Aros

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros). Onderwysersopleiding in Suid-Afrika. Aros se kampus is in Montanapark, Pretoria geleë.

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is ʼn privaat Christelike hoëronderwysinstelling wat roepingsgedrewe studente oplei om die onderwysprofessie met kundigheid te betree. Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies met heelwat uitdagings en ʼn groot tekort aan onderwysers. Aros wil graag studente toerus om ʼn verskil in die onderwyslandskap te maak. Hier geniet ongeveer 2 100 stu

Photos from Aros's post 20/09/2024

Baie sterkte aan ons netbal- en hokkiespan wat die naweek deelneem aan die Klerksdorp 7's toernooi.

Prof Kobus Mentz (Aros: Rektor) het vanoggend die twee spanne sterkte toegewens voor hulle vertrek na Klerksdorp.

Baie dankie aan die twee afrigters, Rizanne (netbal) en Nialette (hokkie) vir julle toegewydheid en afrigting.

Aros Studenteraad

17/09/2024

U word vriendelik uitgenooi na die Bakens van Hoop vir Christelike Onderwys-kongres wat op die Aros-kampus op 2 Oktober 2024 plaasvind. Die bywoning van hierdie kongres is gratis.

Sprekers wat by hierdie kongres gaan optree, sluit in mnr Paul Sauer (SAOU), dr Jaco Deacon (FEDSAS), mnr Ivor Swartz, prof Julialet Rens, en vele meer.

Voltooi asb. die skakel per persoon wat die kongres wil bywoon.

Skakel: https://aros.ac.za/WebForm/Fill/70510

RSVP: Vrydag 20 September 2024

SAOU Nasionaal / National FEDSAS Skoleondersteuningsentrum SOS Rapport Onderwys Fonds - ROF Instituut vir Christelike Onderwys Hartklop Onderwys

17/09/2024

Die skoolvakansie is om die draai! Hier is die perfekte aktiwiteitsboek om daai woelige lyfies besig te hou!

Arrie-Warrie is ʼn aktiwiteitsboek wat op die ontwikkeling van die leerder in verskeie areas fokus. Dit bevat ook prettige aktiwiteite wat die ouer sowel as die kind betrek. Die boek is ryklik geïllustreer om die verhale lewendig te maak en die verbeelding van die leerders aan te gryp.

Die koste beloop R70 per tydskrif.

Volg gerus die skakel om ’n bestelling te plaas: https://aros.ac.za/WebForm/Fill/70476

Stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected] indien jy enige navrae het.

Kom ontdek die wonderlike wêreld van Arrie en sy avonture vandag nog!

Rapport Onderwys Fonds - ROF Pretoria FM SAOU Nasionaal / National Onderwysers / Teachers Laerskool ouers en onderwysers / Primary school parents and teachers Studente - Toekomstige Onderwysers Onderwysposte en hulpbronne / Teaching posts and resources

Photos from Aros's post 13/09/2024

Ons is trots op Adri Smit (Aros-dosent) met haar splinternuwe boek wat gister by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vrygestel is.

Adri Smit en Suné Bester is die redaktrises van hierdie splinternuwe boek. Die boek is getiteld Leer in die 21ste eeu en is deur Fontein Uitgewery uitgegee.

Nadine Broodryk en Hester Hall (ook Aros-dosente) het ook elk 'n hoofstuk geskryf. Baie dankie en baie geluk aan julle ook.

13/09/2024

U word vriendelik uitgenooi na die Bakens van Hoop vir Christelike Onderwys-kongres wat op die Aros-kampus op 2 Oktober 2024 plaasvind. Die bywoning van hierdie kongres is gratis. Sprekers wat by hierdie kongres gaan optree, sluit in mnr Paul Sauer (SAOU), dr Jaco Deacon (FEDSAS), mnr Ivor Swartz, prof Julialet Rens, en vele meer.

Voltooi asb. die skakel per persoon wat die kongres wil bywoon.

Skakel: https://aros.ac.za/WebForm/Fill/70510

RSVP: Vrydag 20 September 2024

SAOU Nasionaal / National Pretoria FM FEDSAS Skoleondersteuningsentrum SOS Aros Studenteraad

12/09/2024

Aros kuier Vrydagoggend in die GROOT ONTBYT-ateljee!

GROOTfm 90.5 kykNET SAOU Nasionaal / National

05/09/2024

Wat 'n voorreg.

Today we had the privilege of welcoming Professor Kobus Mentz back in KT Land! Professor Mentz is currently the rector of AROS, but he started his academic career at Karel Theron in 1966, where he was a part of Ms Goosen's Sub A (Grade 1) class.

Professor Mentz is a wonderful example of the heights a humble karoo child can reach! His presence reminded us of the importance of a solid foundation in education, which we at Karel Theron have championed for the past 144 years, and will continue to do for generations to come.

Thank you for visiting Professor Mentz, we loved having you. It's fun being a KT!

05/09/2024

Skakel gerus vanaand in op Pretoria FM en luister saam.

SAOU Nasionaal / National FEDSAS

Photos from Aros's post 31/08/2024

Dag 1 by die SAOU Nasionaal / National Damesleierskapseminaar was propvol inspirerende sprekers. Van Minnette Demsey, Ankia Bester, Shirley Slater Billet en Ivor Swartz.

Aros was bevoorreg om ook twee sprekers te hê. Prof Kobus Mentz, Rektor van Aros, het 'n groeteboodskap gelewer en dr Marga Botha het gesels oor strategieë vir die beoefening van selfversorging, die stel van grense en die bestuur van stres om uitbranding te voorkom.

Ons sien uit na dag 2.

30/08/2024

Dames, ons is gereed vir julle.

Aros is die trotse hoofborg van die SAOU Nasionaal / National-damesleierskapseminaar.

Ons sien uit daarna om u te verwelkom.

Leier wees is mens wees.

SAOU Nasionaal / National

Photos from Aros's post 27/08/2024

Baie geluk aan Riané Bosman wat vir die eerste nasionale Suid-Afrikaanse damesbofbalspan in Suid-Afrika se geskiedenis gekies is!

Sterkte met die toetsreeks in Augustus teen Zimbabwe!



Maroela Media Netwerk24

Photos from Aros's post 24/08/2024

Die Arries is aangewys as die Fontie-toernooiwenners!

Baie geluk aan die Aros-netbalspan wat tydens die naweek se Fontie-spele as die algehele netbalwenners uit die stryd getree het.

Die Arries was onoorwonne:
Wedstryd 1: Aros 25 - Varsity College 5
Wedstryd 2: Aros 18 – Bo-Karoo Opleiding Orania 12
Wedstryd 3 Aros 35 - ETA 14
Wedstryd 4: Aros 38 - NGI 7
Wedstryd 5: Aros 32 - Varsity College 13
Wedstryd 6: Aros 22 - Akademia 11
Semi-finaal: Aros 30 - Varsity College 14
Finaal: Aros 26 - ETA 12

Anrike Combrink is ook aangewys as speler van die toernooi!

Welgedaan, Arries! Julle maak ons trots!

Dankie, Akademia! Dit was lekker!

Pretoria FM Maroela Media SAOU Nasionaal / National

24/08/2024

Lekker om te ontmoet, Mielies!

Aangename kennis, Arrie (Arrie is Aros se kampushond). Dis altyd lekker om nog viervoetiges raak te loop!

19/08/2024

Die studentewerwers reis weer Suid-Afrika plat. Ons kuier hierdie week in jou kontrei.

Kom loer in en vind uit wat ons weet! Dis 'n fees om 'n Arrie te wees!

Aansoeke vir studie in 2025 is reeds oop. Doen vandag aanlyn aansoek by www.aros.ac.za

09/08/2024

Gelukkige Vrouedag.

AG Visser- Die Vrou

“Die Vrou is die sout van die aarde,
Die suurdeeg, beskou op die keper:
Al hoër steeds rys in sy in waarde:
Sy’s beide die sout ... en die peper!

Wie ter wêreld verstaan ooit die vrou,
En wie sal haar geheimenis weet?
Haar verjaarsdae moet jy onthou,
Maar haar ouderdom moet jy vergeet.”

08/08/2024

Maak hierdie naweek 'n draai by KragDag. Een van ons bekwame en vriendelike bemarkers wag om met jou te gesels!

As jou droom is om die wêreld te verander, studeer roepingsgedrewe onderwys by Aros. Jou enigste onderwyskeuse!

Aansoeke vir studie in 2025 is reeds oop. Doen aanlyn aansoek by www.aros.ac.za

Pretoria FM SAOU Nasionaal / National Maroela Media

05/08/2024

Ons bekwame bemarkers kuier hierdie week weer in jou kontrei.

Maak seker jy maak die naweek 'n draai by KragDag en Aros se uitstalruimte.

Sien jou daar!

01/08/2024

GROOT NUUS!!!!

Aros stel BEd Honneurs in Onderwysbestuur en -leierskap bekend

Aros poog om jaarliks studente van hoogstaande gehalte te lewer. Tans bied Aros die volgende kwalifikasies aan: BEd in Grondslagfase, BEd in Intermediêre Fase, BEd in Senior Fase en VOO, BEd Honneurs in Leerondersteuning, Nagraadse Onderwyssertifikaat en Hoër Sertifikaat in Onderwys. Studente volg ‘n afstandsonderrigmodel, en studente van regoor Suid-Afrika vorm deel van meer as 2 900 Aros-studente. Aros se onderrigmodel bied die ideale geleentheid vir voornemende onderwysers om hul studie en praktieseonderwys-ervaring gedurende hul studietydperk te kombineer.

Aros spog in 2024 met ‘n rekordgetal eerstejaars en kan met dankbaarheid aankondig dat 1 100 eerstejaars in dié jaar deel van die Aros-familie geword het. Die eerstejaarsgetalle groei jaarliks, en juis in hierdie opsig is Aros as privaat hoëronderwysinstelling trots en dankbaar om te kan sê dat ons elke jaar onder die Here se seën van krag tot krag groei. In Maart 2024 het meer as 300 roepingsgedrewe studente hul graad ontvang en die onderwysprofessie betree.

Navorsing het getoon dat onderwysleiers, in Suid-Afrika en internasionaal, voldoende vir die bestuurs- en leierskapsrol binne die sektor voorberei moet wees. In die lig hiervan is dit vir Aros verblydend om aan te kondig dat die BEd Honneurs in Onderwysbestuur en -leierskap vanaf 2025 aangebied word. Hoofde en ander persone wat bestuursrolle binne die onderwyssektor vervul, moet immers met die nodige diepgaande kennis en vaardighede toegerus word.

Benewens die navorsingsvaardighede waarop die BEdHons in Onderwysbestuur en -leierskap fokus, wil hierdie kwalifikasie ook daarom voornemende en dienende onderwysbestuurders vanuit ‘n Christelike perspektief met die nodige kennis en vaardighede toerus. Sodoende stel hierdie kwalifikasie studente in staat om doeltreffende onderwysbestuurders te wees.

Aansoeke vir BEd Honneurs in Onderwysbestuur en -leierskap open op Donderdag 1 Augustus 2024 en sluit op 15 Oktober 2024. Voornemende studente kan gedurende die week ’n besoek aan die splinternuwe Aros-kampus in Montanapark aflê. Afsprake met die bekwame studentewerwers kan ook virtueel geskied.

SAOU Nasionaal / National Pretoria FM Maroela Media Netwerk24 Rapport Onderwys Fonds - ROF ONDERWYSPOSTE 2024 AOV - Algemene Onderwys Vereniging Skoleondersteuningsentrum SOS Gauteng Onderwys Poste & info Onderwysers / Teachers Onderwysposte / Teaching posts FAK ATKV eNuus

30/07/2024

As jy droom om die wêreld te verander, studeer roepingsgedrewe onderwys by Aros.

Doen vandag nog aanlyn aansoek om in 2025 deel van die Aros-familie te wees, want dis 'n fees om 'n Arrie te wees!

Ons kuier die week weer regoor Suid-Afrika, kom loer in en gesels met een van ons bekwame studentewerwers.

Hoërskool Ben Vorster Hoërskool Noordheuwel Hoërskool Schoonspruit - Klerksdorp

25/07/2024

Luister gerus saam!!!

Pretoria FM SAOU Nasionaal / National

24/07/2024

Arrie-Warrie is ʼn aktiwiteitsboek wat op die ontwikkeling van die leerder in verskeie areas fokus. Dit bevat ook prettige aktiwiteite wat die ouer sowel as die kind betrek. Die boek is ryklik geïllustreer om die verhale lewendig te maak en die verbeelding van die leerders aan te gryp.

Die koste beloop R70 per tydskrif.

Volg gerus die skakel om ’n bestelling te plaas: https://aros.ac.za/WebForm/Fill/70476

Stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected] indien jy enige navrae het.

Kom ontdek die wonderlike wêreld van Arrie en sy avonture vandag nog!

Maroela Media Netwerk24 Pretoria FM SAOU Nasionaal / National FAK ATKV Laerskool Wierdapark Laerskool Garsfontein Laerskool Monumentpark se Amptelike profiel Laerskool Fontainebleau Laerskool Totiusdal Laerskool Mayville Amptelike Blad Laerskool Elarduspark

23/07/2024

Wil jy meer weet oor die Prestige-onderwysbeurs?

Klik hier vir die beursdokument:https://aros.blob.core.windows.net/document/766690/Prestige-onderwysbeurs%20dokument.pdf

As jy wil aansoek doen, klik hier: https://www.aros.ac.za/Application/Bursary

Aansoeke vir studie in 2025 is reeds oop, doen vandag nog aanlyn aansoek.

As jou droom is om die wêreld te verander, studeer roepingsgedrewe onderwys.

Rapport Onderwys Fonds - ROF Pretoria FM Maroela Media Netwerk24

22/07/2024

Ons reis weer van oos na wes...

Aansoeke vir studie in 2025 nou oop. Doen gerus aanlyn aansoek.

22/07/2024

Grootste onderwysbeurs in Suid-Afrika bekendgestel

Drie van die grootste onderwysbeurse in die privaat hoëronderwyssektor word vandag in Pretoria bekendgestel. In samewerking met Pretoria FM en Rapport Onderwysfonds bied Aros aan drie top- presterende Afrikaanse studente die geleentheid om sy/haar vierjaar-onderwysgraad kosteloos by Aros te voltooi en te verwerf.

Die beurse beloop ‘n huidige waarde van R250 000,00 per beurs oor die volgende vier jaar. Dit sluit die volgende in: ‘n BEd in Grondslagfase- of ‘n BEd in Intermediêre Fasegraad in een van die twee BEd in Intermediêre Fase-rigtings of ‘n BEd in Senior Fase en VOO-graad in een van die vier spesialiseringsrigtings.

Hierdie beurs is daarop gemik om die onderwysberoep en onderwysstudie weer prominent onder skoolverlaters se aandag te bring. “Ons wil graag belê in belowende voornemende studente wat dit as ‘n roeping sien om ‘n onderwyser te word en wat by ‘n instelling wil studeer waar hulle op ‘n Reformatoriese grondslag onderrig ontvang, aldus Nadia Scott, Bemarkingsbestuurder by Aros.

Aros is geregistreer as ‘n afstandsonderriginstansie, en daarom kan voornemende studente van regoor Suid-Afrika aansoek doen om by Aros in 2025 te studeer. Voorts kan voornemende studente van regoor Suid-Afrika wat kwalifiseer ook om die Prestige-onderwysbeurs aansoek doen. In 2023 is wenners van Pretoria, Johannesburg en selfs Bethal in Mpumalanga aangewys.

Om in aanmerking vir hierdie beurs te kom, moet die kandidate aan die volgende kriteria voldoen:
1. Akademiese gemiddeld: Kandidate moes ‘n gemiddeld van ten minste 75% behaal het in beide die graad 11- finale eksamen en die Junie-eksamen van graad 12. Die punte van 2023-matrieks word in ag geneem. Kandidate tot en met die ouderdom van 21 wat reeds matriek voltooi het se finale matriekpunte word in ag geneem.
2. Deelname op skool: Leierskapsposisies, sport, kultuur en ander aktiwiteite word in ag geneem.
3. ‘n Geskrewe motivering: Kandidate moet ‘n motivering van ongeveer 300 woorde skryf waarin hulle motiveer waarom hulle onderwys by Aros wil studeer.

Aros se afstandsonderrigmodel bied die ideale geleentheid waar onderwysers hul studie en praktieseonderwys-ervaring deur hul vier jaar kan kombineer. By Aros kan studente werk en studeer.
Aansoeke vir die Prestigebeurs open op 22 Julie 2024 en sluit op 31 Oktober 2024. Om aansoek te doen, kan voornemende aansoekers Aros se webblad by www.aros.ac.za besoek.

In ‘n jaar van dankbaarheid wil Aros graag weer teruggee aan die gemeenskap. Sodoende wil Aros graag sy dankbaarheid vir die afgelope 20 jaar se seëninge betoon en ook sy waardering vir sy volgehoue groei laat blyk.

Rapport Onderwys Fonds - ROF Pretoria FM Netwerk24 Maroela Media Skoleondersteuningsentrum SOS SAOU Nasionaal / National

Photos from Aros's post 18/07/2024

Aros se personeel en studente het vanoggend die voorreg gehad om saam met Club 21 Learning Centre deel te kon wees van Skool met die GROOTSTE gees. Dit was ‘n uitsonderlike belewenis om saam met Club 21 hande te kon vat en ‘n verskil te maak.

Dit was ‘n feestelike oggend saam met GROOTfm 90.5 en Bernice West, en ons is dankbaar dat ons deel hiervan kon wees.

Club 21, julle het die GROOTSTE gees!!!

15/07/2024

Kyk uit vir Aros se vriendelike en bekwame bemarkers hierdie week in jou kontrei!

Ons reis die land plat. Van die ooste tot die weste, Aros is die beste in jou geweste!

Aansoeke vir studie in 2025 is nou oop. Doen nog vandag aansoek.

12/07/2024

Die studentewerwers het weer hierdie week Suid-Afrika vol gereis en skole besoek.

Aansoeke vir studie in 2025 is reeds oop. Maak seker jy doen vandag nog aansoek.

Dis 'n fees om 'n Arrie te wees!

08/07/2024

Die studentewerwers reis weer van môre af die land plat. Loer gerus wanneer hulle in jou kontrei is.

Aansoeke vir studie in 2025 is reeds oop, doen vandag nog aanlyn aansoek by www.aros.ac.za

Dis 'n fees om 'n Arrie te wees!

Photos from Aros's post 24/06/2024

Ons vriendelike bemarker, Jaco Pretorius, kuier hierdie week in Kroonstad by die AVS Bokkieweek.

Kom loer in by Aros se stalletjie en vind meer uit oor roepingsgedrewe onderwys. Dis 'n fees om 'n Arrie te wees.

Sterkte aan al die spanne.

16/06/2024

Gelukkige Vadersdag.

Want your university to be the top-listed University in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Aros: 'n kortlikse oorsig

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is ʼn Christelik private hoëronderwysinstelling wat roepingsgedrewe studente oplei om die onderwysprofessie met kundigheid te betree. Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies met heelwat uitdagings en ʼn groot tekort aan onderwysers. Aros wil graag studente toerus om ʼn verskil in die onderwyslandskap te maak.

Aros se kampus is in Waverley te Pretoria geleë. Daar is ongeveer 1300 studente wat oor naweke klas draf en ʼn unieke studentelewe geniet. Hier gaan jy vriende maak, kollegas ontmoet en hard werk!

Vir meer inligting gaan besoek gerus ons webblad by www.aros.ac.za of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

#disnfeesomnarrietewees #arosstudente #arosonnies #aros2020 #aros

Videos (show all)

Dames, ons is gereed vir julle. Aros is die trotse hoofborg van die SAOU Nasionaal / National-damesleierskapseminaar. On...
Arrie-Warrie is ʼn aktiwiteitsboek wat op die ontwikkeling van die leerder in verskeie areas fokus. Dit bevat ook prettig...
Die studentewerwers het weer hierdie week Suid-Afrika vol gereis en skole besoek.Aansoeke vir studie in 2025 is reeds oo...
Dit was 'n besige, maar opwindende week by die jaarlikse Bokkieweek in Kroonstad. Voornemende studente, huidige studente...
Arrie-Warrie is ʼn aktiwiteitsboek wat op die ontwikkeling van die leerder in verskeie areas fokus. Dit bevat ook prettig...
Laaste stemdag! Stem nou vir jou SR 2024/2025. Stembus sluit vandag om 23:59. Wys jou Arrie gees!
Het jy al aansoek gedoen om roepingsgedrewe onderwys by Aros te studeer?As jy nog gewonder het of Aros die plek is vir j...
Dankie aan elkeen wat die naweek se opedag bygewoon het. Luister hier...
Net 1 slapie!!! Ons wag vir jou. Verrigtinge begin om 08:45... wees betyds om 'n fees te hê!
Die gees loop hoog op die Aros-kampus. Ons kan nie wag om Saterdag saam met jou te kuier nie.Nog net 2 dae... dis 'n fee...
This is Arrie, our campus dog. #MyDogLivingItsBestLife. We adopted Arrie after seeing him at @Wetnose Animal Rescue Cent...

Telephone

Address


Besembiesiesweg 1037, Montana Park
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Other Pretoria universities (show all)
University of Pretoria - TuksAlumni University of Pretoria - TuksAlumni
Lynwood Road
Pretoria, 0028

There are close to 300 000 alumni at the University of Pretoria.

UP Library Services UP Library Services
Merensky 2 Library, University Of Pretoria, Roper Street
Pretoria, 0083

Unlock the full potential of your research and stay ahead of the game by simply following our page. Keep yourself informed on all the latest happenings in the UP Libraries and take...

Archaeology at UNISA Archaeology at UNISA
4th Floor, Theo Van Wyk Building. UNISA Main Campus
Pretoria, 0003

Archaeology at UNISA is a facebook site established with the goal of connecting students, lecturers and individuals involved with archaeology on a more relaxed, social platform.

Tshwane North TVET College Tshwane North TVET College
Pretoria, Mamelodi, Soshanguve North & South, Temba And Rosslyn
Pretoria, 0001

TNC has a vibrant atmosphere and offers Vocational & nated programmes that responds to industry needs. Join the TNC family & "Get Involved"

Inscape Education Group Inscape Education Group
193 Corobay Avenue, Waterkloof Glen
Pretoria, 0181

Accredited higher education that promotes unique thinking and prepares graduates who define the indus

Renkalec Training Centre Renkalec Training Centre
Unit 36, Tannery Industrial Park
Pretoria, 0184

Let us kickstart your career!

SOUTH AFRICAN SCIENCE OLYMPIADS SOUTH AFRICAN SCIENCE OLYMPIADS
65 Turnberry Street
Pretoria, 0157

Caters for Olympiads in Natural, Life and Physical Sciences Grades 4 to 11Nationally in South Africa

Andiswa the boom Andiswa the boom
Pretoria

@the boom�I love you guys just a kind gal looking for friends

Vortex Caffe Vortex Caffe
Maubane New Stands Next To Dubai Section
Pretoria

Computer Centre and Access to Learning Lab

Njax Ross MaAdarance Njax Ross MaAdarance
Marburg Strt
Pretoria

We have fun and we laugh and share posts

Master Master
Master
Pretoria

PRECIOUS MASIIA