onwettige handel in tabakprodukte nie totaal in bedwang gebring is nie.

Daar is bestaande wetgewing oor die gebruik en regulering van tabakprodukte, die wet op Beheer van Tabakprodukte, no. 83 van 1993. Hierdie wet moet net beter gepolisieer, uitgevoer en toegepas word.

Bestaande tabakboere en hul werknemers, asook andere in die tabakbedryf soos die bykans 2.2 miljoen informele handelaars, se inkomste kan drasties afneem indien die huidige wetsontwerp slaag.

Dit is mense wat daagliks ʼn lewensbestaan uit die verbouing en verkoop van wettige tabakprodukte maak en hulle moet eerder die nodige beskerming van die regering van nasionale eenheid (RNE) ontvang.

Die VF Plus kan om hierdie redes nie die voorgestelde wetsontwerp wat al in Desember 2022 ter tafel gelê is, steun nie.

Dit is nie goed deurd**k deur die vorige ANC-administrasie nie en die party is van mening dat die wetsontwerp terugverwys moet word na Nedlac.

Daar kan die regering, die arbeidsektor, sake- en gemeenskapsorganisasies weer deeglik daaroor beraadslaag voordat die portefeuljekomitee oor gesondheid daarmee handel.

- Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Gesondheid

-------------------------------

FF Plus tables motion regarding illegal to***co industry to Parliament:

The FF Plus submitted notice of a motion to Parliament this week, requesting that a debate be held on the trade in illegal to***co products and measures to combat the problem.

The smuggling of illegal to***co products is increasingly becoming a serious problem in South Africa.

The To***co Products and Electronic Delivery Systems Control Bill, which aims to more stringently regulate the use and distribution of to***co products, is currently being considered by the parliamentary Portfolio Committee on Health.

It will not have the desired effect of encouraging users to stop smoking, instead, it will bring about a drastic increase in the illegal to***co trade.

At present, illegal to***co products comprise 70% of the entire market. So, it makes no sense to further restrict and regulate the legal to***co trade, which comprises a mere 30% of the market.

With the Covid-19 lockdown, during which the sale of legal to***co products was prohibited by senseless regulations, South Africa saw a very sharp increase in the illegal to***co trade.

It dealt the country's economy a severe blow. The loss in tax revenue suffered by the economy between 2020 and 2023 is estimated at around R92 billion.

The FF Plus is of the opinion that the new legislation should be put on ice until the illegal trade in to***co products has been curbed.

There already exists legislation on the use and regulation of to***co products, namely, the To***co Products Control Act 83 of 1993. This Act should simply be better implemented, policed and enforced.

Existing to***co farmers and their employees as well as others in the to***co industry, such as the nearly 2,2 million informal vendors, could suffer drastic revenue losses should the existing Bill be passed.

These are the people who make an honest living from the cultivation and sale of legal to***co products and they are the ones who should be protected by the Government of National Unity (GNU).

Due to these reasons, the FF Plus cannot support the proposed Bill which was tabled in December 2022 already.

The former ANC administration put forward a badly thought-out piece of legislation, and the party is of the opinion that the Bill should be referred back to Nedlac.

It will afford government, the labour sector, and business and community organisations the opportunity to consider it again carefully before the Portfolio Committee on Health deals with it.

- Philip van Staden, FF Plus MP and chief spokesperson: Health
-

VF Plus dien mosie by parlement in oor onwettige tabakbedryf | Freedom Front Plus Die VF Plus het vandeesweek kennis van ʼn mosie by die parlement ingedien met die versoek dat debat gevoer moet word oor die handel in onwettige

Dr Corné Mulder: Making sense of SA’s coalition chaos and a path to stability 29/08/2024

Die nuutste oor koalisies: Dr Corne Mulder op Biznews in verwysing ook na tussenverkiesings:

Dr Corné Mulder: Making sense of SA’s coalition chaos and a path to stability Among the 14 by-elections held on Wednesday, the DA won a critical vote in Tshwane’s Ward 92 thanks to support from partners in the Metro’s ruling coalition,...

28/08/2024

VF Plus Speaker Swellendam - Juan van Schalkwyk: 👏 The handover of the first houses in this historic housing project, locally known as the Railton 950 Project.

"I am your Speaker, Juan van Schalkwyk, and what started over 5 years ago as a project dream has now been realized, with the handover of the first phase, of 204 houses. To those beneficiaries who have waited so patiently, I would like to say welcome home. This moment represents not just the completion of a building, but the realization of dreams and the start of new chapters for many families. As we hand over these homes, we are not just giving keys but opening doors to opportunities, comfort, and security. We are excited to see how these spaces will become the foundation for new beginnings and cherished memories. I hope that when you move in, your house will become a home. A place where memories are made, meals are shared, and love and warmth are daily visitors."

- Juan van Schalkwyk, FF Plus speaker of the Swellendam Municipality. VF Plus - Swellendam

28/08/2024
‘Oom Pieter’, ja, maar nie 'comrade Pieter' nie | Netwerk24 27/08/2024

👉🏼 LEES HIER: https://brnw.ch/21wM2cc
💬 PROFIEL || Ja, noem hom maar “oom Pieter”, maar as jy agter tralies is of daar hoort, moet jy nie d**k hy gaan jou soos ’n nefie of niggie behandel nie. Die minister van korrektiewe dienste het met Erika de Beer gesels.

‘Oom Pieter’, ja, maar nie 'comrade Pieter' nie | Netwerk24 Ja, noem hom maar “oom Pieter”, maar as jy agter tralies is of daar hoort, moet jy nie d**k hy gaan jou soos ’n nefie of niggie behandel nie. Die minister van korrektiewe dienste het met Erika de Beer gesels.

Photos from Vryheidsfront Plus Wes-Kaap / Freedom Front Plus Western Cape's post 25/08/2024

Cllr. Emre Uygun from the Cape Town Metro attended a Celebrating Women event in Bellville:

"This event was a powerful reminder that women are the catalysts for change, the champions of hope and the guardians of our collective humanity. As I had the privilege of serving as MC, I was struck by the resilience, determination, and unwavering commitment of the women who shared their stories, wisdom, and experiences. To Gerda, the guest speakers & every woman who is breaking down barriers, challenging the status quo, and forging a new path forward, I offer my deepest admiration and gratitude. May we continue to celebrate, uplift, and empower one another 🙏"

21/08/2024

❗️Insiggewende insette rakende die huidige stand van sake met betrekking tot Wes-Kaap-koalisies 👏 (Die Burger, 20/08/2024)

19/08/2024

KOALISIE-DEBAT: VF Plus staan by onafhanklike arbitrasie (Debat op Pretoria FM)

Oor tronke, tuinmaak en taai tye: ‘Oom Pieter’ is gerat vir groot taak | Maroela Media 19/08/2024

Dr. Pieter Groenewald erken dat hy verbaas was oor sy aanstelling as minister van korrektiewe dienste. Tog skram hy nie weg van die reusetaak wat hy nou op hande het nie. Kyk hier na die volledige onderhoud. Lees meer:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/oor-tronke-tuinmaak-en-taai-tye-oom-pieter-is-gerat-vir-groot-taak/?fbclid=IwY2xjawEv3ydleHRuA2FlbQIxMQABHeRbgrJVoBh1nsiJ5vTPhbcqP2zaejyHr-eMjdjdl2UKXiXlxwe5dhNWYg_aem_wbBW_goF_pkT25ahlTSklg

Oor tronke, tuinmaak en taai tye: ‘Oom Pieter’ is gerat vir groot taak | Maroela Media Dr. Pieter Groenewald erken dat hy verbaas was oor sy aanstelling as minister van korrektiewe dienste. Tog skram hy nie weg van die reusetaak wat hy nou op hande het nie. Kyk hier na die volledige onderhoud.

Photos from Vryheidsfront Plus Wes-Kaap / Freedom Front Plus Western Cape's post 17/08/2024

Die VF Plus George-jeugtak het die naweek gaan kuier by Odin Dogs in Need in George. Daar was musiek gemaak en die viervoetige vriende is bederf met skenkings van hondekos, komberse en ander snuisterye wat 'n hondekind net van kan droom. VF Plus-raadslid in George, Gert Niehaus het ook 'n draai gemaak ter ondersteuning.
***
The FF Plus George youth branch visited Odin Dogs in Need in George the past weekend. There was music and the four-legged friends were spoiled with donations of dog food, blankets and other trinkets that a dog can only dream of. FF Plus council member in George, Gert Niehaus also stopped by in support.

Geregtigheid geskied met terugtrek van moordenaar Marius van der Westhuizen se parool | Freedom Front Plus 16/08/2024

(Scroll down for English)
Die VF Plus verwelkom die tersydestelling van die kindermoordenaar en oud-polisieman Marius van der Westhuizen se parool.
Dit is die regte besluit en wys wat ʼn effektiewe minister kan doen om geregtigheid te laat geskied in belang van die mense van Suid-Afrika.
Die korrektiewe toesig-en-paroolhersieningsraad het vandag sy besluit hieroor bekend gemaak nadat die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, onlangs gevra het dat die paroolbesluit oor Van der Westhuizen na die hersieningsraad terugverwys word.
Van der Westhuizen is in 2011 tot 24 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die moord op sy drie kinders, Bianca (16), Marius Eben (5) en Antoinette (21 maande).
Suid-Afrika se mense is uitgelewer aan hoë vlakke van geweldsmisdaad, ontoereikende strawwe en ondeurdagte paroolvrylatings. In hierdie geval sou dit ook ʼn vergryping van geregtigheid wees om iemand vry te laat skaars dertien jaar ná die koelbloedige moord op sy drie kinders.
Soos in hierdie geval, kan nie net die regte van paroolaansoekers in aanmerking geneem word nie. Daar moet ewe veel gewig geplaas word op die belange van die gemeenskap en slagoffers soos die kinders se ma, Charlotte, wat die aansoek teengestaan het omdat sy vrees vir haar lewe.
In Van der Westhuizen se geval is die slagoffer-impakverslag (van mev. Van der Westhuizen) nie eens oorweeg nie.
Die VF Plus doen daarom ʼn beroep op die minister om toe te sien dat die paroolstelsel hersien word sodat almal in die proses regverdig behandel word.
Die VF Plus sou ook wou sien dat daar herbesin word oor strawwe, veral vir gewelds- en seksuele misdrywe, wat soms skokkend ontoereikend is. Dit kom neer op ʼn totale hersiening van die strafregstelsel wat selfs die administratiewe deel insluit.
Verlore dokumente kan byvoorbeeld ʼn groot rol speel in die uitkoms van iets soos ʼn paroolaansoek.
Wat straf aanbetref, is Van der Westhuizen byvoorbeeld gevonnis tot 24 jaar gevangenisstraf wat wesenlik verskil van ʼn lewenslange straf van 25 jaar wanneer parooloorweging ter sprake kom.
Die publiek ervaar die stelsel wat hom teen misdaad moet beskerm, toenemend as ʼn meganisme wat eerder meehelp om Suid-Afrika in ʼn misdaadparadys te omskep.
Dit moet verander en die regering van nasionale eenheid (RNE) bied ʼn goeie vertrekpunt hiervoor soos die besluit oor Van der Westhuizen illustreer.
- Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Korrektiewe dienste
--------------------
Justice prevails with revocation of murdered Marius van der Westhuizen’s parole:
The FF Plus welcomes the revocation of child-murderer and former policeman Marius van der Westhuizen's parole.
It was the right decision, and it demonstrates what an effective Minister can do to make sure that justice prevails in the interest of the people of South Africa.
The Correctional Supervision and Parole Review Board announced its decision earlier today after the Minister of Correctional Services, Dr Pieter Groenewald, had asked that the initial decision to grant him parole be referred back to the Board for review.
Van der Westhuizen was sentenced to 24 years imprisonment in 2011 for the murder of his three children: Bianca (16), Marius Eben (5) and Antoinette (21 months).
The people of South Africa are subject to high levels of violent crime, inadequate punitive measures and rash decisions to grant parole. In this case, it would have been a miscarriage of justice to release an offender after serving only 13 years for the cold-blooded murder of his three children.
In cases such as this one, there is more to consider than just the rights of the parole applicant. The interests of the community and the victims – such as the children's mother, Charlotte, who opposed the application because she fears for her life – should be given just as much consideration.
In Van der Westhuizen's case, the victim impact statement (by Mrs Van der Westhuizen) was not even taken into consideration.
The FF Plus is, therefore, calling on the Minister to ensure that the parole system is revamped so that everyone involved in the process is treated fairly.
The FF Plus is also calling for punitive measures to be revised, particularly for violent and sexual offences as they are often shockingly inadequate. It comes down to a total overhaul of the entire criminal justice system, including the administrative side.
Things such as misplaced documents, for example, play a significant role in the outcome of, say, parole applications.
As regards punishment, Van der Westhuizen was sentenced to 24 years imprisonment, which differs substantially from a life sentence of 25 years when it comes to being considered for parole.
The public increasingly perceives the system that is supposed to protect them against crime as a mechanism that is, instead, turning South Africa into a crime paradise.
This has to change and the Government of National Unity (GNU) offers a good starting point, as demonstrated by the decision regarding Van der Westhuizen.
- Heloïse Denner, FF Plus MP and chief spokesperson: Correctional Services

Geregtigheid geskied met terugtrek van moordenaar Marius van der Westhuizen se parool | Freedom Front Plus Die VF Plus verwelkom die tersydestelling van die kindermoordenaar en oud-polisieman Marius van der Westhuizen se parool. Dit is die regte besluit en wys

Photos from Vryheidsfront Plus Wes-Kaap / Freedom Front Plus Western Cape's post 14/08/2024

ONS STAAN VIR TAAL! Gelukkige Afrikaanse Taaldag! 💚

Van moederskoot ken ek jou …
in kleutersang en troetel woord,
strompel jy hink-hink tot skoene groot.

My taal … Afrikaans, jy’s lieflik in klank,
hoe meer ek van jou leer, hoe meer wil ek weet,
so laat my toe om jou te ontleed.

Jou suiwer prag en praal is skaars
soos eeue oue skatte verborge in bestaan
moet ons keer dat jy nie in tyd vergaan.

Jy’s volksbesit in jou skugter roem
en pronk pragtig in digterstaal
en vele spannings volle verhaal.

So luier op elk’ gewillige tong – my taal,
kosbaar is jou klank wyl ons in jou spore dwaal.

- Gedig geskryf deur Cornien

FOTO'S: VF Plus Wes-Kaap-onderleier, Grant Marais saam met die jeugleier, Christiaan Hoon en onderjeugleier, Bernadette Steenkamp by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

14/08/2024

In vandag se Beeld 🗞️

13/08/2024

NBNBNBNBNB !! - "SCAM"
Goeiemôre Vriende,
Moet asseblief nie op hierdie plasing klik nie, die plasing is deur n "phishing" webwerf en n vals plasing, nie deur die VF Plus nie.

13/08/2024

🎙️ LISTEN: Western Cape Councils - FF Plus sets the record straight about plans to work together with the ANC.

- Cuan Elgin, FF Plus District Councillor in Hermanus. 702

12/08/2024

🎙️ LUISTER: Dr. Corné Mulder gesels oor die nuutste gebeure in beide Oudtshoorn en Langeberg.

Vrouedag in Suid-Afrika bly belangrik om vroue te eer vir hul bydrae tot sinvolle en gesonde samelewing | Freedom Front Plus 09/08/2024

Vrouedag in Suid-Afrika bied elke jaar ʼn belangrike en welkome geleentheid om die rol van vroue oor die volle spektrum van die vrou in die samelewing te belig.

Van sagte moederhande wat ’n kind met opregtheid kan troos en sy trane afvee, tot ʼn vrou wat in die beroepswêreld haar man op elke gebied kan staan.

Hierdie woordspeling is doelbewus gebruik om te wys dat ʼn vrou op geen gebied ʼn tree hoef terug te staan nie, met inagneming van die feit dat ʼn vrou se krag gesetel is in deernis en vroulikheid – supervermoëns waaroor geen man beskik nie.

Die viering van Vrouedag in Suid-Afrika, buiten internasionale Vrouedag op 8 Mei, wys reeds ʼn opregtheid om erkenning te gee aan die land se vroue.

Van vroue self is daar druk op die groter gemeenskap en die regering om daadwerklik op te tree om vroue en hul rol in die samelewing te beskerm en dat dit nie bloot kan manifesteer in ʼn enkele dag in die jaar sonder sigbare optrede nie.

Suid-Afrika is ʼn gewelddadige samelewing waar die rol van die vrou lank misken is.

Dit sou nogtans onregverdig wees om bloot terug te sit en te verwag dat die regering moet toesien dat vroue waarlik hul regmatige plek op elke gebied in die samelewing inneem.

Die saad van respek vir mekaar ontkiem in die ouerhuis. Daar moet dit gekoester word tot die vrug ʼn onlosmaaklike deel raak van die samelewing. Iets wat in die hart groei, kan nie weggeneem word nie.

Die doel van internasionale Vrouedag is om ʼn geleentheid te bied om vroue se prestasies te vier. Dit is reg so, maar dit moet veel meer wees.

Vir Suid-Afrika moet Vrouedag ʼn viering wees wat nie net erkenning gee aan prestasies nie, maar aan vroue se totale rol om ʼn sinvolle en gesonde samelewing te skep.

Dit moet gebruik word om te besin oor ʼn omgewing waarin elke vrou veilig en gekoester kan voel. Daarsonder kan geen samelewing funksioneer nie.

- Erika Botha-Rossouw, VF Plus-woordvoerder: Vroue

Vrouedag in Suid-Afrika bly belangrik om vroue te eer vir hul bydrae tot sinvolle en gesonde samelewing | Freedom Front Plus Vrouedag in Suid-Afrika bied elke jaar ʼn belangrike en welkome geleentheid om die rol van vroue oor die volle spektrum van die vrou in die samelewing te

Photos from Vryheidsfront Plus Wes-Kaap / Freedom Front Plus Western Cape's post 09/08/2024

“Die vrou is die sout van die aarde
Die suurdeeg, beskou op die keper
Al hoër steeds rys sy in waarde
Sy's beide die sout en ... die peper!
Wie ter wêreld verstaan ooit die vrou
En wie sal haar geheimenis weet?
Haar verjaarsdae moet jy onthou,
Maar haar ouderdom moet jy vergeet!” - AG Visser

Mulder: Explaining Oudtshoorn’s seismic change as FF+ dumps DA for ANC 07/08/2024

VF Plus Wes-Kaap en Parlementêre Leier, Dr. Corné Mulder.🎙‼️

Mulder: Explaining Oudtshoorn’s seismic change as FF+ dumps DA for ANC Corné Mulder shares the reasons why his FF+ broke its longtime alliance with the DA, creating a fresh governing coalition with the ANC in the Western Cape to...

07/08/2024

📚 Weet jy van ons Politieke Skool?

Of jy ’n VF Plus-lid is wat meer wil weet, of ’n bestuurslid van ’n tak, of dalk ’n verkose ampsdraer, jy is ewe welkom by die VF Plus se politieke skool. Die kursus is aanlyn en selfstudie.

Die doel met hierdie kursus is om dieper oor politiek te d**k as die regmaak van straatligte en die opvul van slaggate. Iemand wat dit deurgegaan het, sal die Grondwet van die VF Plus en die Beleidsraamwerk van die VF Plus beter begryp, asook die manier waarop ons party dinge doen.

https://vfplus.leersfeer.com/
https://www.facebook.com/share/v/ubaDFYNj1FCkiybh/?mibextid=oFDknk

06/08/2024

Luister gerus! Onderhoud met Oudtshoorn-munisipaliteit se nuwe burgemeester, Johan Allers.

❗️OUDTSHOORN: Suksesvolle koalisies akkommodeer almal! 06/08/2024

❗️KYK: Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier in die Wes-kaap in debat met die DA oor die onlangse gebeure in die Oudtshoorn-munisipaliteit. (In Gesprek met Lourensa Eckard) kykNET

❗️OUDTSHOORN: Suksesvolle koalisies akkommodeer almal! Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier in die Wes-kaap in debat met die DA oor die onlangse gebeure in die Oudtshoorn-munisipaliteit. (In Gesprek met Lourensa Eckar...

03/08/2024

VF Plus LPW Mnr Grant Marais se eerste kragtige toespraak in die Wes-Kaap Parlement.
VF Plus MPL Mr Grant Marais' powerful maiden speech in the Western Cape Parliament.

DA-burgemeester van Oudtshoorn het samewerking onmoontlik gemaak | Freedom Front Plus 02/08/2024

Ontevredenheid oor die optrede van die vorige DA-burgemeester van Oudtshoorn, mnr. Chris Macpherson, is hierdie week op die spits gedryf toe die bestaande koalisie in dié munisipaliteit op die rotse beland het.

ʼn Nuwe regering van plaaslike eenheid (RPE) is daarna deur partye gevorm met Johan Allers van die VF Plus as burgemeester. Die VF Plus het van die begin af die DA genooi om hom by die RPE aan te sluit.

Die DA het die ander partye én die publiek se versoeke om Macpherson te vervang deurentyd van die hand gewys en het eindelik self uit die koalisie gestap.

Hier volg van die redes waarom Macpherson vandeesweek met ʼn mosie van wantroue uit sy pos verwyder is:

•⁠ ⁠Die direkteur van infrastruktuur op Oudtshoorn is in November 2023 afgedank sonder die vereiste dissiplinêre prosesse. Die burgemeester (Macpherson) ignoreer die mening en gesamentlike koukusbesluit waar drie van die vier koalisiepartye (VF Plus, Icosa en Saamstaan) teen die afdanking stem.

•⁠ ⁠Die rede vir die afdanking spruit uit die verskuiwing van ʼn rioolpyp by ʼn nuwe ontwikkeling en wie vir die koste van R3,1 miljoen verantwoordelik is. Die afgedankte direkteur het daarop aangedring dat die ontwikkelaar self betaal. Die burgemeester het gesê die munisipaliteit moet betaal. Dit het wye ongelukkigheid onder die publiek tot gevolg gehad.

•⁠ ⁠In Februarie vanjaar is die rioolpyp-aangeleentheid weer in die raad bespreek met die voorstel dat die munisipaliteit self die pyp moet skuif. Die koalisievennote (VF Plus, Icosa en Saamstaan) dring weer aan op ʼn regsmening. Die burgemeester gaan nogtans voort en gee die munisipale bestuurder opdrag dat die pyp geskuif word.

•⁠ ⁠Dieselfde scenario het afgespeel by ʼn ander perseel van dieselfde ontwikkelaar waar die burgemeester ook daarop aangedring het dat die munisipaliteit die elektriese aansluitingskoste moet dra. Die direkteur en die koalisievennote se mening was dat die ontwikkelaar self moet betaal.

•⁠ ⁠ʼn Munisipale begroting word opgestel sonder enige insette van die koalisievennote. Oor die koalisievennote se ontevredenheid hieroor was die burgemeester se antwoord dit is “my begroting” en dat die “klein partye” nie ʼn sê het nie.

•⁠ ⁠Die burgemeester steur hom in die raad nie aan vennote se besnoeiingsplanne vir buitensporige hoë eiendomsbelasting nie.

•⁠ ⁠Op 7 Junie 2024 woon die DA nie ʼn koukus by nie en weer besluit die drie koalisievennote om nie die begroting goed te keur nie. Die burgemeester onderhandel buite die koalisie met die ANC en die begroting word met steun van partye buite die koalisie aanvaar. Hierdeur het die DA effektiewelik reeds die koalisie-ooreenkoms beëindig.

•⁠ ⁠ʼn Gereelde klag is dat die burgemeester eensydig besluite van komitees omkeer en nie goed saamwerk met komiteevoorsitters nie.

•⁠ ⁠Die burgemeester perk die magte van die VF Plus-speaker op verskeie maniere in, soos dat hy nie op die komitee van die KKNK of die water- en sanitasie-werksgroep mag dien nie.

•⁠ ⁠Hy besluit ook dat ʼn VF Plus-raadslid nie meer op die behuisingswerksgroep mag dien nie. Hierdie opdragte is onwettig, aangesien die raad die aanstellings doen en nie die burgemeester nie.

•⁠ ⁠Die mediabeampte in die Burgemeester se kantoor word slegs vir die burgemeester gebruik en nie vir die koalisie of vir enige geen ander party nie.

•⁠ ⁠Die burgemeester het met die PA gekonkel om die VF Plus se plek in die koalisie in te neem, hy misbruik die PA om vals klagtes teen die VF Plus-speaker in te bring en ondermyn deurentyd die speaker.

Hierdie redes maak dit duidelik dat die burgemeester die koalisie-ooreenkoms en koalisievennote deurentyd geminag het. Hy het opgetree asof die DA alleen in beheer van Oudtshoorn is.

In gesprekke oor die aangeleentheid het die DA-leierskap prontuit gesê niemand sal aan hulle “voorskryf” wie hulle aanwys as burgemeester nie.

Die VF Plus se siening is dat niemand voorskriftelik wou optree nie, maar dat daar bloot ʼn opregte poging was om ʼn bevoegde persoon as burgemeester aan te stel in belang van die inwoners van Oudtshoorn.

- Dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en provinsiale leier: Wes-Kaap

DA-burgemeester van Oudtshoorn het samewerking onmoontlik gemaak | Freedom Front Plus Ontevredenheid oor die optrede van die vorige DA-burgemeester van Oudtshoorn, mnr. Chris Macpherson, is hierdie week op die spits gedryf toe die bestaande

Behoud van gesoute joernaliste by Media24 goeie nuus | Freedom Front Plus 02/08/2024

(Scroll down for English)

Die VF Plus is dankbaar dat redelikheid en goeie oordeel geseëvier het in Media24 se besluit dat geen koerantjoernalis as deel van die groep se beoogde herstrukturering, afgelê gaan word nie.

Sonder gesoute en deurwinterde joernaliste kwyn die soeke na waarheid en die openbaarmaking van ongerymdhede.

Geen prys is te hoog vir akkurate en geloofwaardige inligting in ʼn tyd waar snelgroeiende inligtingstegnologie die wêreld oorspoel en daar ʼn groeiende gaping ontstaan tussen waarheid en fiksie nie.

In hierdie snel groeiende inligtingswarboel waar mense soms meer waarde heg aan plasings op sosiale media-platvorms soos Facebook en X, het die behoud en beskerming van professionele persone wat die waarheid najaag, van kritieke belang geraak.

So ook die behoud van formele maatskappye wat hierdie kwynende kundigheid koester en beskerm.

Die toekoms van inligting lê voor, maar die wêreld het reeds ʼn idee daarvan.

Daarom moet almal wat soggens sy of haar nuus op een of ander wyse lees of hoor, ʼn groot mate van geloofwaardigheid daaraan kan heg. Daarsonder is almal in die duister en sal sosiale media toenemend die geloofwaardige inligtingsbron raak. Dit mag nie gebeur nie.

Die besluit van Media24 om die joernaliste te behou, al is dit ten koste van die sluiting van gedrukte koerante soos Rapport, City Press en Daily Sun, was die regte besluit. Al het dit groot openbare druk geverg om dié besluit te neem.

- Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier en minister van korrektiewe dienste

--------------------

Good news: Media24 retains seasoned journalists

The FF Plus is grateful that reason and sound judgement prevailed in Media24's decision not to lay off any newspaper journalists as part of the group's planned restructuring.

Without experienced and seasoned journalists, the search for truth and the disclosure of irregularities will inevitably dwindle.

One cannot put a price on accurate and credible information in a time where fast-growing information technology floods the world and there is a growing gap between truth and fiction.

In this chaotic explosion of information where people often value posts on social media platforms, such as Facebook and X, more than reported facts, retaining and protecting professionals who pursue the truth has become critically important.

The same goes for conserving formal companies that cherish and protect this dwindling expertise.

The information future lies ahead, but the world already has an idea of what it entails.

So, everyone who starts their day by reading or hearing news in some or other form must find it absolutely credible. Without it, everyone will be in the dark and social media will increasingly become an apparently credible source of information. That should not happen.

Media24's decision to retain the journalists, despite the closure of printed newspapers, such as Rapport, City Press and Daily Sun, was the right decision; even though it took much public pressure to take this decision.- Dr. Pieter Groenewald, FF Plus leader and minister of correctional services

Behoud van gesoute joernaliste by Media24 goeie nuus | Freedom Front Plus Die VF Plus is dankbaar dat redelikheid en goeie oordeel geseëvier het in Media24 se besluit dat geen koerantjoernalis as deel van die groep se beoogde

Want your organization to be the top-listed Government Service in Cape Town?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

KOALISIE-DEBAT: VF Plus staan by onafhanklike arbitrasie (Debat op Pretoria FM)
🎙️ LISTEN: Western Cape Councils - FF Plus sets the record straight about plans to work together with the ANC. - Cuan El...
🎙️ LUISTER: Dr. Corné Mulder gesels oor die nuutste gebeure in beide Oudtshoorn en Langeberg.
VF Plus LPW Mnr Grant Marais se  eerste kragtige toespraak in die Wes-Kaap Parlement.VF Plus MPL Mr Grant Marais' powerf...
(Scroll down for English)VF Plus Raadslid Paul Jacobson in Kaapstad spreek die party se bekommernis uit oor die groot be...
Stem VF Plus op 29 Mei op al 3 jou stembriewe!Vote VF Plus on 29 May on all your ballot papers!
💚💪 Stem VF Plus die 29ste Mei! | 💚💪 Vote FF Plus on the 29th of May!
Vote with hope and conviction!Stem met hoop en vasberadenheid!#HerstelenBou2024 #kiesvryheid #RepairandBuild2024 #Choose...
#WeChooseFreedom #OnsKiesVryheidStem VF Plus op al drie jou stembriewe!
❗An important election message from Grant Marais, the FF Plus Deputy Chairman in the Western Cape.#SAelections24 #VFPlus...
❗️'n Belangrike verkiesingsboodskap van Adv Gert van Niekerk, die VF Plus-ondervoorsitter in die Wes-Kaap.#SAelections24...

Address


Parliament Of South Africa
Cape Town
8000

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 15:00
Other Political Organizations in Cape Town (show all)
Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus
Good Hope Building, Parliament Street
Cape Town, 8000

'n Politieke party verbind tot groepsregte, teen regstellende aksie en vir 'n beter SA vir almal.

ATSM UWC ATSM UWC
Cape Town

ATSM UWC����

Mtc sadc -etat de droit Mtc sadc -etat de droit
Cape Town, 8000

LA PROMOTION DE L ETAT DE DROIT. DANS NOTRE REPUBLIQUE DEMOCRATIQUE DU CONGO RDC.

Western Cape: ANC Ward 53 Western Cape: ANC Ward 53
Cape Town, 7405

Western Cape Ward 53 Purpose: this platform serves as an engagement platform where all things ANC wi

Action SA Western Cape Action SA Western Cape
Adderley Street
Cape Town, 8000

A party for all South Africans who love their country, hate what is being done to it and refuse to stay silent any longer. The time for talk is over. It’s time for ACTION.

ANC Renewal Ward 6 ANC Renewal Ward 6
Cape Town

This is the page of ANC Activists in Ward 6, Cape Town Metro

ARA SA First ARA SA First
Cape Town

Welcome to the official Africa Restoration Alliance page. This page will feature all official party updates and announcements.

Economic Freedom Fighters Economic Freedom Fighters
Plakker Skamp 305
Cape Town, CAPETOWN

ARA WARD 45 ARA WARD 45
2 Corner Of Military Road & Gumtree Rd, Steenberg
Cape Town, 7945

Welcome to the official ARA (Africa Restoration Alliance ) WARD 45 page. On here will be featured updated and announcements concerning Ward 45.

ESKOM Loadshedding perjury ESKOM Loadshedding perjury
55 Rogland Street, Brackenfell
Cape Town

This is a platform that exposes the perjury committed by senior government members against the poor.

Asiwaju Bola Ahmed Tinubu Presidency Support Group  SA Asiwaju Bola Ahmed Tinubu Presidency Support Group SA
14 Trafalgar Street Malibu
Cape Town, 7100

This group is basically base on the campaign for Presidential candidate of APC. Asiwaju Bola Hamed T